Omikron: Durf ’n mens met op vakansie gaan?

  • 7

Prent: Pixabay

Die nuwe variant was te wagte. Entstofmandate vir toegang tot sekere openbare plekke sal deur die regering gesteun word. Dit sluit hospitale, kruidenierswinkels, sekere regeringsdienste, groot byeenkomste, reis, restaurante, werksplekke en kerke in.

Die stappe, wat dringend deur ’n taakspan bekyk sal word, is nodig om lewens te red en ook te keer dat die land weer ’n grendeltyd beleef.

.......

Gauteng het pas sy vierde COVID-19-golf betree en die res van die provinsies is kort op sy hakke. Die Desembervakansie lê voor die deur, en durf ’n mens nou op vakansie gaan?

........

Gauteng het pas sy vierde COVID-19-golf betree en die res van die provinsies is kort op sy hakke. Die Desembervakansie lê voor die deur, en durf ’n mens nou op vakansie gaan?

Talle aspekte van die nuwe variant, genaamd Omikron, is nog onseker, maar die grootste negatief is ons lae vaksinasiekoers. Net 34% van mense in Suid-Afrika is ten volle gevaksineer.

’n Virus is lewe op sy eenvoudigste, hoewel erg destruktief. Dit dra twee elemente: die bloudruk om DNS of RNS te reproduseer, en om proteïene te maak wat die virus in staat stel om selle binne te dring, oor te neem en te vermeerder.

Dit is eintlik baie eenvoudig: Hoe meer mense die virus opdoen, hoe groter is die kans dat daar nuwe variante sal ontstaan. Dit is hoe evolusie werk – daar vind lukrake mutasies plaas en van die mutasies sal tot voordeel vir die virus wees. Sodra so ’n voordelige mutasie plaasvind, sal dit behou word danksy natuurlike seleksie en siedaar, ’n nuwe variant.

........

Dit is eintlik baie eenvoudig: Hoe meer mense die virus opdoen, hoe groter is die kans dat daar nuwe variante sal ontstaan. Dit is hoe evolusie werk – daar vind lukrake mutasies plaas en van die mutasies sal tot voordeel vir die virus wees. Sodra so ’n voordelige mutasie plaasvind, sal dit behou word danksy natuurlike seleksie en siedaar, ’n nuwe variant.

........

Die gevolg is dat sommige variante al hoe makliker ’n mens se selle binnedring, en/of hulle maak makliker kopieë van hulself. Uiteindelik word die variant al hoe fikser. Kyk maar wat was die gevolg met Delta: Die variant is 50% meer aansteeklik en die virale lading is ’n duisend keer hoër as die oorspronklike virus s’n. Dit het die derde dodelike golf in die land gedryf.

Entstowwe verlaag jou kanse aansienlik om die virus aan ander oor te dra, hoewel dit nie oordrag 100% keer nie. Geen mediese ingreep is 100% effektief nie.

So hier is wat gebeur: Daar is ’n kompromis tussen oordraagbaarheid en hoe siek ’n mens word (virulensie), met die meeste mikro-organismes wat siekte veroorsaak. Dit is omdat ’n sekere virale lading nodig is om jou siek te maak.

.......

Omdat entstowwe nie 100% effektief is nie, sal daar ’n skuif wees in die kompromie en die virulensie sal hoër raak. Uiteindelik sal die virus mettertyd al hoe meer skadelik word vir diegene wat nié die entstof ontvang het nie.

........

Omdat entstowwe nie 100% effektief is nie, sal daar ’n skuif wees in die kompromie en die virulensie sal hoër raak. Uiteindelik sal die virus mettertyd al hoe meer skadelik word vir diegene wat nié die entstof ontvang het nie. Daarom is die enigste oplossing om die wetenskap en al sy bewyse oor COVID-19 van byna twee jaar te omarm en die entstof te ontvang.

Wat spesifiek met die Omikron-variant gebeur het, wat anders is as die vorige variante, is dat daar 30 veranderinge op die virus se stekelproteïene is. Dit is juis dié proteïene wat die virus gebruik om selle binne te dring. Die vorige variante het baie minder veranderings gehad.

Die kommer is dat die teenliggaampies wat vervaardig is ná natuurlike infeksie en/of vaksinasie nie meer die virus sal herken nie. Dit is altyd moontlik dat die T-selle, wat soos ’n geheue is, wel sal onthou en ’n mate van beskerming sal bied. Oor dié vrae is daar egter nog geen uitsluitsel nie. Dié data behoort binne ’n maand beskikbaar te wees.

Salim Abdool Karim, direkteur van die Centre for the AIDS Programme of Research in South Africa, het Maandag op ’n perskonferensie gesê almal is verstom oor hoe vinnig die syfers in Suid-Afrika klim. Maar hy wil dit baie duidelik stel dat dit te verwagte was, so ver terug as September, gebaseer op “wat ons geleer het oor die vorige drie golwe”.

Een van die veranderinge op die variant het betrekking op die manier waarop ’n spesifieke PCR-toets reageer.  Een van die gene in ’n spesifieke PCR-toets kan nie meer opgespoor word nie, hoewel al die ander toetse steeds effektief is, insluitende die res van die PCR-toetse.

