Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Persverklaring: Digtersweek 2026
2026-07-17Deelnemers wat graag van dié geleentheid gebruik wil maak, moet hul gedig teen 29 Julie per e-pos aan De Lange stuur tesame met hul bewys van registrasie.
Boekevat met Deborah: Aanstap Boere deur Max du Preez
2026-07-16"Spoiler alert: Só eindig dit: ’n Boer maak ’n plan."
Persverklaring: 25 skrywers word opgeneem in 2026-kortverhaalbundel van Toyota Stellenbosch Woordfees
2026-07-16Vyf-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die elfde kortverhaalbundel van die Toyota Stellenbosch Woordfees, Dis hoog tyd.
Uitnodiging: Bekendstellings van Wat die witbors wou sê deur Elmarié Dercksen
2026-07-16LAPA nooi jou na die bekendstelling van Wat die witbors wou sê deur Elmarie Dercksen op 17 en 22 Julie.
Fresh off the press: Where to from here? by Tara Roos
2026-07-16Tara Roos cuts through the political noise with this analysis of South African politics that argues that we have entered the age of uncertainty as populism is on the rise.
Kortpadliefde deur Madelie Human: ’n resensie
2026-07-16"Die storie is goed geskryf en daar is heelwat verrassingselemente in wat dit allesbehalwe voorspelbaar maak."
Harte in harmonie deur Felicia Snyman: ’n resensie
2026-07-16"Die storie word perfek saamgebind met verwysings na twee bekende liedjies waarna die lesers kan gaan luister en só hul emosionele belewenis selfs nog ’n rukkie langer kan uitrek."
Luna’s journey by Shareez Bagaria, a reader’s impression
2026-07-15"Every child deserves a story that reminds them they are brave enough to face the unknown, kind enough to make a difference, and strong enough to believe in themselves."
Steierwerk deur Johan Myburg – digter verwoord "Weimar-moment" in hoogtepunt van die digkuns: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2026-07-14"Steierwerk, ’n bundel van 71 eietydse sonnette deur Johan Myburg, is ’n hoogtepunt van digkunsprestasie in Afrikaans van die afgelope etlike dekades. Dit is ’n prestasie wat iets van die destydse Weimar-republiek se tragiese kunshoogtepunte dra: Dit is uitstygend, nie ondanks nie, maar as gevolg van verval op ongeëwenaarde hoop."
Waar stories begin: in gesprek met James Fouché
2026-07-13"Vir hom gaan die gevaar nie daaroor dat rekenaars beter sinne gaan skryf nie; hy wonder wel hoe ’n toekoms gaan lyk sonder mense wat droom."
Tee met Matilda Burden, wat 5 638 fonteinname opgeteken het in Opreisfontein
2026-07-13"Elkeen van hierdie 5 057 vlaggies verteenwoordig ’n fonteinnaam. Kan ’n mens jou dit indink? Matilda was die een wat daaraan gedink het om dit saam te vat in ’n geskrif vir die nageslag."
Pasverskyn: My skaduwee loop los deur Zirk van den Berg
2026-07-10Op sy ma se begrafnis in die Kaap maak André Verreyne die verbysterende ontdekking dat hy ’n identiese tweelingbroer het van wie hy in die wieg geskei is.
PEN Afrikaans se resensiekursus 2026: Inskrywings ingewag
2026-07-10"Die kursus is daarop gemik om die Afrikaanse kunskritiek en resensiekunde te bevorder, en sluit praktiese leiding oor resensering in."
’n Gedetailleerde program van die Etienne van Heerden Veldsoirée
2026-07-09Hier is die finale, gedetailleerde program van die Etienne van Heerden Veldsoirée.
Oop boek: Steierwerk deur Johan Myburg
2026-07-09"Wat poësie bied, is die moontlikheid om helder uitdrukking te gee en terselfdertyd ruimte te laat vir die ongesêde en die onsegbare. En bowenal die spel met taal en vorm. Daarby die toorkrag wat ter sprake kom in dié spel."
Jan Spies (1936–1996)
2026-07-09"Ek het besef: As ek iets te sê had, sal dit moet kom uit die wêreld waar ek grootgeword het. Daar waar ek my wortels in die grond het, daar moet ek die watertjie opsuig. Ek het nie ander grond nie en ek het ook nie ander water nie."
Persverklaring en uitnodiging: The Bookshelf Event, 30 Julie 2026
2026-07-08Debbie Loots, Annemarie van Niekerk en Lidia Rauch sal met Jonathan Amid in gesprek wees. Hier is nog inligting.
LitNet Akademies-resensie-essay: Ek is nie Danie deur Danie Marais
2026-07-08"Dit is asof die gedigte wat uit die oeuvre gelig is, sekere aspekte van Marais se digkuns uitlig, asof die ribbes van sy poësie hier blootgelê word. En om my metafore nog verder te meng: Dit is asof die sop afgekook is en kragtiger geword het, asof die gedigte ’n groter intensiteit en skerper byt kry in hierdie nuwe konteks."
Van vetplantsmokkel tot skinderstories, Storm van der Merwe pak nuwe raaisels in Kanniedood: in gesprek met Irna van Zyl
2026-07-07"Ek probeer skep vir Storm met elke boek ’n geloofwaardige krisis wat haar op die een of ander manier bedreig, hetsy persoonlik, professioneel of emosioneel."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud met Ria Winters, skrywer van Daardie lewe
2026-07-07In hierdie bydrae tot die Johann Rossouw-gespreksreeks-artikels, vind ’n videogesprek met Ria Winters plaas. Die gesprek handel oor haar boek oor Karel Schoeman, Daardie lewe. ’n Gesprek omtrent dié boek vind ook op Vrydagoggend 10 Julie 2026 by die Vrystaat Kunstefees se literatuurfees plaas.
