Die Delta-variant en die effek op swanger vroue en op kinders

  • 0

Prent: Pixabay.com

Die Delta-variant is steeds besig om wêreldwyd te versprei, veral onder mense wat nié ’n entstof ontvang het nie. Dít is hoogs problematies dink kenners, en veral vroue wat swanger is of beplan om swanger te word moet die entstof ontvang. En hoe raak die virus kinders?

........

Swanger vroue wat COVID-19 kry en in die hospitaal opgeneem word, het ’n groter kans om ernstig siek te word en dan meganiese ventilasie te benodig, vergeleke met vroue wat nie swanger is nie, sê Priya Soma-Pillay van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Verloskundiges en Ginekoloë.

.........

Swanger vroue wat COVID-19 kry en in die hospitaal opgeneem word, het ’n groter kans om ernstig siek te word en dan meganiese ventilasie te benodig, vergeleke met vroue wat nie swanger is nie, sê Priya Soma-Pillay van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Verloskundiges en Ginekoloë.

Sy sê een uit ses swanger vroue wat weens die virus in die hospitaal opgeneem moet word, sal ventilasie benodig en een uit elke 16 sterf. “Ons moedig alle vroue wat beplan om swanger te word ten sterkste aan om die entstof te kry.”

Indien jy swanger raak terwyl jy byvoorbeeld tussen twee Pfizer-dosisse is, is daar geen rede om die tweede dosis langer uit te stel nie, sê sy. Indien jy reeds swanger is, en dit wil ontvang, is die aanbeveling dat jy die eerste entstof as dit Pfizer is (of dan die enkeldosis van Johnson & Johnson) uitstel tot op 14 weke van die swangerskap. Geen van die entstowwe bevat ’n lewende virus nie.

Die enigste rede hiervoor is dat een van die newe-effekte koors kan wees ná jy die entstof gekry het. Ná 14 weke moedig ons alle vroue aan om die entstof te kry – daar is voordele vir beide die ma en die baba in. Daar is ’n oordrag van teenliggaampies na die baba deur die naelstring en met borsmelk, en die entstof is die enigste manier om die sterftesyfer weens COVID-19 van swanger vroue af te bring.

Die fisiologiese veranderinge in ’n vrou se liggaam gedurende die derde trimester maak haar kwesbaar en dit is in dié tyd dat swanger vroue aan COVID-19 sterf, onder meer omdat haar longkapasiteit verminder soos wat die uterus groter word.

Tydens swangerskap werk ’n vrou se longe reeds swaarder. Soos die uterus vergroot, druk dit teen die diafragma, wat druk op die longe plaas. Boonop word die suurstof tussen haar en die fetus gedeel. Die immuunstelsel van die ma verswak ook in dié tyd sodat die fetus beskerm kan word, en daarom is die ma meer vatbaar vir infeksie.

.........

Die immuunstelsel van die ma verswak ook in dié tyd sodat die fetus beskerm kan word, en daarom is die ma meer vatbaar vir infeksie.

..........

Die immuniteit wat ’n mens van ’n entstof kry, is aansienlik meer as die reaksie van ’n natuurlike infeksie. Selfs al het jy reeds COVID-19 gehad, is dit belangrik om steeds die entstof te kry. Dié aanbeveling is nie net gemaak deur die Nasionale Departement van Gesondheid nie, maar is ook internasionaal die standaard.

Swanger vroue se kanse om die virus op te doen, is nie meer as by ander mense nie, maar hulle risiko om ernstig siek is te word is veel groter. Daar is ook ’n groter kans dat die baba te vroeg gebore sal word.

Navorsing het intussen gewys dat die virus selde van ’n ma na die fetus oorgedra word. Dit is gesien in monsters wat geneem is van die plasenta, naelstring en bloed van ma’s en babas. Wat wel opgespoor is, is dat die virus soms die plasenta kan beskadig, wat nadeling is vir die fetus.

