Carien Smith: skaak-Jedi en rekenaarbouer by uitstek

“Kunsmatige Spesifieke Intelligensie is orals – selfone, ens. Dit beteken dat dit reeds deel is van ons wêreld en net al hoe meer daarvan gaan deel word. Hoe slimmer dit word en hoe meer funksies dit vir ons gaan uitvoer, hoe meer van ’n bewussyn gaan ons daaroor ontwikkel.”