Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende April in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
3 April
Resensie: Storie ’n bloudruk vir deursettingsvermoë
Jonathan Amid resenseer Die lewe se vuil houe deur Fanie Viljoen
Resensie: ’n Lekkerlees vir langnaweek
Ilza Roggeband resenseer Amazing Graze Adams deur Fran Littlewood
Resensie: Amper kortaf Nordiese noir
Sonja van der Westhuizen resenseer The Girl by the Bridge deur Arnaldur Indridason
Boekenuus: Netwerk24 se topverkopers vir Maart
Boekenuus: Krog en Smith wen UJ-pryse
10 April
Boeke: ATKV se Herfs-slypskool in Parys aangebied
12 April
Boeke: Kort sketse herinner waarom SA kosbaar en spesiaal is
Elretha Britz skryf oor Hierdie land, ’n nuwe boek uit Protea Boekhuis se stal
13 April
Boekenuus: Huldigingsbundel oor Petra Müller ná maande herdruk
Boekgesprek: Waarom ons beter leef as ons voorsate
14 April
Boekenuus: Nog ’n prys vir skrywer wat boek opskeur
AJ Opperman in gesprek met Carien Smith
17 April
Resensie: Wat wag anderkant oorlog?
Anschen Conradie resenseer Die oseaan tussenin deur Jeanette Stals
Resensie: Atwood se kortverhale kos vir die fynproewer
Louise Viljoen resenseer Old Babes in the Wood deur Margaret Atwood
Resensie: Tydige ode aan Suid-Afrika
Francois Bekker resenseer Hierdie land, saamgestel deur Nicol Stassen
Boekevat: Die heerlike kuns en slenterslae van stories
’n Rubriek deur Carié Maas
Boekenuus: Inskrywings vir Ingrid Jonker-prys ingewag
Boekenuus: Hulle wen Andrew Murray-pryse
18 April
Boeke: Die byl kap in die boekebos
’n Rubriek deur Francois Verster
20 April
Boeke: Skandale in farmaseutiese bedryf in debuutroman beskryf
Elretha Britz in gesprek met Elmarie Viljoen-Massyn oor haar debuutroman, Vuurvoël
Boeke: Antjie Krog wen Hertzogprys ’n 3de keer
21 April
Profielonderhoud: ‘SA was amper ’n hel-landskap; waarom leer ons nie daaruit nie?’
Murray la Vita in gesprek met Justice Malala
Boekenuus: 007 moet koning se kroning red in nuwe Bond-boek
24 April
Boekevat: Mag hierdie Protea steeds aanhou blom
’n Rubriek deur Samantha Miller
Resensie: ’n Onweerstaanbare gekonkel met die woord
Jonathan Amid resenseer Konkel deur Pieter Marais
25 April
Boekenuus: Franschhoekse Letterkundefees bied keuses in oorvloed
Laetitia Pople berig.
26 April
Boekenuus: ‘Betereinder’-boekbekendstelling in Goodwood gehou
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in April op LitNet verskyn:
Vir eensgesindes en gelykgestemdes: Jerzy Koch se Polkadraai
Om by die KhoiSan te kan leer, ’n lesersindruk van First people deur Andrew Smith
Cut to the chase deur Janet van Eeden: ’n goeie wegspringboek vir jong draaiboekskrywers
Skatryk: leef ons wérklik beter? ’n Onderhoud met Johan Fourie
Die volgende resensies het gedurende April in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
2 April
Resensie: Konkel deur Pieter Marais, geresenseer deur Joan Hambidge
Resensie: Magdel Vorster resenseer Die lewe se vuil houe deur Fanie Viljoen
Resensie: Jonathan Amid resenseer My Side of the Ocean deur Ron Irwin
Repliek: Jaco Fouché reageer op Sidney Gilroy se artikel oor kitsch leesstof
9 April
Resensie: Geheim van die gruwelsand deur Zirk van den Berg, geresenseer deur Fanie Olivier
Resensie: Trisa Hugo resenseer Sagie se storie deur Jan van Tonder
Nuusbrok: Skryf in vir die Woordfees se kortverhaalbundel
16 April
Resensie: Nini Bennett resenseer Silwerwit in die soontoe deur Imke van Heerden et al
Resensie: The Institute for Creative Dying deur Jarred Thompson, geresenseer deur Jonathan Amid
Nuut op die rak: ’n Trio eiesoortige publikasies uit die Naledi-stal
- Op pad na Grysberg deur 22 skrywers en gekoördineer deur Stefaans Coetzee,
- Nalatenskap: Die soet en suur van familieondernemings deur André Diederichs en
- Daar is méér: ’n Outobiografiese reisverhaal deur Amper-Stamperland en Metaversum deur Daniël Louw – wys vele grense word nog getoets in Afrikaans.
