Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: A woman alone – an interview with Kim Engelbrecht

Maryke Roberts, Kim Engelbrecht Lifestyle and entertainment 2026-10-02

After becoming the fastest selling and the first sold-out production at Suidoosterfees 2026, the darkly funny A woman alone, starring International Emmy-nominated actress Kim Engelbrecht, heads to the Toyota Stellenbosch Woordfees this weekend.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Die geskiedenis van braaibroodjies onthul

Maryke Roberts, Frans de Villiers Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-10-02

"My grootste hoop is dat mense weer nuuskierig raak oor die klein geskiedenisse rondom hulle."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Met woord en lied – ’n onderhoud met Frieda van den Heever

Naomi Meyer, Frieda van den Heever Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-10-02

"Daar is soveel genres van musiek hier betrokke dat ek dit nie sal probeer vasbind nie. Om koor te sing (of op hierdie stadium van my lewe: ’n koor te hoor!) is een van die plekke waar die lug vir my dun is tussen hemel en aarde. Dis ’n fees om na hulle te sit en luister."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Dis hoog tyd vir ... ’n gesprek oor die LAPA-leesminuut by die kinderfees

Naomi Meyer, Nadine Petrick Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-10-02

"Ma’s, pa’s en grootouers kom sit ook graag om saam te luister, en dis ewe belangrik, want hulle moet uiteindelik die liefde vir lees verder tuis gaan kweek."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: So speel die boere braai-braai so ...

Maryke Roberts, Bertus Basson Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-10-02

"Die Speelkamers het ’n baie persoonlike konneksie tussen ons en die gaste; hulle word deel van die kookproses. Dit gee my ook die geleentheid om meer te vertel oor die geregte en bestanddele – iets waarvoor daar nie altyd tyd is met ’n gewone ete nie."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Ervaar die helende kragte én hemelse geure van laventel

Maryke Roberts, Ingrid de Waal Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-10-01

"Hang dit onderstebo direk nadat dit gesny is, dan bly die stele mooi reguit. In ’n trek; nie in direkte sonlig nie – die son bleik die blomme. Dan kan jy jou bossie vir ’n jaar behou en uitstal." 

Persverklaring: Reinet Nagtegaal-teksprys 2027, die inskrywings is oop

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-10-01

Die wenner ontvang R120 000, mentorskap en ondersteuning met die afronding van hulle teks, en ’n moontlike speelvak op die 2027 Toyota Stellenbosch Woordfees se Spier Toneel-program. Die tweede- en derdeplekwenners ontvang onderskeidelik R60 000 en R30 000.

WOW Woordfees-persverklaring: 500 leerders by landwye Sanlam WOW Spelfees-finaal

LitNet Skole 2026-10-01

Dit is die grootste spelfees in Suid-Afrika en word in drie tale aangebied – Afrikaans (graad 1 tot 10), Engels (graad 4 tot 9) en isiXhosa (graad 5 tot 8). Die Sanlam WOW Spelfees is ’n vlagskipprojek van Woorde Open Wêrelde (WOW) by die Universiteit Stellenbosch (US).

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: ’n Onderhoud oor die klankbaan van ’n Middel

Naomi Meyer, Wesley West Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-10-01

"Somtyds sal ek ’n melodie hoor, of aan ’n idee dink, iets wat nog nie probeer is nie. Daardie nuuskierigheid van 'ek wonder hoe dit sal klink as ek ’n vioolopname saam met ’n synth-lyn deur ’n elektriese kitaar-amp sit', is wat my altyd fassineer en opgewonde maak."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Menopouse in die kollig – ’n onderhoud met Antoinette Louw

Maryke Roberts, Antoinette Louw Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-10-01

"Ek ontdek ’n vryheid in my kreatiwiteit wat ek nie voorheen gehad het nie, omdat ek minder omgee wat ander dink. Dis ’n ongelooflike gevoel. En ek kan meer dimensie gee, meer eerlik, omdat ek vryer is. Die tragedie en ironie is dat rolle vir ouer vrouens al hoe minder word."

