Feeste
Articles about festivals in South Africa and abroad
Video-uitnodiging: Veldsoirée 2026 (24–26 Julie, Nxuba/Cradock)
2026-04-01Jy is genooi: interessante gesprekke met skrywers, akademici en kenners, bakkies, koppies, kaggels en aalwyne. Kyk hierdie kort video-toer deur Menán van Heerden van wat te wagte is. Kom gesels, debatteer en luister saam. Kom ervaar die "veld" in Veldsoirée. Al die gesprekke is gratis. Maak seker jy bespreek vroegtydig verblyf. Meer details in die video.
Persverklaring: Stories onnerie DAK by KKNK 2026
2026-04-01Stories Onnerie DAK is ’n unieke één-volle-uur-ervaring vir storie-liefhebbers! Kom luister en gesels saam by die KKNK!
Ek is nie Danie by die KKNK
2026-03-30"Ek het nog altyd gedink Schalk Joubert is goed. Ek is nie Danie het dit bevestig. En Albert Verkleurmannetjie Pretorius bly my verstom."
Boesman en Lena by die KKNK: ongelukkig erg relevant
2026-03-30"Veronique Jephtas het geskitter as Lena, Brendon Daniels het die broeiende Boesman absoluut tot sy reg laat kom, en Tshamano Sebe het die dolende ou oom vertolk. En daar praat Boesman en Lena beide Afrikaans!"
Lemoene, lemoene, lemoene, lemoene, lemoene by die KKNK
2026-03-30"Die prokureur uiter nie die woord 'Orwellian' verniet as ’n deel van sy toegelate 140 nie."
Woordenaar by die KKNK: die ware Afrikaner-verklaring
2026-03-30"Ná die tyd het iemand egter opgemerk dat die vertoning met die bekeerdes praat. Dis jammer. Veel meer mense moet Woordenaar kan hoor."
KKNK 2026: Zonkie en die laaste boomhuis – ’n onderhoud
2026-03-27"Kinderteater en storievertelling is nie net belangrik vir jong kinders nie, maar vir elke liewe mens ... Die krag van teater is eindeloos en vir almal van waarde."
Suidooster waai stormsterk deur vanjaar se Suidoosterfees
2026-03-26Die gewilde kykNET-sepie Suidooster het vanjaar weer ’n sterk teenwoordigheid by die Suidoosterfees, wat van 29 April tot 3 Mei 2026 in Kaapstad by Kunstekaap en verskeie omliggende venues aangebied word.
Sterre flonker blink op Fiëstas se rooi tapyt: oorsig en foto’s
2026-03-25"Die 16de kykNET Fiëstas is Sondagaand by The Bay Hotel in Kampsbaai gehou. Dit was ’n deftige affêre met vermaak en die Suid-Afrikaanse teaterbedryf se grootste sterre, en altesaam 30 Fiëstas is uitgedeel. Die seremonie is ook regstreeks op YouTube gestroom." Lees ’n oorsig oor die geleentheid en kyk na die foto’s onderaan die skrywe.
Persverklaring: KKNK se 30ste viering skop dié naweek af
2026-03-24Ingesluit op die teaterprogram is verskeie debuutproduksies, met van gevestigde gunstelinge en ervare kunstenaars op die verhoog, tot opwindende nuwe stemme, wat werklik iets vir elke feesganger se smaak en belangstelling bied.
Programuitleg van die Etienne van Heerden Veldsoirée (24–26 Julie 2026)
2026-03-20Dit is nog nie nodig om nou al te bespreek vir die gespreksessies nie, maar enige een wat belangstel om die Veldsoirée by te woon, word aangemoedig om vroegtydig hulle verblyf te bespreek. Meer besonderhede oor die ATKV-Skryfskool kan ook hier gelees word. Dit is nodig om vroeg te bespreek.
KKNK 2026: Sade in Hollandse kombuise – ’n onderhoud met Christine Hees
2026-03-19"Afrikaans is ’n taal met soveel kleurvolle uitdrukkings en spraakbeelde dat dit naas onmoontlik is om af te skud. Sommige probeer, maar dit werk nie altyd nie. Dis die bittereinders wat Afrikaners is. Dit sal aan jou kleef soos die knapsekêrels in die bosveld."
Press release: Lemoene, lemoene, lemoene debuts at Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) with upcoming run at Suidoosterfees
2026-03-18In a South Africa where citizens are permitted only 140 spoken words per day, two young lovers must learn to live with silence – and to fight with words.
Kos, wyn, erfenis en uitstekende geselskap by Suidoosterfees
2026-03-18’n Splinternuwe leefstyl-afdeling is vanjaar by die program ingesluit, met interessante kosdemonstrasies, wynproeë, kuiersessies en gesprekke.
KKNK 2026: Elvis Blue oor Die lewe en die langpad – ’n onderhoud
2026-03-16"Ek dink wanneer ek musiek maak, doen ek dit omdat ek daarvan hou, maar op die ou einde is musiek ’n geskenk vir my wat ek dan baie graag vir ’n gehoor wil gee. ’n Hoogtepunt vir my is wanneer die gehoor dit ontvang en werklik geniet, en ’n mens kan dit vóél wanneer dit gebeur."
KKNK 2026: Eugène Marais se siel in musiekteaterproduksie ontbloot
2026-03-16"Ter voorbereiding het ek in die literatuur self geklim – dit wat Marais só beroemd gemaak het. Daar is iets so verfynd, maar tog so gebroke en melancholies omtrent sy werk. Ons is gelukkig om die gedigte en sy ander literêre werke as ’n portaal na die gedagtes van Marais te hê."
Etienne van Heerden Veldsoirée: Dié beveel ek met oorgawe aan
2026-03-15"Laas jaar was ons die eerste keer daar, en dit was van die stimulerendste naweke wat ek beleef het."
Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees en EasyEquities vat weer hande vir ’n groter belegging in die kunste
2026-03-12EasyEquities is nou ’n Platinumborg van die Toyota Stellenbosch Woordfees en dit behels ’n aantal nuwe projekte om welvaart toeganklik in die kunste te maak deur onder andere werkskepping en beleggings.
Bespreek nou vir die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 24 tot 26 Julie plaasvind
2026-03-12"Die gesprekke is interessant en dikwels uitdagend, maar die omgewing maak dit moontlik om te vra, te verskil en te gesels. Wat meer is, doodgewone mense sit met elke sessie langs geleerdes en bekendes. Almal luister saam, almal gesels saam. Ons eet saam en les bes vind baie interessante diskoerse ook ná die amptelike verrigtinge in die kroeg plaas."
Persverklaring: Spier belê nog 3 jaar as platinumborg van die Toyota Stellenbosch Woordfees
2026-03-12Die internasionaal gerekende Spier-wynlandgoed sit hul platinumborgskap aan die Toyota Stellenbosch Woordfees met nog drie jaar voort.
