Lees jy ’n boek waarvan jy ander lesers wil vertel? LitNet nooi alle lesers uit om hul indrukke van ’n boek wat gedurende die laaste twee kalenderjare verskyn het, te skryf en te stuur.
Die doel van hierdie onderafdeling op LitNet is om boekgesprekke onder lesers aan te moedig en medelesers se aandag op boeke te vestig. Kritiek is welkom, maar persoonlike aanvalle teen skrywers sal nie geduld word nie.
- Jou indrukke mag van ’n publikasie in enige taal wees; jy kan dit ook in enige taal voorlê.
- Woordtelling: minimum 300, maksimum 1 500.
- Die lesersindruk hoef nie aan enige formele stylriglyne te voldoen nie, maar gaan asseblief taalgebruik noukeurig na voordat jy die bydrae instuur.
- ’n Lesersindruk kan ’n informele of ’n meer formele aanslag hê; die invalshoek is die leser se eie keuse.
- ’n Lesersindruk moet asseblief nie alle kinkels en intriges van die verhaal verklap nie. ’n Kort opsomming van die storie is wel gepas.
- Geen anonieme inskrywings sal aanvaar word nie.
- Geen vergoeding is ter sprake indien jou lesersindruk verskyn nie, maar LitNet bied graag ’n platform waar lesers hul sê kan sê.
- Jou inskrywing moet jou eie oorspronklike werk wees en mag nog nie voorheen elders verskyn het nie, insluitende op die sosiale media.
- LitNet behou die reg voor om nie alle indrukke wat ontvang word, te plaas nie.
- Indien jy nog nie oor ’n profiel op LitNet beskik nie, stuur asseblief ’n kort biografie en foto van jou sodat een vir jou geskep kan word.
Stuur jou lesersindruk, kort biografie en foto na lesersindruk@litnet.co.za. Slegs indrukke wat per e-pos ontvang word, sal oorweeg word.
Ons wag op jou opinie!
Kommentaar
Dankie dat ek vandag van u kon lees; ek sukkel al jare om by iemand uit te kan kom waarheen ek my kortverhale kan stuur.
Jammer - ek het oor 21 VOICES 'n lesersindruk geskryf. Ek wil dit so graag vir julle stuur. Dit is positief.
Rachelle. Ek sal dit baie graag ontvang. Stuur dit asseblief na lesersindruk@litnet.co.za. Dankie!
Die dood van Dan Sleigh is 'n groot verlies in geloofwaardige, dikwels minder bekende geskiedskrywing oor ons land en sy mense. Ek sal graag daaroor meer wil kwytraak. Sal dit aanvaarbaar wees?
Ek soek dringend na die resensie van Anschen Conradie oor die boek "Die Oseaan Tussenin" deur Jeanette Stals. Kan u help, asseblief?
Beste Marianne
Dankie vir die navraag.
Anschen Conradie se resensie van Die oseaan tussenin is hier beskikbaar: https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/wat-wag-anderkant-oorlog-20230416
Vir enige naslaanwerk in dié verband plaas LitNet elke maand 'n oorsig van resensies en boekgesprekke in Afrikaans, saamgestel deur PEN Afrikaans: https://www.litnet.co.za/afrikaanse-resensies-en-boekgesprekke-in-april-2023/
Groete
Jannike Bergh, assistentproduksiebestuurder