Suid-Afrika se Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) maak elke maand ’n verslag bekend oor die data van COVID-19-gevalle in kinders, dus almal onder 19 jaar.  Altesaam is 10,3% van die positiewe gevalle in die land kinders, van wie minstens 15 000 al sedert die begin van die pandemie in die hospitaal opgeneem is, met 500 sterftes.

.........

Suid-Afrika se Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) maak elke maand ’n verslag bekend oor die data van COVID-19-gevalle in kinders, dus almal onder 19 jaar.  Altesaam is 10,3% van die positiewe gevalle in die land kinders, van wie minstens 15 000 al sedert die begin van die pandemie in die hospitaal opgeneem is, met 500 sterftes.

..........

In die derde golf was die gevalle onder tieners en adolessente teen dieselfde koers as vir volwassenes: 14,3%. Dit blyk volgens die kenners dat ouderdom ’n groter rol begin speel.

Wat is van die ander redes? Dalk omdat daar meer toetsing in die derde golf is, en meer gevalle opgespoor is. Daar was ook uitbrekings op spesifieke plekke in skole. Of omdat meer volwasse mense entstowwe ontvang het, het jonger mense meer tot die infeksiesyfers bygedra.

’n Ander moontlikheid is dat die Delta-variant  dalk partydigheid vir jonger mense het, al word hulle steeds nie so siek nie. Dit is egter nog nie seker nie, en navorsing duur voort. Daar is nog talle vrae oor of kinders en jonger mense nou sieker word van die virus as ’n jaar gelede of nie.

Oorsee is daar al op plekke begin om kinders van 12 en ouer te immuniseer, maar Suid-Afrika het nog nie sulke planne nie. Die rede is dat kinders nie so ernstig siek word nie, maar dit kan later eerste oopgestel word vir kinders met komorbiditeite.

Maar kinders bly steeds vatbaar vir die virus, en die Delta-variant is aansienlik meer oordraagbaar. Marc Mendelson, hoof van Oordraagbare Siektes en MIV-geneeskunde van Groote Schuur-hospitaal en die Universiteit van Kaapstad, sê omdat die variant soveel meer oordraagbaar is, kry meer kinders dit.

........

Maar kinders bly steeds vatbaar vir die virus, en die Delta-variant is aansienlik meer oordraagbaar. Marc Mendelson, hoof van Oordraagbare Siektes en MIV-geneeskunde van Groote Schuur-hospitaal en die Universiteit van Kaapstad, sê omdat die variant soveel meer oordraagbaar is, kry meer kinders dit.

.........

Daar was egter ’n kommerwekkende aantal jonger pasiënte met erge asemnood wat in die hospitaal opgeneem is gedurende die derde golf. Dit kan wees omdat daar toe nog nie genoeg mense die entstof ontvang het om die infeksiekoers af te bring om almal te beskerm nie.

Die Delta-variant is twee keer meer oordraagbaar as die oorspronklike virus. Dit is weens belangrike mutasies op die stekelproteïene wat veroorsaak dat die virus makliker selle binnedring. Een so ’n mutasie, P681R, versnel die proses. Nog een, D950N, verander die struktuur van die stekelproteïene, met die gevolg dat sy vorm verander en makliker aan selle bind.

Die veranderinge beteken dat entstowwe nog meer belangrik is as voorheen, omdat hulle infeksies verlaag en erge siekte, hospitalisasie en die dood voorkom. Omdat die Delta-variant so aansteeklik is, kan meer mense dus die virus opdoen en versprei. Hoe meer infeksies, hoe groter is die kanse dat dit virus weer sal muteer.

Die virus waarmee die wêreld aan die begin te doen gekry het, is nie meer dieselfde nie. Die entstowwe se doel is ook glad nie om kudde-immuniteit te bewerkstellig nie, maar om teen ernstige siekte en die dood te beskerm.

Lees ook:

COVID-19: Verdraaide feite wat so vinnig soos ’n virus versprei

COVID-19: waarom die kinders nou ons aandag nodig het

Dodelike entstoffiksie: Wat is die waarheid?

Jou dokter kan van die rol geskrap word oor ivermektien

COVID-19: Die jongste | The latest

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top