Baklei sonder bloed: politieke verset in Die Bergengel-boeke

Carina Stander LitNet-skrywersberaad 2026-10-01

"Dis ’n liefdesverklaring vir Afrikaans en die krag wat skuil in musiek, poësie, kuns, tradisie en identiteit. En dis ’n soeke na ’n alternatief vir geweldsoorlog."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Krapp se laaste band – ’n onderhoud met Carel Nel

Maryke Roberts, Carel Nel Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-09-30

"Wat my na hierdie rol aangetrek het, is juis dat dit op die oog af so eenvoudig lyk, maar hoe meer jy daarin delf, hoe meer ontdek jy. Ek dink dit is van die dinge wat Beckett vir my meesterlik maak."

Momentum Aardklop 2026: #op’it ... soos’it hoort!

Christiaan J de Swardt, Alexa Strachan Aardklop 2026-09-29

"Besoek sommer nou al ons webwerf en hou ons spesiale aanbiedinge en promosieveldtogte dop. Maar koop sommer ’n weekkaartjie vir die feesterrein. Dit is nou wragtig sakpas."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: ’n onderhoud met Bibi Slippers oor die Easy Equities Skrywersfees

Naomi Meyer, Bibi Slippers Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-09-28

"Lees is ook net eenvoudig die lekkerste ding op aarde. Kom luister na skrywers as die lewe jou oorrompel het en jy het vergeet watter vreugde dit is om in ’n boek te ontsnap..."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Moffie – an interview with David Viviers

Yolanda du Toit, David Ralph Viviers Toyota Stellenbosch Woordfees 2026-09-25

"Moffie is a one-person show based on the book by André Carl van der Merwe. I play Nicholas van der Swart, who reflects on his time as a conscript in the SADF during the late ’70s."

"Die Durbanse poepwedstryd": die vieslikste gedig in Afrikaans, of dalk satiriese verset?

Riana Scheepers LitNet-skrywersberaad 2026-09-23

"Van al die gedigte in Afrikaans, al die duisende gedigte wat subliem mooi is en van voortreflike literêre vakmanskap getuig, is daar een wat my nog al die jare lank bybly – om al die verkeerde redes."

Die Hessequa Harmonie-fees 2026: ’n onderhoud met Niël Rademan

Christiaan J de Swardt, Niël Rademan Feeste 2026-09-22

"Ek glo ons is op die regte plek met die fees. Ek en my span werk al jare aan wat daar nou is. Ek sal wel steeds elke jaar die gehore effe wil vergroot en mense wil oortuig dat gesofistikeerde (nie-doef-doef-) musiek en podiumkuns geweldig stimulerend is."

Fotobeeld: Joan Hambidge by die 15de Tuin van Digters gehuldig – en meer

Engela Duvenage Boeke en skrywers 2026-09-16

"Tuin van Digters, alom bekend as die Tuiste van Afrikaanse Digkuns, is vanjaar vir die 15de keer aangebied. Dit is van 11 tot 12 September 2026 by die Breytenbach Sentrum op Wellington aangebied – en nie eens reënweer op die Saterdag kon deelnemers en besoekers se meelewing vir die Afrikaanse digkuns keer nie."

Die tragiese as miskende verstaanskategorie: ’n naby blik op twee politieke denkmodusse

Charl-Pierre Naudé LitNet-skrywersberaad 2026-09-11

"In die agtergrond van die oorgang vanuit die noodlotsgees na die bevrydingsgees is daar die verhaal van die mens se vrye wil. Vrye wil al dan nie is ’n belangrike speler op hierdie verhoog."

Aardklop Kunstefees 2026: Goed genoeg met Gerridene Berg

Yolanda du Toit, Gerridene Berg Aardklop 2026-09-11

"Aardklop vier verhale – die stories wat ons laat lag, onthou, dink en anders na onsself laat kyk. Goed genoeg is juis só ’n uitnodiging tot ’n eerlike gesprek oor vrouwees in al sy fasette."

Top