Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Elders gesien: Karel Schoeman, ’n denkende skrywer in ’n bewegende wêreld

Pieter Duvenage Boeke en skrywers 2026-09-07

"Jung se 'skadu' verwys na alles wat die bewuste selfbeeld uitsluit, maar wat telkens in drome, vrese, verlange en verhoudings terugkeer. Só gelees, is Schoeman se eensame reisigers nie bloot passiewe buitestanders nie."

Point blank by Mike Alfred: A reader’s reception

Pam O’Brien Books and writers 2026-09-04

"Point blank captures dramatic moments with textured description, as turning points are reached and South Africa moves into a new dispensation."

Die walvisspeurder deur Etienne Lombard: ’n lesersindruk

Elsabé Welman Lesersindrukke 2026-09-04

"Maar moenie ’n outydse spookstorie verwag nie. Die gevaar in Die walvisspeurder lê veel nader aan die Suid-Afrikaanse werklikheid: korrupsie, magsmisbruik, geld en mense wat bereid is om te ver te gaan om hul belange te beskerm."

Persverklaring: Diana Ferrus se invloed met aanbieding by Tuin van Digters 2026 onthou

LitNet Feeste 2026-09-04

Een digter se stoel sal merkbaar leeg wees by vanjaar se Tuin van Digters-poësiefees van die Breytenbach Sentrum op 11 en 12 September: dié van Diana Ferrus, wie vroeër vanjaar oorlede is. Sy sal egter op dié Wellingtonse fees onthou word in “Die stoel langsaan”, ’n verweefde poëtiese ervaring wat deur die Mengelmoesdigters aangebied word.

Persverklaring: Opkomende digters kan by Tuin van Digters 2026 naam in hoed gooi

LitNet Feeste 2026-09-04

Opkomende (en waagmoedig genoeg) digters kry weer vanjaar by die Tuin van Digters-fees by die Breytenbach Sentrum op Wellington kans om hul stem te laat hoor. Die fees se immergewilde “open mic”-sessie vind op Saterdag 12 September om 13:00 plaas, met sanger en liriekskrywer Deon Meiring wat die program sal lei.

Press release: The programme of Wordfest 2026

LitNet Books and writers 2026-09-04

Wordfest 2026 takes place on Friday 18 September and Saturday 19 September at the Amazwi South African Museum of Literature in Makhanda. Here is the programme.

Persverklaring en uitnodiging na Bookshelf 4 by Ken Forrester Wines: Jonathan Amid praat met Carel van der Merwe, Rudie van Rensburg, Martin Steyn en Dewet Bisshoff

LitNet Boeke en skrywers 2026-09-04

Jy word uitgenooi na die boekgesprek op die 17de September 2026. Dit beloof oudergewoonte ’n onvergeetlike aand van uitsonderlike wyn, heerlike kos, samesyn uit die boeke en voortreflike gesprek te wees. Hier is nog inligting.

KI en die uitgewersbedryf: The Good, the Bad and the Ugly

Annie Olivier LitNet-skrywersberaad 2026-09-02

"Ons moet aan KI-opleiding begin dink as ’n soort newereg, soos vertaalregte, teater- of filmregte wat gelisensieer kan word."

Salt in the snow by Sahra Noor: a book review

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2026-09-02

"Overall, it is a deeply affecting, accessible and significant memoir, with particular strength in its evocation of Somali family life, displacement, intergenerational memory and the complicated relationship between cultural inheritance and individual freedom."

Net na die storm deur An-Mari do Carmo: ’n lesersindruk

Anschen Conradie Lesersindrukke 2026-09-02

"Die roman is ’n avontuurlike oorlewingsverhaal wat die interne moontlikhede tot konflikoplossing op die spits dryf nadat die moontlikheid van eksterne probleemoplossing onder die vloedwaters verdwyn het."

Die seun met die swaeltjie deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2026-09-02

"Die seun met die swaeltjie is ’n besonderse verhaal waarin geloof en deursettingsvermoë seëvier in die konteks van ’n gebroke samelewing. Tumelo en Fumane dien as simbole van hoop in ’n land waarin gemeenskappe en gesinne daagliks verskeie uitdagings moet trotseer."

Die ATKV se Boekmakietie op Despatch

Izak de Vries Boeke en skrywers 2026-09-01

"Op Saterdag 22 Augustus 2026 het die ATKV se takke in Despatch ’n Boekmakietie gehou."

Pasverskyn: Die meisie met die groen jas deur Annelie Ferreira

LitNet Boeke en skrywers 2026-09-01

’n Jaar nadat die De Wits uit Suid-Afrika na Engeland getrek het, sukkel Ahmed nog om sy voete te vind. Die skoolhoof se seun is mislik met hom, en hy sukkel om die Britse meisies te verstaan. Sy nuwe skaduwerk by die museum gee hom darem hoop vir ’n sosiale lewe met meer aksie as ’n trapsuutjies wat van tak verwissel. Maar dis net daar waar die moeilikheid begin.

Skermslim deur Estée Cockroft en Christine van Aardt: ’n resensie

Anschen Conradie Resensies 2026-09-01

"Die olifant in die vertrek was egter die jonger kind – want gebruikers word inderdaad al hoe jonger."

Handcrafting a book in a time of AI: SnowPal soccer by Lisa Maria Burgess – a reader’s review

Izak de Vries Books and writers 2026-09-01

"What is unique, though, is that each of the delightful pictures throughout the book has been handstitched in a form of embroidery known as appliqué."

In gesprek met Stephan van Staden oor sy bundel Digters is stigters: ’n honderd en enkele gedigte

Izak de Vries, Stephan van Staden Skrywersonderhoude 2026-09-01

"My hoofdoel met die wye publikasie van die bundel is dat die breë publiek dit sal geniet as ’n feesviering van ander digters en hul gedigte."

Gunsteling deur Keith Juluka: ’n lesersindruk

Anschen Conradie Lesersindrukke 2026-08-31

"Juluka span die voordele van die 21ste eeu ten volle in om te verseker dat die alfabet, die basis van geletterdheid, op ’n prettige en relevante wyse aangebied word."

Wat lê opgesluit in nommers? ’n Lesersindruk van Elsabé Welman se Verdagte 504

Ronnie van Jaarsveld Lesersindrukke 2026-08-31

"Verdagte 504 herinner my daaraan dat getalle soms meer as ’n mens se plek in ’n ry of ’n dossier aandui. Agter 504 skuil ’n man wie se lewe verander het, wie se moontlikhede nog nie uitgeput is nie en wat weer na vaste grond soek."

Verdagte 504 deur Elsabé Welman: ’n lesersindruk

Etienne Lombard Lesersindrukke 2026-08-31

"Verdagte 504 lees maklik en is deurgaans boeiend. Die verhaal laat ’n mens met ’n goeie gevoel agter, naamlik dat die goeie sal seëvier oor die kwaad, mits ’n mens self goed bly."

Sophia Kapp (1965–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2026-08-31

"Ons geniet skryfwerk as iets daarin ons siel aanraak, en dit raak ons siel as dit met ’n deel van ons praat wat ons gedink het niemand van weet of verstaan nie."

Top