Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Gut health

  • 0

Lizl Hobson, Stef Snyman, Nelda Hart, Flolinda Strauss (Foto: Dijan Botha van Hirsch’s)

Daar is toe al die tyd waarde agter die woorde: “Ek het ’n gut feeling.”

FIRE for Life, ’n holistiese gesondheidsgroep, se kenners het vanjaar by Woordfees gesels oor hoe jy jou gesondheid kan verbeter deur onder andere gefermenteerde kos te eet.

Na die insiggewende, energieke gesprek en kosdemonstrasie verstaan ’n mens die waarde van volksvreemde kossoorte soos kombucha en kimchi. Die beste van alles: Jy kan dit self maak!

FIRE for Life-spanlede het gedemonstreer hoe jy kombucha in jou eie kombuis kan maak. (Dis ook een van die resepte wat jy in hulle nuwe kookboek Gut health: the South African guide kan vind.)

Een van FIRE for Life se spanlede Nelda Hart sê: “Ek kan ons produk opsom in vier woorde: Fix insulin resistance easily. Ons kookboek bevat resepte wat jou metabolisme, mitochondria en mikrobioom weer gesond kan maak. Dit was ’n voorreg en lekker om by die Toyota Stellenbosch Woordfees te kon demonstreer. Goeie lokaal en tegnologie wat werk.”

Duidelik was die kombucha wat hulle na afloop van die demonstrasie bedien het, heerlik, want die gaste het na uitstallers soos Kombukarious en Mom’s Kimchi buite die pragtige Hofmeyrsaal gestroom.

Ek het ’n gut feeling dat daar beslis meer mense sal wees wat hul eie kombucha gaan maak ná hierdie insiggewende en vermaaklike 90 minute ervaring.

Die boek Gut health: the South African guide is by Exclusive Books te koop, of besoek FIRE for Life vir meer inligting.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top