Elsabé Brits

Elsabé Brits is ’n vryskut-wetenskapjoernalis.

Dié twee vroue kan jou gene knip

Elsabé Brits Rubrieke 2020-10-12

"Emmanuelle Charpentier aan die Max Planck-eenheid vir die Wetenskap van Patogene in Berlyn en Jennifer Doudna van die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, het [die Nobelprys] vir hulle genetieseredigeringstegniek, CRISPR-Cas9, gewen. Wat hulle ontdek het, kan die kode van die lewe herskryf deur onder meer ontslae te raak van kanker en oorerflike siektes."

Suiker: godin of pes?

Elsabé Brits Rubrieke 2020-09-15

"Is suiker volgens die wetenskaplike beskrywing so verslawend dat daar soveel neurologiese veranderings in die brein is dat jy middelafhanklik raak soos met ’n dwelm en mediese hulp nodig het om op te hou om dit te gebruik?"

Enkelma’s en transrasgesinne: riglyne in ’n dikwels onsimpatieke wêreld

Elsabé Brits, Awie Greeff, Marita Oosthuizen Onderhoude 2020-09-08

"Die lees van kultuurgerigte stories, die keuse van skole, kontak deur spesifieke ondersteuningsgroepe en blootstelling aan spesifieke geografiese omgewings tydens vakansies word dikwels doelbewus deur ouers gebruik ten einde die kinders bloot te stel aan hulle biologiese kultuur."

Elders gesien: COVID-19 – Ons is nog nie oor die hond se stert nie

Elsabé Brits Elders gesien 2020-09-04

"Hoe lank ons in die huis gaan bly? Wel, ons sterftesyfer is nog gans te hoog. Baie hoog."

Is jy lus om te hiberneer?

Elsabé Brits Rubrieke 2020-09-03

In haar nuwe wetenskaprubriek vir LitNet skryf Elsabé Brits vandeesweek oor die moontlikheid van menslike hibernasie.

COVID-19 en ’n entstof: Wie gaan die resies wen?

Elsabé Brits Seminare en essays 2020-06-03

"Die wêreld wag op ’n entstof wat beskerming teen COVID-19 sal bied, maar dié proses kan op sy vinnigste tussen ’n jaar en 18 maande duur."

COVID-19 en die toekoms: projeksies, entstowwe, die ekonomie, rampe en inperkings

Elsabé Brits Seminare en essays 2020-04-23

"Daar is geen aanduiding dat Suid-Afrika nie presies dieselfde COVID-19-pad sal loop as enige ander land nie. Die ergste lê nog in die komende maande voor."

Dis tyd dat akademici vrouemigrante se ervarings ondersoek

Elsabé Brits, Marietjie Lambrechts Onderhoude 2020-03-17

"Al is die posisie van vroue in die samelewing op die oomblik onder die vergrootglas, veroorsaak ’n gebrek aan wetenskaplike navorsing wat op persoonlike ervarings fokus, dat die weerlose posisie van vrouemigrante voortduur."

Die goeie dae toe dagblaaie nog joernaliste in die buiteveld gehad het

Elsabé Brits, Susan Cilliers Onderhoude 2020-03-17

"Ek vrees die hele beheptheid met klieks kan beslis tot ’n verswakking in gehalte en tot oppervlakkigheid lei, indien klieks die deurslaggewende maatstaf gaan word."

Auschwitz-Birkenau: 75 jaar ná die bevryding

Elsabé Brits Seminare en essays 2020-01-27

"Op 27 Januarie 2020 is dit 75 jaar nadat die reuse-konsentrasiekamp Auschwitz-Birkenau deur troepe van die Rooi Leër bevry is. ... Ons, en ons kinders en hulle kinders, moet juis hiervan weet."

Rooibos is lekker, maar dit is geen wondermiddel

Elsabé Brits Menings 2019-11-25

Rooibos is een van daardie plante wat in Suider-Afrika byna mitiese status verkry het. Dit help glo vir byna alles, maar hokaai eers, skryf Elsabé Brits.

Monument herdenk Kaapse rebelle

Elsabé Brits NeerlandiNet 2019-10-31

By Laborie in die Paarl het vroue in 1900 twee keer van regoor die Kaapkolonie vergader om teen die verwoesting van die Anglo-Boereoorlog beswaar te maak. Dit is ook hier waar een van die mooiste monumente wat die Kaapse rebelle herdenk, opgerig is, skryf Elsabé Brits.

Uit Afrika

Elsabé Brits Seminare en essays 2019-09-04

"Derduisende mense verlaat glo Suid-Afrika om hulle heil elders te gaan soek. Maar waar is ons tuiste regtig? Het ander mense voor ons nie ook maar presies dieselfde gedoen nie – aanhoudend migreer? En weer migreer. Is ’n plek soos Nederland, Duitsland of Frankryk jou tuiste as jy jou gene dalk nie eens meer heeltemal kan identifiseer nie?"

Vrouedag 2019: Waarom al die protes?

Elsabé Brits Seminare en essays 2019-08-08

“Net diegene wat die skoen dra, weet waar dit druk.” Dit was een van die leuses van die Stemreg vir Vroue-beweging, maar in werklikheid ’n onderbeklemtoning van wat vroue probeer oordra het oor hoe hulle lewe regeer is, skaars 100 jaar gelede, skryf Elsabé Brits op die vooraand van Vrouedag.

In memoriam: Deon (Gideon Jacobus) Knobel

Elsabé Brits In memoriam 2019-03-06

"Dankie liewe Deon, jy was een van die mooiste mense nóg in my lewe."

Top