Feeste
Articles about festivals in South Africa and abroad
Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool van 2026 én skouers skuur met skrywers
2026-03-12Dit kos slegs R380 om hierdie skryfskool by te woon, en dit sluit alle kursusmateriaal in. Kursusgangers hoef dus slegs vir hul eie etes en verblyf te betaal.
Arbeidsgenot se miniboekefees
2026-03-10"CJ Langenhoven sou geglimlag het as hy op 28 Februarie 2026 weer in die tuin van Arbeidsgenot kon rondloop, of vanuit die ruimte daarna sou kon afkyk. Daar was mense wat onder bome op stoele gesit en lees het en talle ander wat tou gestaan het om kaartjies te koop vir die KKNK wat op 28 Maart 2026 begin."
Press release: Books on the Bay Festival 2026
2026-03-05The run-away success of Simon’s Town’s three previous literary festivals has inspired a knock-out line-up for 2026. The town is set to host some of the most celebrated writers on Friday 13 March to Sunday 15 March 2026.
Woordenaar by die KKNK: Churchil veg vir Afrikaans
2026-03-04"Een van die debuutproduksies by die 30ste KKNK op Oudtshoorn vanjaar is Woordenaar, met Churchil Naudé, Jackie Lätti, Riku Lätti en Jannie van Tonder."
Persverklaring: ’n Rits Fiësta-benoemings vir Suidoosterfees
2026-03-04Die Suidoosterfees is weer vanjaar sterk verteenwoordig onder die benoemdes vir die 16de kykNET Fiësta-toekennings – ’n geleentheid wat erkenning gee aan die gehalte, verbeeldingrykheid en impak van Afrikaanse teater op die feeskringloop.
Persverklaring: Uitsonderlike openingskonsert wag by 30ste KKNK
2026-03-04Hierdie konsert word Saterdag 28 Maart om 20:00 in die Feesmark aangebied.
Laai die volledige KKNK-feesgids hier af!
2026-03-03Die KKNK bied die volledige feesgids gratis aan feesliefhebbers. Klik op die skakel om dit te bekom.
Adam & Jakes: Wie is vandag hul gespreksgenote in Afrikaans?
2026-03-03"Die oorsprong van hierdie praatjie [soos gelewer by die Adam Small-fees 2026] is ’n onvoltooide manuskrip, getiteld 'In begrypende vriendskap', met die subtitel 'Adam Small & Jakes Gerwel: gespreksgenote in en oor Afrikaans'."
Persverklaring: kykNET Fiëstas-toekennings – hier is die benoemdes
2026-02-26Met ’n nuwe tuiste by Tribuo, maar nog steeds met kykNET as naamborg, is twee dinge duidelik. Eerstens is die kykNET Fiësta-toekennings hier om te bly. Tweedens het die afgelope feesjaar weer bewys dat die werk wat in Suid-Afrika geskep word, tuis op enige wêreldverhoog sal wees.
VVA-Leeskonferensie 2026: "Die wysie van die taal"
2026-02-26"'Want ’n kind wat lees, is ’n bevoorregte kind,' verkondig die digter, Antjie Krog, wyd en syd. Dit was die boodskap op die onlangse VVA-Leeskonferensie wat verlede Donderdag tydens die Adam Small-fees by die PC Peterson Primêr in Kylemore vir onderwysers en opvoeders van veral die voorskoolse kind aangebied is." Lees Marzahn Botha se berig oor die opwindende konferensie en kyk ook foto’s van die geleentheid.
Adam Small Fees vier verskeie ander hoogtepunte
2026-02-26"Small sou vanjaar 90 jaar oud gewees het en is 10 jaar gelede oorlede. Die vierdagfees het Saterdag ’n hoogtepunt bereik, met Internasionale Moedertaaldag wat ook gevier is."
Persvrystelling: Suidoosterfees bring ’n musikale hutspot van stemme en style na die wêreld se mooiste stad!
2026-02-25Kaapstad, ongetwyfeld die wêreld se mooiste stad, is ’n lewende tuiste vir die fees: ’n plek van komvandaan en kom weer, van uiteenlopende tale, ritmes en klanke, van mense wat mekaar in musiek herken.
Stilbaai-boekefees 2026: ’n onderhoud met Elna van der Merwe
2026-02-25"Dit is die vyfde jaar wat die fees aangebied word en dis asof dit teen hierdie tyd sy eie momentum kry."
Persvrystelling: Registreer nou vir die 2026 Sanlam WOW Spelfees
2026-02-24Die 17de Sanlam WOW Spelfees vind van Julie tot Oktober landwyd plaas, en skole en leerders word hartlik uitgenooi om nou te registreer. Deelname is heeltemal gratis.
Video-oorsig: Adam Small-fees 2026 (Pniël, Wes-Kaap)
2026-02-23Die 2026-Adam Small-fees het 20–22 Februarie in Pniël, op pad na Franschhoek vanaf Stellenbosch, plaasgevind. Hierdie fees vind jaarliks in hierdie voormalige sendingstasie vir vrygestelde slawe plaas. Hierdie kort video-oorsig dek die Saterdag-program, wat op Internasionale Moedertaaldag geval het. Vanjaar was dit ’n spesiale viering, aangesien 2026 die jaar is waarin Adam Small 90 jaar oud sou geword het en hy 10 jaar gelede oorlede is. Daar is vanjaar ook hulde gebring aan die digter Diana Ferrus, wat in Januarie 2026 oorlede is.
Persverklaring: Suidoosterfees 2026 se NATi Teaterfees-program
2026-02-18Vanjaar se NATi Teaterfeesprogram gaan feesgangers ongetwyfeld herinner waarom die fees ’n broeikas van innovering en gehalte in die Suid-Afrikaanse kunstewêreld is.
Persverklaring: Program vir die Adam Small-fees
2026-02-18Aangeheg die finale program vir die opkomende Adam Small-fees.
Persverklaring: Talle bekroondes op program vir 30ste KKNK
2026-02-17Onder die aanbod van bekroondes wat ’n draai in die Klein Karoo maak tel dramas, komedie, musiek, dans- én kinderteater.
Droomland Fees: ’n kuier saam met lekker mense
2026-02-17"Droomland Fees is gebore uit ’n eenvoudige maar kragtige idee: om mense toe te laat om te droom en deur musiek bymekaar te bring."
Persvrystelling: Suidoosterfees 2026 se Kort voor lank-programafdeling
2026-02-17Kort voor lank is een van Suidoosterfees se gewildste programafdelings – ’n fees binne ’n fees waar uiteenlopende stories in treffende 30-minuut-vertonings tot lewe kom.
