Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2026

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Oktober in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

5 Oktober

RESENSIE | ’n ‘Le polar’ om mens se tande in te slaan
Sonja van der Westhuizen resenseer Surface deur Olivier Norek

RESENSIE | ’n Intense dankbaarheid vir ’n kortstondige Eden
Anschen Conradie resenseer Aggressiewe water deur Erika Viljoen

RESENSIE | Die braaibroodjie is identiteit op ’n bord
Ilza Roggeband resenseer Die geskiedenis van braaibroodjies deur Frans de Villiers

12 Oktober

BOEKEVAT | Gerrit Olivier verrys uit die verhale van sy jare lange vriende
’n Rubriek deur Jean Meiring

RESENSIE | Stille verdriet tussen die woorde op papier
Trisa Hugo resenseer Die ander dogter deur Annie Ernaux (Vertaal deur Naómi Morgan)

RESENSIE | Nie ’n einde nie, net nog ’n Januarie
Jannes Erasmus resenseer Een keer om die son (boek twee) deur Francois Bloemhof

RESENSIE | ‘Amberkamer’ ’n weldeurdagte inventaris van Hambidge se digkuns
Neil Cochrane resenseer Amberkamer deur Joan Hambidge (saamgestel deur Karen de Wet)

RESENSIE | Verhale van verlede en hede verwissel in ‘Vlam van die sprokkelhout’
Trisa Hugo rsenseer Vlam van die sprokkelhout deur SD Fourie

19 Oktober

RESENSIE | Boek perfek vir leergierige, jong breine
Ilza Roggeband resenseer Barrett se ruimtereis deur Chareldine van der Merwe

RESENSIE | ‘Twee halwes’ ’n jeugverhaal vir alle ouderdomme
Anschen Conradie resenseer Twee halwes maak ’n hele deur Marita van der Vyver

RESENSIE | Van Staden se ‘Metamorfose’ briljant en aangrypend
Joan Hambidge resenseer Metamorfose deur Ilse van Staden

RESENSIE | ’n Monument vir dit waartoe die menslike verbeelding in staat is
Thys Human resenseer Diereriem deur Etienne van Heerden

22 Oktober

RESENSIE | Verse verken landskap van herinneringe
Deborah Steinmair resenseer Not this tender deur Sarah Uheida

RESENSIE | Intellektueel uitdagend; taal meesleurend
Willie Burger resenseer Diereriem deur Etienne van Heerden

24 Oktober

Boeke: Boek oor Knysna se laaste olifant en die ander voor haar sien die lig

26 Oktober

BOEKEVAT | Twee leuens om by een waarheid uit te kom
’n Rubriek deur Herman Wasserman

RESENSIE | ‘Boei’ meer as ’n versameling uitsonderlike resensies
Anne-Marie Mischke resenseer Boei: ’n Resensiebundel deur Jean Meiring

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Oktober op LitNet verskyn:

Diereriem deur Etienne van Heerden: ’n resensie

Oscar Pistorius – the big lie and the right to a fair trial deur Chris Marnewick: ’n resensie

Landskap met kerk: ’n resensie van Op die spoor van kerkargitek Wynand H Louw

In ’n sprokie verweef deur Rina Cilliers: ’n resensie

Kanniedood deur Irna van Zyl: ’n resensie

Boekresensie: Die fluisteraar deur Jacolet van den Berg

Tobie deur Chris Vorster: ’n resensie

’n Gesprek oor Cheslin Kolbe: Sidestepping the odds

Diereriem deur Etienne van Heerden: ’n LitNet Akademies-resensie-essay oor ’n roman van uitwaaierende samehang

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Die geskiedenis van braaibroodjies onthul

Sy wat wil dien: ’n onderhoud met Arina Jooste

Spiraal: ’n onderhoud met Margaret Cordier-Biermann

Barrett se ruimtereis deur Chareldine van der Merwe bekendgestel

Van "tosselvin" tot Metamorfose: Peter Constantine in gesprek met Ilse van Staden

