Uitnodiging: Daniel Hugo in sy eie woorde

  • 0

Die bekroonde digter, skrywer en vertaler, Daniel Hugo, besoek op Sondag, 1 November, Kaapstad se unieke Museum van Honde om te gesels oor Vers en Kapittel III, sy jongste samestelling van artikels, rubrieke, resensies en gedenklesings oor die digkuns, asook om gedigte uit sy bundel Kategismus voor te lees.  

Met 17 digbundels wat reeds uit sy pen verskyn het, is Hugo seker een van die mees gerekende stemme in die Afrikaanse letterkunde. Sy jarelange aanbieding van poësieprogramme op RSG het hom ook ’n huishoudelike naam onder taalliefhebbers gemaak.

Moet dus nie hierdie geleentheid misloop om Hugo oor sy eie werk, en die digproses, te hoor gesels in die Museum van Honde, wat in een van die oudste geboue in Kaapstad gehuisves word nie. Dit gebou was eens op ’n tyd die perdestalle vir die destydse Kompanjiestuin, en die vloer en mure van die onderste verdieping vertoon steeds die oorspronklike klipwerk. Vandag vertel dit verhale en vertoon kunswerke van die mens se beste vriend, en dien as ’n atmosfeerryke bymekaarkomplek vir kuns- en musiekliefhebbers.  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top