COVID-19: waarom die kinders nou ons aandag nodig het

  • 2

Foto: Unsplash.com

Het ons in die afgelope 12 maande vergeet om te rou, te huil en na ons emosies om te sien? Of gaan ons seer ons stadig, soos ’n luislang, verstrengel?

..........

Die hele landskap – ons bestaan – het verander. 2021, 2022 en die jare wat kom, gaan ánders wees. Dit is reeds anders. Om te wag tot alles bloot “verby” is, is nie meer ’n opsie nie.

Dié is nie ’n toekomsvoorspelling nie. Daar het reeds genoeg gebeur die afgelope jaar en daar is geneig feite om te besef Covid-19 gaan nie gou verby wees nie. Dit gaan dalk nooit in ons leeftyd verdwyn nie, tensy jy jonk is.

Het ons in die afgelope 12 maande vergeet om te rou, te huil en na ons emosies om te sien? Of gaan ons seer ons stadig verstrengel soos ’n luislang?

’n Week voor Kersfees verlede jaar, laat in die aand, is die aankondiging gemaak wat die ganse speelveld verander het. Ek het met afgryse en uiteindelik ’n naar gevoel daarna geluister, en die datum sal ek ook nie vergeet nie, want dit was my verjaardag. Die ernstige akute respiratoriese sindroom-koronavirus-tipe-2 (Ears-CoV-2) het as mutasie ontstaan.

Ons het so baie infeksies gehad dat die virus moes aanpas om te oorleef. Dis evolusie in aksie reg voor ons oë. Die moontlikheid was in 2020 in my agterkop, maar ek het dit uitgestoot as “iets in die toekoms”. Iets wat oor ’n paar jaar dalk sal gebeur, want koronavirusse muteer nie só gou en maklik soos griepvirusse nie.

Dalk sal dit eers gebeur ná die meerderheid van ons ’n entstof ontvang het, en dan sal ons ’n mate van immuniteit hê – nie teen siek word nie, maar teen dít wat ons laat wegkruip van ander: ernstige siekte, hospitalisasie en veral die dood. Dit is wat ek naïef gedink of gehoop het.

Dit het gevoel of ’n weerligstraal ons uit die hemele geslaan het net nadat die eerste entstowwe beskikbaar geword het; die besef dat 2021 en die jare wat kom dalk net soos 2020 gaan wees wat soos ’n donkerte oor ’n mens kom.

Nog nooit in ons bestaan is daar gepoog om die meerderheid van volwasse mense in die ganse wêreld te immuniseer nie.

Die opbou van ’n kudde-immuniteit deur sogenaamde natuurlike infeksie is bloot ’n mirage in die woestyn. Eerstens is dit riskant, tweedens is dit ’n doodloopstraat wanneer daar variante is en derdens is die immuniteitsrespons net te min met ligte en matige siekte.

.........

Al hoop is ’n entstof wat ons beskerm teen ernstige siekte en die dood totdat daar nog ’n mutasie is. Wag vir die volgende versterkerdosis (booster). Vir nou is dit beslis die einde van die individu wat net sy eie trom wil slaan en super ingesteld op hom- of haarself wil wees – soos dié wat besluit hulle gaan nie entstowwe neem nie, al is dit reeds bewys dis veilig en effektief. Anders sal ons in sirkels gaan vir jare, om en om. Die belang van die gemeenskap is nou groter as ooit tevore.

Want selfs die individu is nie beskerm met ’n entstof nie, nooit 100% nie. Al ontvang jy dit, is jy steeds kwesbaar.

..........

Uiteindelik sal die virus endemies word, ja. Ons sal met dit leer saamleef. Maar dit gaan nie so gou wees soos wat ons gedink het nie. Dit gaan ’n hele paar jaar neem voordat dit by die lys van seisoenale respiratoriese siektes gevoeg sal word. In ’n wêreld waar die meeste ’n entstof ontvang het.

Ontkenning, waninligting en leuens sal steeds met ons wees; dit sal nie verdwyn nie. Dit is ingeboude beskermingsmeganismes.

Daar is mense wat meen die winkelsentrums, stres in die verkeer en baie mense oral, wat nou weg is, is wonderlik. Dalk. Persoonlik is ek nie een vir skares nie. Dit is egter nie tersaaklik vir die meerderheid van mense in ons land nie.

..........

Dit is lekker om jou kos by die huis afgelewer te kry wanneer jy in ’n gemaklike finansiële borrel sit – geïsoleerd van almal – met geld in die bank. Dit maak geen snars verskil aan die persoon wat steeds in die bus en taxi moet ry nie. Die een wat Shoprite of kliniek toe moet loop.

..........

Dit is lekker om jou kos by die huis afgelewer te kry wanneer jy in ’n gemaklike finansiële borrel sit – geïsoleerd van almal – met geld in die bank. Dit maak geen snars verskil aan die persoon wat steeds in die bus en taxi moet ry nie. Die een wat Shoprite of kliniek toe moet loop. Die een wat sy werk in die winkelsentrum kwyt is. Die toerismebedryf wat op sy knieë is. Die een wat nie van die huis af kan werk nie.

