Uitnodiging: Etienne van Heerden by NALN

  • 0

Hiermee ’n vriendelike uitnodiging na die bekendstelling van Diereriem (Tafelberg, 2026) deur Etienne van Heerden, Hertzogpryswenner. Vir die geleentheid sal Etienne in gesprek wees met Johannes de Villiers op Donderdag 19 November 2026 om 18:00.

’n Pakkende literêre spioenasieverhaal, ’n tragiese liefdesverhaal, ’n reisverhaal én ’n biegroman. Diereriem  is ’n grootse werk, ’n verrassende wending in Van Heerden se reeds breë oeuvre.

Tydens hul studentejare word drie Wilgenhoffers gewerf as agente vir die geheimsinnige “Diereriem”. ’n Tragedie verbind die drie onlosmaaklik aan mekaar. Die introvert Antonie Vermeulen, kodenaam Muskeljaatkat, moet al reisende ’n hoogs geheime, grillerige opdrag uitvoer.

Lees meer:

Jonathan Ball Publishers

Netwerk24

LitNet

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top