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Oktober in Rapport verskyn:

4 November

Resensie: Die gay Zoeloe wat jou verras met sy siening van God
Clari Niemand resenseer When saying no to God is an act of faith deur Siya Khumalo

Resensie: Vertalings en verraad: Die Duitsers is eintlik grapgatte
Joan Hambidge resenseer Sonnette vind ek absoluut pateties (Vertaler: Robert Schall)

Uittreksel: Markus se vriend tot die dood: Hoe Tekkie Town-baas Jooste vergewe het

Hertzogprys-wenner: ‘Dit het begin by ’n oranje telefoonhokkie in Colesberg’
Bedankingstoespraak van Tom Dreyer by die ontvangs van die Hertzogprys vir Nou in infrarooi

Resensie: Oud-regter: Oscar-boek skiet wild na Gerrie Nel, maar mis sy teiken
Johann van der Westhuizen resenseer Oscar Pistorius: The big lie and the right to a fair trial deur Chris Marnewick

11 Oktober

Resensie: ’n Skeepswrak, ’n spookhuis en ’n splinternuwe storie
Jannes Erasmus resenseer Vlam van die sprokkelhout deur SD Fourie

Twee susters 16 jaar geskei: Wanneer jy jou ander helfte vind
Ronnie van Jaarsveld resenseer Twee halwes maak ’n hele deur Marita van der Vyver

Resensie: Een ou se quest om nie meer ’n n*** te wees nie
Paul Kammies resenseer How to stop being a naai deur Mia Arderne

Uittreksel: Die ‘vredesplan’ wat 80 jaar van gruwels gebaar het

18 Oktober

12 studente, 6 versreëls – en toe sê Opperman: ‘Wat!’
Uittreksel: Daniel Hugo se Vers en Kapittel III

Resensie: Bloedbad by ’n koshuis: Waarom het hy ophou skiet?
Stefaans Coetzee resenseer Blinde kol deur Martin Steyn

Resensie: Etienne van Heerden: Drie Wilgenhoffers – en die boek gemaak uit Hitler se vel
Marni Bonthuys resenseer Diereriem deur Etienne van Heerden

Uittreksel: Roelf onthou: Die aand toe ons en die ANC-ouens saam in die swembad spring

Uittreksel: Afrikaanse vrou: Epstein verkrag my ná alkohol-hel in Trump-hotel

25 Oktober

Resensie: Checkers se Sixty60: Heerlike storie, maar hier haak dit vas in tweede rat
TJ Strydom resenseer Checkmate deur Steven Boykey Sidley

Resensie: Murdoch se sakeryk brand gewetenloos briljant (en ai, sy arme kinders)
Arlene Prinsloo resenseer Bonfire of the Murdochs deur Gabriel Sherman

Resensie: Wat met Zara gebeur het: Die geskiedenis is moeilik, maar ook mooi
Loftus Marais resenseer Zara deur Valda Jansen

Die volgende resensies en onderhoude het in Oktober onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.

5 Oktober

Van A tot Z: Daniëlla laat aapsterte lag-lag leer

Vergeet van A vir appel en B vir bal. In Daniëlla van Heerden se eerste rympieboek vir kinders reis 26 lawwe karakters van Adelaide tot Yzerfontein om jong aapsterte lag-lag die alfabet én hul land te leer ken.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/lees/afrikaans/boeke/van-a-tot-z-daniella-laat-aapsterte-lag-lag-leer

6 Oktober

Boekresensie | Afrikaner en ook nie

Erika Viljoen se “Aggressiewe water” vreet nie uit boosheid nie; dit vreet omdat dit suiwer is.

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/lees/afrikaans/boeke/boekresensie-afrikaner-en-ook-nie

8 Oktober

Om boer te wees

In die afgelope kwarteeu het niks verander ten opsigte van die amptelike ontkenning van plaasmoorde nie, skryf Daniel Hugo.