23 April
Resensie: Juliana Coetzer resenseer Rooiletterkind deur Sandy Schoeman
Resensie: Reën vir Stofvlei deur Katherine Graham, geresenseer deur Trisa Hugo
Resensie: Jonathan Amid bespreek Sons of Mud deur Johan Vlok Louw
Nuut op die rak: “Nuwe lig op ons meesters”
- Etienne Leroux: Die rumoerige swart nar onder redaksie van Hennie van Coller en
- Impossible skies: Life with my brother, the artist, Walter Meyer deur Frans Meyer
23 April
Nuut op die rak: “Gewone helde se verhale”
- Met my honde: ’n Suid-Afrikaner se vlug uit Oekraïne deur Kobus Olivier en Hilda van Dyk;
- I am Ella: A remarkable story of survival, from Auschwitz to Africa deur Joanne Jowell;
- Riding life: A South African who survived death to inspire millions deur Grant Lottering
Die volgende resensies het gedurende April op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
25 April
Krieket, kerrie en Gandhi
Krieket, kerrie en Gandhi – met Royal Enfields deur Indië is nóg ’n allerheerlike Voetspore-storie. Skaf gerus die boek aan en verlustig jou in die vreemde maar wonderlike ervaring wat Indië en sy mense bied.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
24 April
Boek van die maand: Ver in die wêreld
Die verhale in dié jongste bundel van De Jager is egter nie die neerslag van besoeke of reise nie, maar stories van skrywers wat “in die buiteland woon of gewoon het”, mense wat wortels hierdie kant opgetrek het en iewers ’n bestaan gaan maak het.
Lees die resensie deur Johan Myburg.
Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.
7 April
- Joan Hambidge: Wat maak van ’n boek ’n klassieke teks?
- Deborah Steinmair: Die seuntjie in sepia teen die klipmuur in Clarens
- Deborah Steinmair: Letterkundige lesbians en appelkoosdrome
- Kerneels Breytenbach: KI, koppesnellers, selfhelpers en selfdood
14 April
- Pieter van der Lugt: Kenzaburō Ōe, die ewige anargis
- Nadine Petrick: Verbeelding op die spektrum, op pad na die laaste stasie
- Deborah Steinmair: ’n Wêreld waar bots regeer en geen blomme meer bot nie
- Kerneels Breytenbach: Gesondheid! En geniet die lewe
21 April
- Joan Hambidge: Jou geboortegrond is deel van jou DNS
- Deborah Steinmair: Wilde vampierseks en warm wraak
- Kerneels Breytenbach: Die stapel boeke op my bedkassie
- Louis Gaigher: ’n Eeu van die manjifieke Paula Fox
- Danie Marais: Met ’n hupstoot van Jakes Gerwel
28 April
- Deborah Steinmair: Ons is almal vlugtelinge, vreemdelinge en bywoners
- Kerneels Breytenbach: Tydig, eietyds, toekomsgerig en tydloos
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 5 April
Ilse Salzwedel gesels met Elizabeth Wasserman oor Die fantastiese mevrou Smit. Daar is nuus oor die finaliste en wenners van die UJ-Pryse en die eerste Vrye Weekblad Boekefees in Cullinan. In internasionale nuus vertel Johan Myburg meer oor die wenners van die baie gesogte Britse Rathbones Foliopryse, die kortlys vir die Dublin Letterkundeprys, The Cats We Meet Along the Way, ’n jeugboek wat die Britte in vervoering het, redigering aan wyle Agatha Christie se boeke en ’n nuwe roman uit die pen van Suid-Afrika se Nobelpryswenner JM Coetzee. Jy kan ook luister na ’n kort voorlesing uit Demon Copperhead, Barbara Kingsolver se nuwe roman wat die internasionale boekwêreld aan die praat het.
Woensdag 12 April
Ilse Salzwedel gesels met Elmarie Dercksen oor haar debuutroman, Die gawe van groen, wat beskryf word as historiese fantasie met ‘n stewige skeut magiese realisme. Daar is ook nuus oor die ATKV-Skryfskool se landswye projekte. Ilse Salzwedel wil by prof. Bernard Odendaal, voorsitter van PEN Afrikaans, weet wie se plig dit is om die werk van ouer Afrikaanse skrywers te bewaar. Johan Myburg vertel meer oor die wenners van die Windham-Campbell-pryse, twee nuwe boeke oor die lewe en werk van Breyten Breytenbach uit die pen van die akademikus Yves T’Sjoen, en The Earth Transformed, ’n nuwe boek deur Peter Frankopan, ’n professor in wêreldgeskiedenis aan die Universiteit van Oxford.
