Elsabé Brits

Elsabé Brits is ’n vryskut-wetenskapjoernalis. (Die foto hierby, is ’n selfie.)

Elders gesien: Tydskapsule en The Story of Emily

Elsabé Brits Elders gesien 2026-06-19

"Ons het onder meer ’n tydkapsule uitgestal Saterdag met die herdenking – by die Story of Emily, 100 jaar na haar dood."

Op dees aarde: Bekende ysmummie lewer nog ’n verrassing op

Elsabé Brits Rubrieke 2026-06-08

"Die 5 300 jaar oue oorblyfsels van Ötzi die Ysman huisves beide antieke en moderne mikrobes, waarvan sommige metabolies aktief is ..."

Op dees aarde: Jou brein "praat" onder narkose

Elsabé Brits Rubrieke 2026-05-12

"Die menslike brein is in staat tot gesofistikeerde taalverwerking terwyl dit in ’n bewustelose toestand is weens algemene narkose."

Op dees aarde: Die mens het al eeue lank ’n beste vriend, langer as wat ons gedink het

Elsabé Brits Rubrieke 2026-04-15

"Honde het ontwikkel uit hoogs sosiale voorouers en is gevorm deur duisende jare se interaksie met mense."

Op dees aarde: Homo sapiens ontmoet Neanderdaller

Elsabé Brits Rubrieke 2026-03-04

"Vir meer as ’n dekade is dit bekend dat antieke lede van ons spesie, Homo sapiens, met ons evolusionêre neefs, die Neanderdallers, ontmoet en gepaar het. Maar hoe dit gebeur het, is pas deur die genetika ontrafel."

Op dees aarde: Mense wat niks kan verbeel nie

Elsabé Brits Rubrieke 2026-02-11

"Die vermoë om ’n geestesbeeld op te roep is op ’n spektrum. Sommige mense ervaar hoëdefinisie-, filmagtige visualisasies, terwyl ander vae, statiese beelde het, of glad nie – ’n toestand bekend as afantasie."

Elders gesien: My gunstelingarea in Londen is Holborn

Elsabé Brits Reis 2026-01-20

"Wat moet jy in Londen sien? Los die rooi bus, jy beleef niks."

Op dees aarde: SKAO in die Karoo bereik eerste mylpaal

Elsabé Brits Rubrieke 2026-01-09

"Die afgelope twee jaar is die eerste sewe antennas van die SKA-Mid, soos dié teleskoop op die terrein bekend staan, sowat 90 km buite Carnarvon opgerig. SKA-Mid verwys na die middelfrekwensieradiogolwe wat dit van die heelal kan opspoor."

Op dees aarde: Die land is hul woning nie

Elsabé Brits Rubrieke 2025-11-20

"In Suid-Afrika het 35,5% van alle vroue van 18 jaar of ouer al fisieke en/of seksuele geweld in hulle lewe ervaar. 42% van kinders het een of ander vorm van mishandeling – seksuele, fisieke, emosionele mishandeling of verwaarlosing – ervaar deur ’n volwassene wat veronderstel was om vir hulle te sorg. Dalk weet jy dit en gee ’n diep sug. Dis net syfers. Maar kom ons kyk ’n bietjie dieper na dit waaraan ons al 'gewoond geraak het'. Daardie 35,5% vroue is soveel: 7 847 438."

Op dees aarde: Tylenol en ander aanslae op vroue se besluite oor hul eie liggame

Elsabé Brits Rubrieke 2025-10-16

"Van ál die medikasie op aarde, het Robert Kennedy Jr, die minister van gesondheid in Amerika, besluit om ’n aanslag te voer op Tylenol (asetaminofeen); hier by ons beter bekend as Panado. Maar die gekkigheid is net een van die aanslae op vroue se besluite oor hulle eie liggame."

Op dees aarde: ’n Blitsige besoeker uit die buitenste ruimte

Elsabé Brits Rubrieke 2025-09-10

"Die derde interstellêre voorwerp nóg wat sover bekend ons sonnestelsel besoek het, is besig om teen ’n fenomenale spoed 'ons ruimte' te betree."

Op dees aarde: Vreemde skedels is kultuur net soos Botox® 

Elsabé Brits Rubrieke 2025-08-26

"Skedels van mense wat eeue of selfs duisende jare gelede gemodifiseer is, is al sedert  die 1800’s bekend. Dit het in sekere kringe samesweringsteorieë laat ontstaan dat hierdie nie mense was nie, of dan ’n tipe patologie sou wees, maar die afgelope paar jaar het wetenskaplikes bewys dat dié doelbewuste en dramatiese verandering aan die liggaam ’n uitdrukking van kultuur was."

Emily Hobhouse en Olive Schreiner: Twee koppiges in die Karoo

Elsabé Brits Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-07-30

"Enigmaties en eksentriek. Twee koppige vroue inderdaad. Beide is gebore in die Victoriaanse era. Olive was vyf jaar ouer as Emily, wat in 1860 gebore is."

Op dees aarde: Nuldosiskinders

Elsabé Brits Rubrieke 2025-07-01

"’n Reuse studie wat onlangs deur die Global Burden of Disease Study Vaccine Coverage Collaborators gedoen en in The Lancet gepubliseer is, wys ‘n wêreldwye afname van 75% in die aantal kinders wat nog nooit 'n roetinekinderinenting ontvang het nie (ook bekend as nuldosiskinders), wat van 58,8 miljoen in 1980 tot 14,7 miljoen in 2019 voor die COVID-19-pandemie gedaal het."

 

Op dees aarde: Alzheimer se siekte

Elsabé Brits Rubrieke 2025-06-12

"Daar word geraam dat 10% van mense van 65 jaar en ouer Alzheimer se siekte het, en dié syfer sal teen 2050 verdubbel. Hoe vorder die navorsing tans om dié komplekse breinsiekte te ontrafel? En wat het ’n virus en stampe teen die kop met alles te doen?"

Top