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/lees/afrikaans/gedigte/om-boer-te-wees

10 Oktober

Luister | Keith Juluka se TikTok-treffer word kinderboek

“Ek is nie die ‘poster boy’ van Afrikaanse musiek of van Afrikaans as taal nie.”

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/lees/afrikaans/boeke/luister-keith-juluka-se-tiktok-treffer-word-kinderboek

13 Oktober

Boekresensie | Schreiner se roman knap verwerk

’n Honderd jaar nadat “From man to man” in 1926 uitgegee is, is die roman in dié Coetzee-weergawe en Krog-vertaling steeds relevant, meesleurend en gewis een van die hoogtepunte in die Afrikaanse boekwêreld in 2026.

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/lees/afrikaans/boeke/boekresensie-schreiner-se-roman-knap-verwerk

25 Oktober

Kyk | Deur koeëls en myntonnels op zama-zamas se spoor

Ná meer as ’n dekade se ondersoekwerk vertel joernalis Graham Coetzer in sy nuwe boek van die georganiseerde misdaad, uitbuiting en groot geld agter Suid-Afrika se onwettige mynbedryf.

Kyk hier: https://maroelamedia.co.za/lees/nuus/sa-nuus/kyk-deur-koeels-en-myntonnels-op-zama-zamas-se-spoor

Uniekheid is dié dieremaats se superkrag

“God het mense wat ek van geen kant af ken nie, gebruik om vir my te sê dat ek nie moedeloos moet raak nie.”

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/lees/afrikaans/boeke/uniekheid-is-die-dieremaats-se-superkrag

28 Oktober

Storietuin | Ben lees ‘Spookasem’

Wat vang jy aan as jy ’n spook is met ’n hele winkelsentrum tot jou beskikking? Ben Barker vertel waarom “Spookasem” deur Jaco Jacobs hom aan die lees gehou het.

Kyk hier: https://maroelamedia.co.za/lees/afrikaans/boeke/storietuin-ben-lees-spookasem

28 Oktober

Knysna-olifante | Boek teken ryk geskiedenis, stories op

“Hierdie boek is gegrond op respek – vir die olifant, vir die geskiedenis en vir die mense wat met haar saamleef.”

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/lees/afrikaans/boeke/knysna-olifante-boek-teken-ryk-geskiedenis-stories-op

30 Oktober

Die Gelofte: Van historiese gebeurtenis tot gedeelde erfenis

“Daar bestaan geen ander boek in Afrikaans wat die Gelofte van 1838 só omvattend volg, ontleed en in sy historiese konteks plaas nie.”

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/lees/afrikaans/boeke/die-gelofte-van-historiese-gebeurtenis-tot-gedeelde-erfenis

31 Oktober

Luister | Die braaibroodjie se storie is ons storie

“Toe ek begin google om te sien wat ek oor die braaibroodjie kan leer, kon ek absoluut niks inligting vind nie. Dit het my gefassineer, want as jy daaraan dink, ’n braaibroodjie is so geliefd soos die Springbokke, soos melktert, soos brandewyn.”

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/lees/afrikaans/boeke/luister-die-braaibroodjie-se-storie-is-ons-storie

Klyntji.com is ’n voortlewing van Ons Klyntji, die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif. Klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe Suid-Afrikaanse kuns en kultuur.

