Persverklaring: Kom kuier saam! Vrystaat Kunstefees Literatuurfees 7–11 Julie 2026 in die ATKV-Boeke-oase!

  • 0

Programskakel: Vrystaat Kunstefees  https://vrystaatkunstefees.co.za/

Gratis bywoning vir lede van die ATKV en Vriende van NALN-vereniging by alle Literatuurfees-geleenthede. Kry jou geldige Vriende-toegangsbewys by NALN se inligtingstafel in die ATKV-Boeke-oase tydens die feestyd. Navrae: vriendevannaln@gmail.com 

NALN bied eersgenoemde vier geleenthede in samewerking met die Vrystaat Kunstefees Literatuurfees op die UV-kampus aan:

Hulde aan Helde: Stella Blakemore
Annerle Barnard en Leana Lategan gesels met Wyno Simes op Dinsdag 7 Julie om 15:00 in die ATKV-Boeke-oase se binnehof. https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/hulde-aan-helde-1/

Hulde aan Helde: Johann Lodewyk Marais
Neil Cochrane en Werner Vermeulen gesels met die Johann Lodewyk Marais op Woensdag 8 Julie 2026 om 15:00 in die ATKV-Boeke-oase se binnehof. Marais se digbundel Die somer is 'n dag oud is in 1984 met die Ingrid Jonker-prys bekroon. https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/hulde-aan-helde-2/

In memoriam Johann de Lange
Die bekendstelling van In memoriam Johann de Lange (Naledi, 2026), saamgestel deur Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge, met Johann Lodewyk Marais en Wyno Simes as gespreksgenote, op Woensdag 8 Julie 2026 om 17:00 in die Netwerk24 Feeskafee. Gratis toegang.  https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/in-memoriam-johann-de-lange/

Tussen tale en tekste
Fanie Viljoen en Jaco Jacobs gesels met Wyno Simes oor die tema "Tussen tale en tekste" op Donderdag 9 Julie 2026 om 15:00 in die ATKV-Boeke-oase se binnehof. Toegang is gratis. Die gesprek handel oor die kuns en uitdagings van vertaling, met onder meer verwysing na Janie Oosthuysen se bydrae tot die wêreld van vertaling. Gratis toegang. https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/naln-bied-aan-tussen-tale-en-tekste/

Nuwe boeke in die skaduwee van aanlyn publikasies
Paneelbespreking deur drie debuutskrywers wat hulle boeke onlangs by NALN bekend gestel het: Inge Venter, Hein Griesel en Muller Minnaar op Saterdag 11 Julie 2026 om 10:00. Netwerk24 Feeskafee. Gratis toegang. https://vrystaatkunstefees.co.za/produksies/nuwe-boeke-in-die-skaduwee-van-aanlyn-publikasies/

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top