Jy kan seker nie die verlies ervaar van iets wat jy self nie verloor het nie. Hoe moet dit voel om in matriek te wees? Of om op universiteit te wees, met fisieke afstand? Om in ’n informele nedersetting jou kinders met skoolwerk te help, veral as jy nie kan staatmaak op die maaltyd wat hulle elke dag van die voedingskema af by die skool kry nie? In die jaarlikse Child Gauge wat twee weke gelede vrygestel is, het navorsers bevind die meeste arm vroue het verlede jaar net een maaltyd per dag geëet om hulle kinders teen honger te buffer, omdat hulle nie kos by die skool ontvang het nie. Maar ander mense juig oor dit “so lekker by die huis” is, sonder stres.

Foto: http://www.ci.uct.ac.za/sites/default/files/image_tool/images/367/Child_Gauge/What_were_the_previous_themes/ChildGauge10-001.jpg

...........

Die Child Gauge – wat jaarliks onder leiding van die Kinderinstituut aan die Universiteit van Kaapstad gedoen word – handel oor die toestand van kinders in ons land. Dié jaar het die inligting my swaarder getref as ooit tevore. Want ons kinders was in 2020 meer honger as voorheen. 30% leef ver onder die broodlyn met ’n per kapita inkomste van minder as R571 per maand.

Ek was depressief en moedeloos ná die perskonferensie. En ek het skuldig gevoel omdat ek kos het. Ook omdat ek besef vanjaar en volgende jaar gaan net so swaar wees.

Ja, die mens is veerkragtig, aanpasbaar en staan op uit situasies wat ondenkbaar is, soos voorheen. Ja, ons het vorige pandemies oorleef. Ons het egter vergeet wat die koste, die hartseer en die impak was. Hoe dit tog die wêreld vir daardie mense verander het. Daar is gate in die kollektiewe geheue van die mensdom ná een of twee generasies.

Tydens die Groot Griep van 1918–19 is 50 miljoen mense dood, waarvan 350 000 sterftes in Suid-Afrika was. Die redes hoekom soveel dood is, is baie en kompleks, onder meer weens onderliggende, onbehandelde tuberkulose en die feit dat geneeskunde hoegenaamd nie vergelyk kan word met wat dit vandag is nie. Die meeste mense wat dood is, was tussen 20 en 40 jaar oud, wat veroorsaak het dat baie broodwinners weg is.

........

Miljoene weeskinders is agtergelaat en die balans in die samelewing ná die oorlog was geheel en al versteur. Dit het die wêreld heeltemal verander. Mense het of wou egter nie daaroor praat nie; dit is dekades later eers weer bespreek en geanaliseer. Daar word na die weeskinders, ook die beraamde 500 000 kinders van Suid-Afrika, as die “verlore generasie” verwys.

............

Ek weet nie of die gebruik om iemand se hand te skud of ’n lekker druk te gee, of selfs op beide wange te soen, sal terugkeer nie. Ek weet wel ek mis dit om vriende ’n hartlike druk te gee. Om saam met ander te kuier.

Die gebruik om met die hand te groet is blykbaar derduisende jare oud – die oop regterhand wys jy dra nie ’n wapen nie, en dis ook ’n bewys van vertroue en vriendskap. Dit is diep gesetel in kultuur, uitgebeeld in kuns. Hoe lank sal ons nog letterlik terugdeins daarvan?

Die manier van mense ontmoet as jy enkellopend is, is totaal op sy kop gekeer, en ek kan my nie indink hoe dit nou moet wees om in jou 20’s te wees nie – jy kan nie eens iemand lekker vry nie.

Covid-19 sal dalk in ons bewussyn bly, soos sekuriteit by lughawens nooit weer verslap is ná 9/11 nie. (Jy mag nog steeds nie ’n koeldrank van buite af verby die sekuriteit vat nie, ook nie jou knipmes nie.) Of dit gaan vergeet word tot die volgende groot pandemie en dan afgestof en herkou word.

Wat ’n absurde, kontaklose, hartseer wêreld waarin ons nou leef.

So hoopvol of steeks of hartseer as wat ons mag wees, gaan ons nie terugkeer na 2019 nie. Hieroor mag ons maar treur. En ons sal aanpas, en oorleef, dalk sterf. Maar onuitwisbare spore is reeds en sal nog getrap word. Spore wat elkeen op sy eie manier óf sal onthou óf doelbewus sal onderdruk.

..........

Ons rou nie in isolasie nie, ons vier nie ons vreugdes in isolasie nie. ’n Mens moet op ’n manier in kontak bly met ander mense ter wille van jou sielkundige gesondheid. Dit wat aan ons bekend is en waarmee ons gemaklik is, is weg. Vir hoe lank?

Maar hoe en waar het ons plek gemaak vir ons emosies en ons seer? Want ons het seer.

Edith Eger, wat The choice geskryf het, stel dit so goed:

“When we grieve, it’s not just over what happend – we grieve for what didn't happen.”

En sy sê ook: “You can’t heal what you can’t feel.”

Voel ons, en erken ons dit?

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

    Top