Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Liefdesdroom deur Bets Smith: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2026-09-16

"Krimiskrywers én -lesers gaan hierdie mooi Romanza geniet. Lees die boek om te sien waarom ek so sê."

Persverklaring: ATKV-Kinderboektoekennings vier stories en lees

LitNet Kinderboeke 2026-09-16

Die ATKV-Kinderboektoekennings bekroon jaarliks die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die beoordelaars is jong lesers self – iets wat hierdie toekennings van ander onderskei.

Hoe ver is eendag? deur Dina Botha: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2026-09-16

"Maar ek moet ongelukkig erken dat ek baie stadig opgewarm het teenoor die manlike hoofkarakter. Keenan Luyt kom aanvanklik net té koud, bombasties, dreigend, manipulerend en onbeskof voor."

Alta Cloete (1956–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2026-09-16

"As skrywer soek ek saam met my lesers na ’n bietjie ontvlugting uit die harde werklikheid, daardie stukkie romanse wat my weer krag vir die vuil skottelgoed, die hondehare op die teëls, die eise van my gesin en die ellendes op die nuus gee."

Inter-review with Karl Luntta, writer of What the trumpeter said and other stories

Elsibe Loubser McGuffog, Karl Luntta Books and writers 2026-09-16

"To me, all short stories start with a grain of experience and a seed of truth gleaned from something that happened to the writer. Some of the incidents and dialogue in the Trumpeter stories incorporate real(ish) events, but only to the extent that these events create a foundation on which to build a satisfying fictional world. I think fiction writers start with a question: 'What if …?'"

Riaan Manser: avonturier, skrywer, spreker, maar ook ’n omgeemens

Izak de Vries Boeke en skrywers 2026-09-16

"Ek hoor ook hoe Manser sê: 'Ek so bly oor wat julle hier doen. Weet julle hoekom? Ek gaan een van die dae ophou om die ou te wees wat baie praat oor die omgewing, maar dan gaan julle dit moet doen. Julle is die mense wat my werk moet voortsit'."

Boekresensie: Die tusseninners deur Zelda Bezuidenhout

Dewald Koen Resensies 2026-09-14

"Bezuidenhout slaag daarin om ’n gewigtige tameletjie ’n omwenteling te laat ondergaan en ’n storie van hoop, vriendskap en vergifnis te vertel."

Die tragiese as miskende verstaanskategorie: ’n naby blik op twee politieke denkmodusse

Charl-Pierre Naudé LitNet-skrywersberaad 2026-09-11

"In die agtergrond van die oorgang vanuit die noodlotsgees na die bevrydingsgees is daar die verhaal van die mens se vrye wil. Vrye wil al dan nie is ’n belangrike speler op hierdie verhoog."

Copyright for writers: A practical guide by Owen Dean and Leslie Downie – an interview on the rules of the game

Naomi Meyer, Owen Dean, Leslie Downie Books and writers 2026-09-11

"Warn them," Dean repeats. "If you use AI, your work might not be protected." "Don’t do it," Downie says. "Respect your own work. Respect your fellow writers’ work."

Oscar Pistorius: The big lie and the right to a fair trial – ’n onderhoud met Chris Marnewick

Carla van der Spuy, Chris Marnewick Skrywersonderhoude 2026-09-11

"Chris is daarvan oortuig dat Oscar eerder weens strafbare manslag skuldig bevind moes word."

Aardklop Kunstefees 2026: Goed genoeg met Gerridene Berg

Yolanda du Toit, Gerridene Berg Aardklop 2026-09-11

"Aardklop vier verhale – die stories wat ons laat lag, onthou, dink en anders na onsself laat kyk. Goed genoeg is juis só ’n uitnodiging tot ’n eerlike gesprek oor vrouwees in al sy fasette."

Die Buren-periode in Breyten Breytenbach se plaaslike uitgeegeskiedenis, deel 1: Breyten Breytenbach oor samewerking met uitgewers

Francis Galloway Seminare en essays 2026-09-10

"My doktorale navorsing het gefokus op Breytenbach se loopbaan as openbare figuur en skrywer en is later uitgebrei in ’n boekpublikasie. In hierdie monograaf doen ek uitgebreid verslag oor die publikasie en resepsie van sy oeuvre tot aan die einde van die 1980’s. In 2012 verskaf ek op LitNet ’n breë kartering van sy uitgeegeskiedenis tot op daardie stadium. Hierin het ek tussen drie plaaslike fases onderskei en dit oorsigtelik toegelig. Vandag meen ek dat daar ook ’n vierde produksieperiode onderskei kan word, veral na 2019, met publikasies buite die hoofstroom en op aanlyn platforms soos LitNet en Versindaba."

Tuin van Digters-persverklaring: Ons Klyntji – klein boekie met groot impak

LitNet Boeke en skrywers 2026-09-10

Die 130ste jaargang van Ons Klyntji is beslis ’n lekker ronde getal om te vier, en ja, die positiewe terugvoer jaarliks oor die inhoud van die zine is ook goed om te hoor. Die grootste plesier wat hy egter uit elke nuwe uitgawe kry is om te sien hoedat ontluikende, dikwels haas onbekende digters daardeur kans kry om hul name saam met dié van legendes in die lange inhoudsopgawe te sien. So vertel joernalis Toast Coetzer, een van die gereelde redakteurs van dié monochroom broeksak-grote publikasie met heelwat oemf. 

Program: Tuin van Digters 2026

LitNet Boeke en skrywers 2026-09-10

Almal word hartlik uitgenooi  na die 15de Tuin van Digters-fees wat op Vrydag 11 en Saterdag 12 September 2026 by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaasvind.

Persverklaring: Folkgroep "Buurvrou" op Tuin van Digters se verhoog

LitNet Boeke en skrywers 2026-09-10

Akteurspaar Carla Smith en Beer Adriaanse, en hul vriende, broer en suster Nienke en Luka Geldenhuys, bring hul nuwe Afrikaanse folkgroep, Buurvrou, Vrydagaand na die Tuin van Digters-fees by die Breytenbach Sentrum op Wellington. Hulle beloof om hul eie, aardse liedjies te vermeng met voorlesings van bekende, gewilde en selfs vergete gedigte.

Mphuthumi Ntabeni speaks to Krystle Zara Appiah

Mphuthumi Ntabeni, Krystle Zara Appiah Books and writers 2026-09-09

Her debut novel was Rootless. Her second novel, Half lives, is the subject of this interview.

Fresh off the press: Multitudes by Mphuthumi Ntabeni

LitNet Books and writers 2026-09-09

He moves between Cape Town and Europe, tracing the footsteps of his dispossessed peoples who once sought justice in a language not their own. In his journey from past to present, Phila carries ancestors, ghosts of former selves and the grief of his wife’s death.

Boekevat met Deborah: Skadumeisie deur Anita Venter van Niekerk en Die Serwiër deur Carel van der Merwe

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2026-09-08

"Kameraadskap en dood. Faksies en komplotte. Maar dan verskuif die toneel na die hede, in Kaapstad. Bekende landmerke en bakens, onse mense, steek kop uit."

Invitation: Stellenbosch launch of a corpse is also a garden and The sky blue sword of your body 12 September 

LitNet Books and writers 2026-09-08

What do two poets, united by poetry across the ocean, have to say about our place in the world and the urgent need to transform it in our image?

Invitation: The chronicles of Shalom Court

LitNet Books and writers 2026-09-07

The narrative unravels the identities and traumatic histories of both victim and killer, while tracing the web of stakeholders tied to the building — its residents, owners, police, and local government officials — each with their own legal and political stakes in its fate.

Top