Toyota Stellenbosch Woordfees
Persverklaring: Paarliet wen 11de Woordfees-kortverhaalkompetisie
2026-10-05"Nagwaak" verweef gevoelvol hoe ’n gesin probeer sin maak van die dood van ’n seun in bendegeweld. Dit is geskryf in die taal van sy Paarl met geen pretensie of mooi woordjies nie.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: A woman alone – an interview with Kim Engelbrecht
2026-10-02After becoming the fastest selling and the first sold-out production at Suidoosterfees 2026, the darkly funny A woman alone, starring International Emmy-nominated actress Kim Engelbrecht, heads to the Toyota Stellenbosch Woordfees this weekend.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Die geskiedenis van braaibroodjies onthul
2026-10-02"My grootste hoop is dat mense weer nuuskierig raak oor die klein geskiedenisse rondom hulle."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Met woord en lied – ’n onderhoud met Frieda van den Heever
2026-10-02"Daar is soveel genres van musiek hier betrokke dat ek dit nie sal probeer vasbind nie. Om koor te sing (of op hierdie stadium van my lewe: ’n koor te hoor!) is een van die plekke waar die lug vir my dun is tussen hemel en aarde. Dis ’n fees om na hulle te sit en luister."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Dis hoog tyd vir ... ’n gesprek oor die LAPA-leesminuut by die kinderfees
2026-10-02"Ma’s, pa’s en grootouers kom sit ook graag om saam te luister, en dis ewe belangrik, want hulle moet uiteindelik die liefde vir lees verder tuis gaan kweek."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: So speel die boere braai-braai so ...
2026-10-02"Die Speelkamers het ’n baie persoonlike konneksie tussen ons en die gaste; hulle word deel van die kookproses. Dit gee my ook die geleentheid om meer te vertel oor die geregte en bestanddele – iets waarvoor daar nie altyd tyd is met ’n gewone ete nie."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Ervaar die helende kragte én hemelse geure van laventel
2026-10-01"Hang dit onderstebo direk nadat dit gesny is, dan bly die stele mooi reguit. In ’n trek; nie in direkte sonlig nie – die son bleik die blomme. Dan kan jy jou bossie vir ’n jaar behou en uitstal."
Persverklaring: Reinet Nagtegaal-teksprys 2027, die inskrywings is oop
2026-10-01Die wenner ontvang R120 000, mentorskap en ondersteuning met die afronding van hulle teks, en ’n moontlike speelvak op die 2027 Toyota Stellenbosch Woordfees se Spier Toneel-program. Die tweede- en derdeplekwenners ontvang onderskeidelik R60 000 en R30 000.
WOW Woordfees-persverklaring: 500 leerders by landwye Sanlam WOW Spelfees-finaal
2026-10-01Dit is die grootste spelfees in Suid-Afrika en word in drie tale aangebied – Afrikaans (graad 1 tot 10), Engels (graad 4 tot 9) en isiXhosa (graad 5 tot 8). Die Sanlam WOW Spelfees is ’n vlagskipprojek van Woorde Open Wêrelde (WOW) by die Universiteit Stellenbosch (US).
Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: ’n Onderhoud oor die klankbaan van ’n Middel
2026-10-01"Somtyds sal ek ’n melodie hoor, of aan ’n idee dink, iets wat nog nie probeer is nie. Daardie nuuskierigheid van 'ek wonder hoe dit sal klink as ek ’n vioolopname saam met ’n synth-lyn deur ’n elektriese kitaar-amp sit', is wat my altyd fassineer en opgewonde maak."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Menopouse in die kollig – ’n onderhoud met Antoinette Louw
2026-10-01"Ek ontdek ’n vryheid in my kreatiwiteit wat ek nie voorheen gehad het nie, omdat ek minder omgee wat ander dink. Dis ’n ongelooflike gevoel. En ek kan meer dimensie gee, meer eerlik, omdat ek vryer is. Die tragedie en ironie is dat rolle vir ouer vrouens al hoe minder word."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Krapp se laaste band – ’n onderhoud met Carel Nel
2026-09-30"Wat my na hierdie rol aangetrek het, is juis dat dit op die oog af so eenvoudig lyk, maar hoe meer jy daarin delf, hoe meer ontdek jy. Ek dink dit is van die dinge wat Beckett vir my meesterlik maak."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: ’n onderhoud met Bibi Slippers oor die Easy Equities Skrywersfees
2026-09-28"Lees is ook net eenvoudig die lekkerste ding op aarde. Kom luister na skrywers as die lewe jou oorrompel het en jy het vergeet watter vreugde dit is om in ’n boek te ontsnap..."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Moffie – an interview with David Viviers
2026-09-25"Moffie is a one-person show based on the book by André Carl van der Merwe. I play Nicholas van der Swart, who reflects on his time as a conscript in the SADF during the late ’70s."
Persverklaring: 25 skrywers word opgeneem in 2026-kortverhaalbundel van Toyota Stellenbosch Woordfees
2026-07-16Vyf-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die elfde kortverhaalbundel van die Toyota Stellenbosch Woordfees, Dis hoog tyd.
Persverklaring: The Perfect Pitch, ’n miljoenrand-teaterdroom
2026-06-26Of jy nou ’n teaterliefhebber is op soek na ’n opwindende aand uit, ’n donteur met diep sakke, ’n kunstenaar met ’n blink plan en hope talent, jy wil nié hierdie nuutjie misloop nie.
Tollie Parton se Tottie en nie verder nie: ’n resensie
2026-06-23"Wat is aanvaarbaar en wat is nie? Mense skop terug as jy as ’n queer persoon buite die 'aanvaarde norme' van wat queer mense mag wees, optree."
Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2026 – program bekend
2026-06-12Met meer as 444 items op die grootste kunstefeesprogram in die land, is die oorvloed van produksies ’n waardevolle noodsaaklikheid in ’n kunstelandskap wat onder groot druk verkeer.
Persverklaring: Reinet Nagtegaal-teksprys 2026 – wenners bekend
2026-04-09Die wenners van die gesogte Reinet Nagtegaal-teksprys vir 2026 is bekend.
Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees en EasyEquities vat weer hande vir ’n groter belegging in die kunste
2026-03-12EasyEquities is nou ’n Platinumborg van die Toyota Stellenbosch Woordfees en dit behels ’n aantal nuwe projekte om welvaart toeganklik in die kunste te maak deur onder andere werkskepping en beleggings.
