Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
"Die Durbanse poepwedstryd": die vieslikste gedig in Afrikaans, of dalk satiriese verset?
2026-09-23"Van al die gedigte in Afrikaans, al die duisende gedigte wat subliem mooi is en van voortreflike literêre vakmanskap getuig, is daar een wat my nog al die jare lank bybly – om al die verkeerde redes."
Gerrit Olivier 1954–2026
2026-09-22"Gerrit was groot sports, maar ook wys, op ’n manier ouer as sy jare. Hy was tegelyk kalm, altyd radikaal en uitdagend, nie net slim nie, maar ’n denker."
Die huilende bruid & ander versinsels deur Dominique Botha: ’n resensie
2026-09-22"In die sketse is daar gesprekke met talle bekende figure, maar ook alledaagse mense, en tussen die verwysings na die Afrikaanse letterkunde en klassieke musiek is daar sprake van kontemporêre popkultuur en hoe die kuns en letterkunde dikwels deur laasgenoemde verdwerg word."
A reader’s impression of Multitudes by Mphuthumi Ntabeni
2026-09-22"The inclusion of real historical figures and intertextual references add an evocative depth that will linger in the memory of this reader. Nonfiction teaches by means of facts; fiction, by means of imagination. Multitudes confirms this."
Oscar Pistorius: The big lie and the right to a fair trial deur Chris Marnewick – ’n lesersindruk
2026-09-21"Indien die publikasie van ingeligte nabetragtings soos hierdie, waarby kritiek onvermydelik ingesluit sal word, onder die mat gevee word – soos wat die heersende opinie volgens sosialemediakommentare verkies – kan daar tereg gevra word: Quis custodiet ipsos custodes?"
Disabled, but by Kirsten Deane: A review
2026-09-21"Deane allows her readers to breathe and take note of their bodies (disabled or not). We look forward to what comes after 'but' from Deane’s pen."
Sjaka S Septembir en die Beatniks: ’n lesersindruk
2026-09-21"Daar is verskeie ander ooreenkomste tussen Septembir se karakters en dié van die Beatniks. Almal is outsiders en nonkonformiste; hulle lewe teen die stroom van die alledaagse lewe met besonder baie uitdagings."
Multitudes by Mphuthumi Ntabeni: A reader’s impression
2026-09-21"Multitudes is home to many things: It is a collection of layered histories, philosophies, thoughts on architecture, intertexts and a place for love stories to nestle."
Sigeunerliefde deur René van Zyl: ’n resensie
2026-09-21"Die boek is ’n sintuiglike aanslag. Deurentydse verwysings na en belewenisse van die ou stad, historiese geboue en intieme eetplekke, musiek en tradisionele Spaanse danse en frases het my byna laat vergeet ek lees ’n boek en is nie self daar nie."
Absalom, Absalom! by William Faulkner: a discussion
2026-09-21"Lastly, I am stupefied as to why it took me so long to read Faulkner, and am happy I began with Absalom, Absalom!. We both seem to be using the historical novel to explore how the violence of the past survives within the lives, memories and identities of later generations. Both our novels treat history as a fragmented, contested inheritance, reconstructed through memory, oral stories, silence and competing perspectives."
Manage your money like a f*cking grownup: an interview with Sam Beckbessinger
2026-09-21"Every rand that flows into your hands is a choice. Just make sure that you actually want the things you’re spending money on, and that you’re not just living out someone else’s script of adulthood."
Heil die Leser! Bybelfiksie: van antieke aardbewings tot geurige salwings
2026-09-21"Die waarde van Bybelfiksie lê in sy vermoë om die verlede as ’n morele en geestelike landskap te ontsluit. Wanneer skrywers Bybelse figure of historiese tydperke herskep, doen hulle meer as om net die geskiedenis te laat herleef; hulle toon hoe geloof in konkrete omstandighede – oorlog, ballingskap en vervolging – gestalte kry. Die leser word nie bloot ’n toeskouer nie, maar genoop om empatie te ontwikkel met mense wie se keuses, twyfel en standvastigheid vandag nog relevant is."
Boekevat met Deborah: Bethulie: my lewe in die kamp deur Rensche van der Walt en Op lig deur Thilde Nel
2026-09-18"Ek vermoed ek het die hart van ’n hensopper. Ek sukkel om te verstaan waarom mense so moet swaarkry en verdelg word ter wille van abstrakte ideale." Deborah Steinmair resenseer twee boeke vir hierdie aflewering van haar boekrubriek.
Oop boek: Joan Hambidge op 70
2026-09-18"Met ’n kniebuiging na Asindeton, Joan Hambidge se bundel uit 2024, sit ek graag hierdie huldigingsrede, op haar 70ste verjaarsdag opgedra aan haar by die Tuin van Digters, ook asindeties in: Groter as lewensgroot. Onblusbare energie, flink skrywerspen, ruim brein, vlymskerp intellek, uitdagende ondersoeker, gerekende resensent, rustelose nomaad, meedoënlose opstuurder, mededeelsame skryfkunsmentor, bedrewe studieleier – klein hartjie, gul skaterlag."
Persverklaring: Pryse vir spanningslektuur en niefiksie, asook die ATKV-Prosaprys
2026-09-18Hartlik geluk aan al die wenners van vanjaar se ATKV-Woordveertjies! Dit is vir die ATKV ’n voorreg om Afrikaans se woordmeesters op hierdie manier te vereer.
Die tusseninners deur Zelda Bezuidenhout: ’n heelpadcool boekbelewenis
2026-09-18"Dit herinner aan die skrywer se debuutroman As mens geluk kon proe, ook ’n lekkerleesboek. Nooit vervelig nie en eg, kontemporêr en geloofwaardig."
Persverklaring: Veer in die hoed vir woordkunstenaars
2026-09-17Met die ATKV-Woordveertjies bekroon die ATKV outeurs wat deur hul woordkuns ’n lewende erfenis bou.
Pasverskyn: Daardie lewe deur Ria Winters
2026-09-16In hierdie literêre biografie van die Suid-Afrikaanse romanskrywer, historikus en vertaler Karel Schoeman put Ria Winters uit nuwe argivale bronne, koerantartikels en persoonlike korrespondensie, en plaas sy lewe en werk binne die konteks van die Suid-Afrikaanse geskiedenis.
Die Buren-periode in Breyten Breytenbach se plaaslike uitgeegeskiedenis, deel 2: Breyten Breytenbach oor samewerking met uitgewers
2026-09-16Dit sou vandag wyle Breyten Breytenbach se verjaardag gewees het. Lees die finale deel van die Buren-periode in Breyten Breytenbach se plaaslike uitgeegeskiedenis.
Fotobeeld: Joan Hambidge by die 15de Tuin van Digters gehuldig – en meer
2026-09-16"Tuin van Digters, alom bekend as die Tuiste van Afrikaanse Digkuns, is vanjaar vir die 15de keer aangebied. Dit is van 11 tot 12 September 2026 by die Breytenbach Sentrum op Wellington aangebied – en nie eens reënweer op die Saterdag kon deelnemers en besoekers se meelewing vir die Afrikaanse digkuns keer nie."