Woensdag 19 April
Carien Smith, wenner van die UJ-debuutprys, gesels oor haar kortverhaalbundel Bot. Johan Myburg vertel meer oor die kortlys vir die Carol Shields- letterkundeprys, SALT, ’n nuwe projek om die letterkunde van Suid-Asië toeganklik te maak vir lesers in die Weste, en Eleanor Catton se nuwe roman Birnam Wood. Jy kan ook hoor wat Catton self daaroor te sê het. As jy ’n kortverhaalskrywer is, maak seker jy luister, want Suzette Myburg het meer inligting oor die US Woordfees se kortverhaalkompetisie, en sy gee ook raad oor hoe om ‘n goeie kortverhaal te skryf.
Woensdag 26 April
Ilse Salzwedel gesels met Madelein Rust oor haar biografiese boek, Van vrees na vrede, waarin sy skryf oor haar stryd teen terminale kanker. VivA se Roné Wierenga vertel meer oor die digitisering en digitalisering van die Afrikaanse letterkunde. Die Akademie vir Wetenskap en Kuns het verlede week die wenners van die Hertzogprys en ander letterkundige pryse bekendgemaak. Johan Myburg het onder andere nuus oor drie skrywers wat ingesluit is op TIME Magazine se lys van 100 invloedrykste mense vir 2022, en ses boeke wat die Booker International se kortlys gehaal het. Jy kan ook uitvind wie is die nuwe Nederlandse Dichter des Vaderlands.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 4 April
Ons omarm beurtkrag deur te luister na gedigte oor kerse en kaggelvuurtjies – dié dinge waartoe ons ons wend wanneer dit skielik koud en donker word. Die voorleser is Johann Nel.
Vrydag 7 April
Chris van Niekerk en Susanne Beyers lees gedigte vir Goeie Vrydag. Daar is ook die aangrypende 14 Stasies van die Kruis-vertolking deur orrelis Winand Grundling.
Dinsdag 11 April
Jana Kruger lees gedigte voor uit Sheila Cussons se debuutwerk, Plektrum, en Sophia van Taak verken van die deurlopende temas in Cussons se digkuns waarmee ons reeds in hierdie eerste bundel kennis maak.
Dinsdag 18 April
Glo jy in engele? Luister na gedigte oor dié beskermers, boodskappers en begeleiers van die geesteswêreld. Die voorleser is Susanne Beyers.
Dinsdag 25 April
Ons is nou pens en pootjies in die herfs, en Pieter van Zyl lees gedigte voor oor hierdie mooi tyd van die jaar.
Boekkeuse
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde:
https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/
11 April
Riette Rust praat met Elizabeth Wasserman oor haar roman Die fantastiese mevrou Smit. Francois Loots vertel meer oor sy historiese roman, Die kapokdokter, en Daniel Louw gesels oor sy outobiografie, Daar is meer.
25 April
Theo Kemp en Mia Oosthuizen is ateljeegaste. Albei het innoverende denke oor hoe om Afrikaanse literatuur in nuwe rigtings te ontwikkel. Marlies Taljaard bespreek Hannes Visser se bundel Die jaar toe pa... Joan Hambidge bespreek Kumbukumbu, ’n reisboek oor Kenia deur Johann Lodewyk Marais. Riette Rust neem Jaco Fouché se roman Aanspreeklikheid onder die loep. Daar is ook besprekings van Gedaantes en gedoentes en Dwaal deur Daniel Lötter, en Ver in die wêreld, saamgestel deur Frederik de Jager.
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
3 April
Resensie: Ihette Senekal resenseer Grondstof deur Helena Ewert
4 April
27 April
Resensie: Joan Hambidge resenseer Night Transit deur Peter Anderson
SARIE / sarie.com
Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in April verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif, en in die tydskrifuitgawe – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Katherine Graham oor Reën vir Stofvlei
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Marinda Engelbrecht oor Kook met Blikkies en Pakkies
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Ron Irwin oor My Side of the Ocean
Resensie: Marguerite van Wyk resenseer The People on Platform 5 deur Clare Pooley
Resensie: Karien Labuschagne resenseer Shadow in Death en Forgotten in Death deur Nora Roberts
Resensie: Sonja van der Westhuizen resenseer Cormac McCarthy se The Passenger en Stella Maris
Vier resensies van boeke wat geestesgesondheid ondersoek:
- Alida Vos resenseer Ask Again deur Mary Beth Keane
- Marzanne Schoeman resenseer The Selfless Act of Breathing deur JJ Bola
- Karien Labuschagne resenseer To Tell you the Truth deur Gilly Macmillan
- Emsie Viljoen resenseer How to Find your Way Home deur Katy Regan
Uittreksel: Betereinder, wees die verskil deur Schalk Pienaar