“Wat Van Heerden inderdaad in Diereriem regkry, is om die begeerte uit te stel, nie net van karakters nie maar veral van die leser. Deur al die ingewikkelde verwikkelinge in die verhaal, deur al die uitwaaierende beskrywings en bespiegelings wil die leser toenemend al hoe meer en dringender weet wat die kruks van die hele intrige is. Die leser smag na die uitkoms van die verhaal as verhaal. Die skrywer manipuleer … die leser se begeerte soos ’n ervare minnaar.”
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed