Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Lady Di, die Cape Flats Book Festival het die jaar iets gekort
2026-02-02"’n Taxi vol skoolmeisies raak skielik a makeshift-geskiedenisklas. Gaireyah leer oor die tragiese storie van Sarah Baartman en die catalyst rol wat Aunty Di se poësie gespeel het om ons ancestor se remains huis toe te bring."
Persverklaring: Adam Small-fees
2026-02-02Die Pniël Erfenis- en Kultuurtrust nooi u hartlik uit na die 2026 Adam Small-fees – ’n fees van herinnering, taal en kultuur – in die jaar waarin Adam Small 90 sou word.
Persverklaring: Eerste WOW-Droomuitstappie by Universiteit Stellenbosch
2026-01-30Woorde Open Wêrelde (WOW) se eerste WOW-Droomuitstappie (Dream Walk) vir graad 12-leerders is op 28 Januarie by die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied.
Pareltjes uit Amsterdam: Kevin Osepa se uitstalling in die Stedelijk Museum
2026-01-29In hierdie video besoek Johan Allers Kevin Osepa se uitstalling, wat handel oor die rouperiode na ’n begrafnis op sy geboorte-eiland Curaçao, in die Stedelijk Museum.
Die kontessa is terug – meer betowerend as ooit tevore
2026-01-29"Dis nie bloot die herlewing van ’n geliefde teaterikoon nie, maar ’n geleentheid om vir ’n hele aand die buitewêreld uit te sluit in ’n magiese wonderwêreld van spieëls en vere en maskers en kostuums, terwyl wêreldbekende akrobate hul toertjies hoog bo jou lewer en operadivas en goëlaars jou verlei."
Krag van natuur sluit Panthera Africa se hekke
2026-01-29"Reeds op die eerste dag van die brand het Cornwall kontak gemaak met ander sentrums om te reël dat die diere uitgeplaas word. Op dag twee het die wildleweveearts Peter Caldwell uit Pretoria gekom om te help met die massa-ontruiming."
Ses dinge om op jou #2026 watchlist te hou!
2026-01-28"Die’s nou ’n multimedia treat of note, ’n curated series van independent en artist-driven shorts films geskryf en gespeel dee diverse communities in New York City. Picture al Zohran Mamdani, die niewe mayor van New York City, se campaigns virrie economic en social well-being van immigrants innie Big Apple – ja, sukke diverse stemme kry djy in hierrie online screening room!"
Teaterresensie: The opera singer
2026-01-22"The opera singer neem die gehoor op ’n emosionele reis en bied oomblikke van besinning oor die proses van oudword, die stand van roem in ons samelewing en die stryd van vrouens om verskeie rolle in die samelewing in te neem."
Persverklaring: Méér wenners, méér prysgeld – RSG en ATKV kondig 30ste radiodramaskryfkompetisie aan
2026-01-21Die wendrama ontvang R50 000, die tweede prys is R25 000 met die derde plek wat R15 000 sal ontvang. Daar is ook R15 000 vir ’n jong skrywer (jonger as dertig jaar) om te wen. En, om die kroon te span, sal drie deelnemers ’n merieteprys ter waarde van R10 000 elk ontvang.
Die kantoor op kykNET: In gesprek met Mehboob Bawa
2026-01-21"Dis local, dis herkenbaar, en die characters is nie copies van die ander weergawes nie. Al moes die writers by die format bly, het hulle dit op ’n beautiful Suid-Afrikaanse manier aangepas. Kykers gaan connect met die characters, die office idiosyncrasies, en die humour. Dis alles daar."
Persverklaring: Proscenium-dramakompetisie 2026 (Inskrywings sluit 29 Januarie)
2026-01-20Inskrywings vir die Proscenium-dramakompetisie 2026 sluit op 29 Januarie 2026, en aspirant jong kunstenaars word aangemoedig om dié unieke geleentheid aan te gryp.
Elders gesien: My gunstelingarea in Londen is Holborn
2026-01-20"Wat moet jy in Londen sien? Los die rooi bus, jy beleef niks."
Skermgreep: Kiss of the spider woman – ’n filmresensie
2026-01-19"’n Versigtige en dikwels smeulende vriendskap ontstaan tussen die twee uiterstes wat albei dieselfde politieke sienings het, en gaandeweg verander dit van ’n verwronge, teësinnige vriendskap in ’n romanse. Mens is uiteindelik maar net mens, veral in ’n krisis, maak nie saak aan watter geslag of seksuele identiteit hulle behoort nie."
Die Lasarus-effek: Hester Heese (1911–1992)
2026-01-15"Hester Heese (nooiensvan De Swardt) is op 26 Oktober 1911 in Kuilsrivier naby Kaapstad gebore en was een van sewe kinders. Na haar opleiding as kindertuinonderwyseres het sy onderwys gegee op Upington en later in Kaapstad. In 1937 trou sy met Karl Heese en uit die huwelik is vyf kinders gebore. As pastoriemoeder van verskeie NGK-gemeentes het sy aktief aan gemeenskapsaktiwiteite deelgeneem."
Die Lasarus-effek: Tryna du Toit (1910–2005)
2026-01-15"Catherina Charlotte Kotzenberg, wat die skuilnaam Tryna du Toit gebruik het, is op 13 Januarie 1910 op De Aar gebore en het ’n merkwaardige loopbaan as Afrikaanse skrywer gehad. Na haar opleiding as onderwyseres het sy in 1932 met Wilhelm Kotzenberg in die huwelik getree en hulle het drie kinders gehad. Tydens haar huwelik was sy eers voltyds huisvrou voordat sy voltyds begin skryf het."
Stromingsbeoordeling: Stranger things versus Pluribus – een van die twee was skouspelagtig, maar leeg
2026-01-15"Pluribus word deur die kritici as ’n baken van moderne televisie gesien. Dit word geprys vir sy intellektuele erns en sy weiering om voor die altaar van populisme te buig. Dit is ’n reeks wat oor 50 jaar nog bestudeer sal word, terwyl Stranger things teen daardie tyd waarskynlik net ’n voetnota in ’n Netflix-algoritme sal wees."
Gesamentlike verklaring deur PEN South Africa en PEN Afrikaans oor die kansellasie van Suid-Afrika se Venesiese Biënnale-inskrywing
2026-01-13"Ons doen ook ’n beroep op die departement van sport, kuns en kultuur om sigself te verbind tot die beskerming van artistieke outonomie en om te verseker dat geen kunstenaar gesensureer word vir die aanroer van menseregtekwessies of globale ongeregtighede nie."
Toorkombuis: Hoe rooier ... die dieprooi van pruimpoeding
2026-01-13"Dis dan wanneer ek my skotteltjie nadersleep en pruimpoeding bak. Ja, ja, ek weet – gebakte poeding is nou nie juis gemaak vir die somerhitte nie. Maar moenie vir my kom vertel jy eet net koue kos in die somermaande nie."
Die Lasarus-effek: Peter Blum (1925–1990)
2026-01-07"Peter Blum was een van die mees raaiselagtige en vlymskerp figure in die Afrikaanse letterkunde. Hy is in Europa gebore (waarskynlik in Wene) en het as kind in 1936 na Suid-Afrika gekom om aan die opkoms van Nazisme te ontkom."
Persverklaring: ’n Aksiebelaaide vervolgverhaal lui 2026 in op RSG
2026-01-07RSG begin die nuwe jaar met ’n nuwe middagvervolgverhaal, Faksie, deur Ilne Fourie.
