Elders gesien: Tanya Viviers jou lewe is te kosbaar om ooit vergeet te word

  • 0

Marion Erskine skryf op Facebook:

Die nuus het my wind uitgeslaan. Ek kan en wil eenvoudig nie glo dat Tanya Viviers nie meer hier is nie.

Haar glimlag, haar lewenslus en die manier waarop sy die lewe aangegryp het, is dinge wat ’n mens nie sommer vergeet nie.

Dis op sulke oomblikke dat jy teen treine wil skree oor hoe verskriklik onregverdig die lewe soms is. Want hoe maak ’n mens vrede met die feit dat iemand wat so vol lewe was, skielik nie meer hier is nie?

Ek kan my nie eens indink hoe groot die leemte is wat sy agterlaat in die harte van dié wat haar liefgehad het nie.

Tanya, dankie vir die mens wat jy was. Vir jou passie, jou warmte en jou opregte menswees. Jou hart was te groot vir jou lyf, jou gees te groot vir jou ribbekas. En jou lewe te kosbaar om ooit vergeet te word.

Rus sag, Tanya.

Lees ook:

Nuut by Best Books: Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole saamgestel deur Tanya Viviers

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top