Elders gesien: My gunstelingarea in Londen is Holborn

  • 2

My gunstelingarea in Londen is Holborn. (Ek is in SA ek kyk net na foto’s.) As jy beplan om na Londen te reis, kan jy nog hier vir redelik goedkoop bly, indien jy mooi soek tot by Russel Square. Glo my, ek het al oral gesoek en keer altyd terug na die area, sedert ek in 2014 vir die eerste keer daar was.

Holborn se stasie is maklik om by talle ander bestemmings uit te kom, met ’n “day pass” of “week pass”.

Dit is nie ’n “posh” area nie, maar dit het ’n vibe en is veilig. Die pub is ’n legende.

Wat moet jy in Londen sien? Los die rooi bus, jy beleef niks.

  • Die tube spaar tyd en geld.
  • Westminster Abbey, maar bespreek jou kaartjie voor die tyd. Vir ’n ekstra 5 pond is daar ’n nuwe uitstalling op die dak wat jy moet sien. Steeds my nommer 1.
  • Die Britse museum is goed, maar groot. Gaan kyk net na die Rosetta-steen. En koop dan ’n kaartjie vir een die spesiale uitstallings wat aan is. Dit ruil elke jaar.
  • As jy hou van wetenskap, die Natural History Museum en die Science Museum is langs mekaar. Dit is amazing. South Kensington. Gratis.
  • As jy iets wil sien van alles, die Victoria & Albert Museum oorkant bogenoemde. Gratis.
  • Opera en ballet is in die herfs en winter. Die musiekblyspele die hele jaar.
  • Piccadilly Circus het rof geraak, hou maar jou kosbaarhede vas.
  • Tower of London is baie uniek. Betaald.
  • Soho is nie so cool as wat dit klink nie.
  • Jy kan goed koop in ’n supermark en lekker eet. Die kos in die pubs is duur, en nie lekker nie. Drink eerder iets.
  • Tate Modern is goed, en ook die museums op Trafalgar Square. Shoreditch-area.
  • My gunstelingmuseum heropen vanjaar: The Museum of London. Gratis.
  • Bankside en South Walk is vólgepak. Van 'n tronk tot ’n mark, tot die stukke van 'n ou kerk. Lekker area.
  • The Wellcome Trust se uitstallings in Euston Road (naby Holborn) is fantasties. Langs hulle is die Quakers se Friends House. Gratis.
  • Bondstreet, en Oxfordstreet: daar is niks te sien nie, tensy jy duur goed wil koop.
  • Jy kan van Heathrow af ry op twee maniere. The Heathrow Express as jy heen en weer koop gelyk vir 39 pond. Bêre net beide kaartjies. Of goedkoper met die Elizabeth Line (ligpers). Ek sal nie die Tube aanbeveel van Heathrow af nie.
  • NB bespreek by die hotel self, nie by ’n derde party nie!
  • 2

Kommentaar

  • Chris Marnewick SC

    Ek hou self van die Holborn (uitspreek houburn) en Russell Square area. Die Old Bailey is daar, verskeie advokatekamers, Ede & Ravenscroft (Koninklike verskaffers van togas en ander toerusting vir regslui), Covent Garden, teaters, die Thames binne stapafstand. Die IALS, Institute for Advanced Legal Studies. Die parkie wat Russell Square is, 'n plekkie om te rus en asem te skep voor die volgende voetslaan. So baie om te sien en doen.

    Ai, die herinneringe!

  • Londen het 'n duisend goed vir elke smaak, maar my gunsteling bly maar al die markte waar mens heerlik kan rondsnuffel vir alles en nog wat: Brick Lane / Spitalfields (E1), Portobello en die swaargewigkampioen: Camden market op 'n Sondag

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top