Karim het bygevoeg dat Omikron verhoogde oordraagbaarheid sal hê en dat dit makliker aan selle sal heg. “Daar sal ook ’n gedeeltelike immuniteitsontsnapping wees”, wat beteken daar sal ’n impak op entstowwe wees, maar hoe groot is nie seker nie.

“Daar is ’n hele klomp mutasies wat ons nie weet wat dit beteken nie.”

.......

Dit lyk of die simptome nog dieselfde is, maar daar is nog nie betroubare inligting nie en meer monitering moet gedoen word. Karim het gesê dit is waarskynlik dat die beskerming van entstowwe teen die dood, hospitalisasie en ernstige siekte sterk sal bly, maar dit sal vier weke neem voordat daar antwoorde hierop gegee sal word.

........

Dit lyk of die simptome nog dieselfde is, maar daar is nog nie betroubare inligting nie en meer monitering moet gedoen word. Karim het gesê dit is waarskynlik dat die beskerming van entstowwe teen die dood, hospitalisasie en ernstige siekte sterk sal bly, maar dit sal vier weke neem voordat daar antwoorde hierop gegee sal word.

Om grense te sluit het geen voordeel nie, omdat Omikron reeds in vele lande is. “Die besluit is bloot diskriminerend.”

Die beste raad is vir vlugte en reis is:

  • Mense moet gevaksineerd wees.
  • Soek vir simptome voordat mense vlieg.
  • Jy moet ’n negatiewe PCR-toets hê voordat jy vlieg.
  • Dra ’n masker op die vlug
  • Doen weer ’n COVID-19-toets ná die vlug en volg mense op.

Daar kan verwag word dat Omikron meer oordraagbaar sal wees, en net mense wat entstowwe ontvang het, behoort binnenshuis toegelaat en by groot byeenkomste toegelaat te word, het Karim bygevoeg. Dit is deel van die strategie waarna die regering tans kyk. Entstofmandate in openbare plekke en die werksplek sal deur die regering gesteun word.

Soos Tulio de Oliveira van die KwaZulu-Natal Research Innovation and Sequencing Platform (KRISP) gesê het: Dit lyk nie of Omikron ’n “dogter van Delta of ’n kleinseun van Beta” is nie, maar ’n hele nuwe lyn.

.......

Vaksinering is ons enigste kans, en as jy dit nog nie gedoen het nie, laat jy jou eie gesondheid en dié van ander in die steek, veral indien jy beplan om te reis en vakansie te hou. Juis dan.

........

Vaksinering is ons enigste kans, en as jy dit nog nie gedoen het nie, laat jy jou eie gesondheid en dié van ander in die steek, veral indien jy beplan om te reis en vakansie te hou. Juis dan. Die kans op superverspreiding is nou groot, en oor byeenkomste sal elkeen nou mooi moet dink. Om nou te meng met mense wat nié gevaksineerd is nie, is moeilikheid soek.

Hoe gouer daar entstofmandate ingestel word, hoe beter vir almal en vir ons ekonomie. Anders sal ons altyd in sirkels rondmaal.

Lees ook:

COVID-19: Die jongste | The latest

COVID-19: Verdraaide feite wat so vinnig soos ’n virus versprei

Die Delta-variant en die effek op swanger vroue en op kinders

Die wit Afrikaner se hardkoppige dwarstrekkery en wantroue in ’n entstof

 

  • 7

Kommentaar

  • Antispekulasie

    Ek weet nie wat die skrywer se ondervinding en opleiding tov die viruspandemie en virologie is nie, maar die artikel is deurspek van spekulasie. Dis eintlik maar net 'n inenting-strategie-promosie. Enige redelike mens behoort by die tyd te weet dat dit sinvol en rasioneel is om die entstof te neem. Gelukkig neem die artikel nie, soos in 'n vorige een, weer 'n afbrekende houding in teenoor die wit Afrikaner nie. Die aanblaas van paranoïa soos hierdie is nou nie juis wat enigiemand meer nodig het nie.

  • Annora Eksteen

    Angswekkend - en mens kan glad nie verstaan dat daar nog so baie mense is wat nie die inentings gekry het nie.

  • Barend van der Merwe

    Baie mense. Die ding met "baie mense" is, hulle kry hulle inligting op whatsapp. En van oom Swannie van die slagpale, wat sy "navorsing" doen op YouTube. Want die media is mos gekaap deur die Nuwe Wêreldorde. Dit is hoekom nog net 34% gevaksineer is.

  • Annora Eksteen

    Entstofmandate moet werklik dringende aandag geniet nou regoor die aardbol - sodat Omikron hokgeslaan kan word.

    Ek stem saam dat vlugte met die nodige maatreëls soos genoem in bostaande artikel nie gekanselleer moes gewees het nie. Om grense te sluit is inderdaad diskriminerend en straf nou mense wat onskudlig is - en die brose ekonomie.

    Ek ken ook vir oom Swannie van die slagpale. Barend - ek het eergister verstom na al sy rotstories oor die virus staan en luister, toe net my kop geknik en verkas so vinnig as moontlik.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top