28 Oktober

Oor pelgrims en nomades: Die skrywer se sosiale rol in twee poëtiese romans
Deur Amica Swanepoel

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/skrywers-en-boeke/

Woensdag 7 Oktober

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon jaarliks uitsonderlike werk in die Afrikaanse letterkunde. Ons neem jou saam na vanjaar se bekroningsaand. Die digters Lynthia Julius (Kinderlê) en Alwyn Roux (Weerskyn) is vanjaar die gesamentlike wenners van die Eugene Maraisprys vir poësie. Naomi Morgan is vereer met die Akademieprys vir Vertaalde Werk vir haar vertaling van Ons wag vir Godot. Jy kan ook hoor wat Bun Booyens (ontvanger van die L.W. Hiemstraprys vir sy nie-fiksieboek, Troep) tydens sy aanvaardingstoespraak gesê het oor Hiemstra se nalatenskap. Tom Dreyer, wenner van vanjaar se Hertzogprys vir sy debuutbundel, Nou in infrarooi, vertel van ’n aand uit sy kleintyd wat die eerste gedig in sy wenbundel geïnspireer het.

Woensdag 14 Oktober

Ilse Salzwedel gesels met Jean Cooper oor sy boek, Waar die teerpad ophou, waarin hy skryf oor sy 80 dae per motorfiets deur Afrika. Dr. Marni Bonthuys van die UWK gesels met die besoekende Nederlandse digter, Mustafa Stitou. Johan Myburg het ook vier insetsels oor die internasionale boekewereld. Hy gesels onder andere oor nog ’n letterkundeprys wat teruggehou word weens bewerings oor die gebruik van kunsmatige intelligensie. Hy bring ook hulde aan die Skotse misdaadskrywer, Peter May, en stel ons voor aan Anne Carson, vanjaar se wenner van die Nobeprys vir letterkunde. Jy kan ook meer hoor oor die Park Kyung-ni-literatuurprys, wat toegeken is aan die Suid-Afrikaanse skrywer en Bookerpryswenner, Damon Galgut.

Woensdag 21 Oktober

Die kinderboekkenner, skrywer en vertaler, Linda Rode, is onlangs oorlede. Luister na ’n onderhoud wat Ilse Salzwedel in 2014 met haar gevoer het. Die akteur, skrywer en akademikus, Chris Vorster, gesels oor sy biografie van Tobie Cronjé, Tobie. Johan Myburg berig oor nog ’n letterkundeprys wat in die nuus is weens bewerings van die gebruik van kunsmatige intelligensie, en verduidelik hoekom Sally Rooney, ’n gewilde Ierse skrywer, se boeke voortaan nie meer in die Verenigde Koninkryk verkoop sal word nie. Jy kan ook meer uitvind oor Jeffrey Archer, nog ’n bekende skrywer wat verlede week oorlede is.

Woensdag 28 Oktober

Ilse Salzwedel gesels met Martin Steyn oor sy jongste roman, Blinde kol. Johan Myburg vertel meer oor ’n nuwe boek deur Isabelle Allende. Hy kyk ook na voorspellings oor vanjaar se Bookerpryswenner, en het ook nuus oor ’n wêreld-eerste: ’n Franse prys vir ’n KI-roman. In aansluiting daarby gesels Ilse Salzwedel met ’n paar bekende Suid-Afrikaanse skrywers en een uitgewer oor Coral Hart, ’n Suid-Afrikaanse skrywer wat beweer dat sy die afgelope 20 maande 371 boeke met kunsmatige intelligensie geskep en gepubliseer het. Die skrywers Deon Meyer, Jaco Jacobs en Christelle Wessels en die skrywer en vertaler Karin Schimke deel hulle mening hieroor. Annie Olivier, uitgewershoof van Jonathan Ball Uitgewers, gee ook haar insette as uitgewer.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/vers-en-klank/

Dinsdag 6 Oktober

Henriëtta Gryffenberg lees voor uit Anri Botha se bundel, Bakeliet. Sy het in 2018 met die bundel Wolframgedebuteer. In hierdie nuwe bundel gebruik sy bakeliet – die eerste volledig sintetiese plastiek – as ’n uitgebreide metafoor vir die kunsmatigheid van die moderne bestaan. Henriëtta lees ook verse uit Melanie Grobler se nuutste genaamd Alles van waarde is weerloos. Melanie Grobler skryf vanuit die baie persoonlike ervaring van weduweeskap en verlies. Twee vroue, twee uiteenlopende bundels, twee heeltemal verskillende poëtiese stemme – maar albei skryf sonder ’n beskermende laag. En miskien is dit juis die interessantste raakpunt: hulle albei gebruik poësie om dinge wat nie maklik verstaanbaar is nie, te probeer begryp.

