Die Delta-variant en die effek op swanger vroue en op kinders
2021-08-30"Suid-Afrika se Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) maak elke maand ’n verslag bekend oor die data van COVID-19-gevalle in kinders, dus almal onder 19 jaar. Altesaam is 10,3% van die positiewe gevalle in die land kinders, van wie minstens 15 000 al sedert die begin van die pandemie in die hospitaal opgeneem is, met 500 sterftes."
Dodelike entstoffiksie: Wat is die waarheid?
2021-06-16"Wat die entstowwe op die mark intussen gewys het, is een belangrike punt: Hulle beskerm goed teen ernstige siekte, hospitalisasie en die dood. En dit is tog wat elkeen van ons al maande lank wil sien – dié soort beskerming. Dit is waarvan ons dié tyd verlede jaar nog net gedroom het."
Vin deur Lien Botha: ’n gesprek met die skrywer
2021-05-25"Ek dink met goeie kuns, wat kom van daardie plek wat amper primal is, jy weet, is dit nie goed wat jy doen vir geld nie, of wat ook al nie. Dit is daardie gevoel om aan die olifant te vat. Die vel en die tekstuur te voel. Die oog."
Dié kosbare versameling is gered
2021-04-21"Dinsdagmiddag het Pippa Skotnes in ’n verklaring gesê dié kosbare versameling is gered. Ons sou basies niks van die San se gelowe, rituele, stories en intieme lewe met die omgewing geweet het as dit nie vir Wilhelm Bleek en sy skoonsuster Lucy Lloyd, en later een van Bleek se kinders, Dorothea Bleek, was nie. Hulle het die taal, kultuur, liedjies, kuns, poëtiese stories en persoonlike geskiedenis van die San in tientalle dagboeke en verslae opgeteken."
COVID-19: waarom die kinders nou ons aandag nodig het
2021-03-02"Miljoene weeskinders is [na die Groot Griep] agtergelaat ... Mense het of wou egter nie daaroor praat nie; dit is dekades later eers weer bespreek en geanaliseer. Daar word na die weeskinders, ook die beraamde 500 000 kinders van Suid-Afrika, as die 'verlore generasie' verwys."
COVID-19: Verdraaide feite wat so vinnig soos ’n virus versprei
2021-02-15"Hoe meer jy die leuens op sosiale media sien, hoe meer geneig is jy om dit te glo. Veral as dit deur emosionele taal en ’n menslike anekdote vergesel word. Almal verklaar dan dit is waar. Dan is dit mos so."
Elders gesien: As jy steeds nie die basiese van die virus en pandemie verstaan nie
2021-01-14"Maar as jy nou nog geborsvoed moet word soos ’n Voortrekkerkind wat op 4 jaar nog tiet soek, en steeds nie die basiese van die virus en pandemie verstaan nie ..."
Ruimterommel en binnekort derduisende satelliete om die aarde
2020-12-10"Wie besit die reg om die ruimte te beheer? Daar lê ook reeds talle stukke rommel op die maan."
Aardbewings: die aarde wat skud en rammel – wat van Suid-Afrika?
2020-11-26"As dit voorheen gebeur het, kan dit weer gebeur, sê kenners, want Kaapstad het in 1809 en 1811 twee gróót aardbewings gehad. Die verskil is, vandag is die area bebou en hier is honderde duisende mense."
Oeroumas wat jag en Amasones wat oorlog maak – g’n mite
2020-11-18"Hoog in die Andes-gebergtes in wat nou Peru is, het wetenskaplikes een van die mees fassinerende ontdekkings gemaak wat die idee dat dit net mans was wat duisende jare gelede gejag het, pas op sy kop gekeer het. Dié werk is onlangs in die vakjoernaal Science Advances gepubliseer."
Ons moet álmal veilig voel – en dit geld vir gender ook
2020-11-03"Nee. Jy kan nie iemand wat transgender is met 'terapie' en/of gebed 'genees' nie. Ook nie mense wat gay is nie, want indien jy dit voorstel, is jy bloot onsensitief en onkundig."
Onnosel outomate, nee, emosioneel nés ons
2020-10-31"Dit is nou sestig jaar nadat Jane Goodall tydens veldwerk gesien het mense is nie die enigste lewende wesens wat gereedskap gebruik nie. Wat daarna gevolg het, is dekades se deurbrake oor die lewe van ons naaste familielede en ander diere wat wys hulle is alles buiten die onnosel outomate wat nie eens pyn voel nie, soos René Descartes en ander geglo het."
Dié twee vroue kan jou gene knip
2020-10-12"Emmanuelle Charpentier aan die Max Planck-eenheid vir die Wetenskap van Patogene in Berlyn en Jennifer Doudna van die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, het [die Nobelprys] vir hulle genetieseredigeringstegniek, CRISPR-Cas9, gewen. Wat hulle ontdek het, kan die kode van die lewe herskryf deur onder meer ontslae te raak van kanker en oorerflike siektes."
Suiker: godin of pes?
2020-09-15"Is suiker volgens die wetenskaplike beskrywing so verslawend dat daar soveel neurologiese veranderings in die brein is dat jy middelafhanklik raak soos met ’n dwelm en mediese hulp nodig het om op te hou om dit te gebruik?"
Enkelma’s en transrasgesinne: riglyne in ’n dikwels onsimpatieke wêreld
2020-09-08"Die lees van kultuurgerigte stories, die keuse van skole, kontak deur spesifieke ondersteuningsgroepe en blootstelling aan spesifieke geografiese omgewings tydens vakansies word dikwels doelbewus deur ouers gebruik ten einde die kinders bloot te stel aan hulle biologiese kultuur."