Dinsdag 13 Oktober

Die digter Johan Myburg se sesde bundel, Steierwerk, het onlangs verskyn. Sophia van Taak gesels met hom oor dié versameling sonnette. Die gesprek gaan draai ook by die woordeskat waarmee ons oor die liefde praat, die gewigtige stiltes in Gustav Mahler se laaste simfonie en die behaaglike reuk van ’n dennebos.

Dinsdag 20 Oktober

Ons leef deesdae in ’n wêreld wat selde stil is. Daar is altyd ’n boodskap, ’n gesprek, ’n enjin, musiek, nuus, ’n skermpie waarop een oor iets klets… Stilte het amper iets geword wat ons moet loop soek. En tog is dit noodsaaklik: ’n ruimte waarin ons kan dink, luister, onthou, verlang – of eenvoudig net wees. Vir party mense is stilte heeltemal te ongemaklik, want dit maak hulle selfbewus, of eensaam, of laat hulle verlang. Sophia van Taak en die voorleser, Karli Heine, verken dié tema.

Dinsdag 27 Oktober

In die vorige eeu was daar maar ’n handjievol vrouedigters in Afrikaans. Sedert die jaar 2000 het dié stemme egter hand oor hand toegeneem, en terselfdertyd het van ons mees bestendige digters soos Antjie Krog, Joan Hambidge, Marlise Joubert en Wilma Stockenström steeds aanhou publiseer. Sophia van Taak praat met prof. Karen de Wet oor hoe hierdie oplewing spesifiek met die samestelling van bloemlesings gevier word.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

10 Oktober

Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg en verwerk deur JM Coetzee, vertaal deur Antjie Krog)
Resensent: Marlies Taljard

15 Oktober

Resensie: “Boei” (Jean Meiring)
Resensent: Marlies Taljard

20 Oktober

Resensie: “Vlerke is vir vlieg” (Jeanne Henning Els)
Resensent: Marlies Taljard

21 Oktober

Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)
Resensent: Nini Bennett-Moll

Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)
Resensent: Marlies Taljard

25 Oktober

Resensie: Joan Hambidge: amberKAMER. Gedigte uit die 21ste eeu. Versamel en ingelei deur Karen de Wet.
Resensent: Daniel Hugo

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Oktober verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green: 

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Irma Venter oor Een vir een

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Sue Williamson oor There’s something I must tell you.

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Sophia Kapp oor Goedheid en guns.

Onderhoud: Suzette Truter gesels met Ingeborg Pelser, eienaar van Flyleaf Publishing.

Resensie: Phyllis Green resenseer Gavin Jantjes, to be free! saamgestel deur Salah M Hassan.

Resensie: Michael Green resenseer Cheslin Kolbe: Sidestepping the odds deur Cheslin Kolbe en David O’Sullivan.

Resensie: Alida Vos resenseer Tale of two countries deur Ray Dearlove. 

Resensie: Sonja van der Westhuizen resenseer The which word deur Catriona Ross.

Resensie: Irma Steffens resenseer Wolf hour deur Jo Nesbo en Karien Labuschagne resenseer The kingdom deur Jo Nesbo. 

Resensie: Irma Steffens resenseer Chrisna Beuke-Muir se bundel briewe, Hallo, Ma.

Resensie: Sonja van der Westhuizen resenseer Mad Mabel deur Sally Hepworth.

Resensie: Marguerite van Wyk resenseer Voor dit te laat is deur Quintus van der Merwe.

Resensie: Irma Steffens resenseer Family lies deur Karen Rose. 

Uittreksel: Een vir een deur Irma Venter 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top