Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Agterstories: Die silwerdraad
2026-08-25"Vir geslagte lank het Romeinse keisers die silwerinhoud van hul munte verminder. ... Tog het Romeinse kopers daarmee bly betaal en verkopers het dit bly aanvaar. Lank nadat die silwer feitlik uit die munt verdwyn het, het gewone mense steeds die munt se waarde vertrou. Waarom?"
Agterstories: Die ekonomie in jou DNS
2026-08-25"Skink vir jou ’n glas melk. Of jou liggaam dit kan hanteer en of jy oor ’n paar uur krul van die pyn, word grootliks bepaal deur ’n ekonomiese besluit wat jou voorouers sowat sesduisend jaar gelede geneem het."
Springmielies: Werk sag met ons, liewe leser
2026-08-24"Aangename kennis, liewe leser. Ek is ’n tweedehandse boek. Ek gaan nie my titel verklap nie; dit kon enige iets gewees het. Kom ons sê eerder dat ek instaan vir talle ander tweedehandse boeke; dat ek, as versamelnaam, namens ons boekspesie praat."
Op dees aarde: Die kinders van 2100 is reeds gebore
2026-08-24"Land- en seeoppervlaktemperature wat rekords oortref, hitte, droogte, brande en vloede is in Julie en vroeg Augustus aangeteken. Die klimaatskrisis is lank reeds al so ’n realiteit, dit kan nie meer kopskuddend ontken word nie. Maar daar is ’n boodskap vir elkeen van ons. Wie gaan die aarde van 2100 by ons erf?"
Springmielies: As Fata of Fortuna jou besoek
2026-07-29"Dit bring ons by versekeringseise en die 'daad van God'- / 'act of God'-klousule. Laasgenoemde verwys na ’n natuurlike gebeurtenis wat heeltemal buite menslike beheer is, onvoorspelbaar en onvoorkombaar. Voorbeelde hiervan is ’n storm, orkaan, tornado, hael, weerlig, vloed, aardbewing, tsunami, vulkaniese uitbarsting en so meer. Dit beteken niemand is nalatig nie – die natuur het dit veroorsaak. Volgens versekeringskontrakte was sekere van laasgenoemde ’n daad / dade van God en teoreties kan jy Hom seker (probeer) dagvaar."
Op dees aarde: mRNS-entstowwe is veilig – vir almal
2026-07-17"Deur middel van gedetailleerde analise van gepubliseerde data uit laboratoriumnavorsing, kliniese proewe en werklike toesig oor miljarde mRNS-entstofdosisse, het die outeurs die wetenskap agter mRNS-entstowwe en hul impak op openbare gesondheid beoordeel."
Agterstories: Schole en die sigblad
2026-06-30"Wat in dié spanning verlore kan raak, noem Thom schole: die Griekse stamwoord van scholarship, of akademieskap. Dit beteken vrye tyd, of vryheid van noodsaak – die tyd en ruimte wat ’n mens nodig het om te dink. ... In ’n tyd van masjiengegenereerde teks is dit dalk die waardevolste ding wat ’n universiteit kan leer: om ’n fragment te beoordeel, en die egte artikel van ’n namaaksel te onderskei."
Springmielies: ’n Reliek vir my verlore verhemelte
2026-06-18"Die vrou wat daar sit met ’n mond vol tande."
Op dees aarde: Bekende ysmummie lewer nog ’n verrassing op
2026-06-08"Die 5 300 jaar oue oorblyfsels van Ötzi die Ysman huisves beide antieke en moderne mikrobes, waarvan sommige metabolies aktief is ..."
Springmielies: Winkelkaskenades
2026-05-14"Inkopies doen in Suid-Afrika is veel meer as die koop van brood en melk. Dit is ’n sosiale ritueel, menigmaal ’n avontuur vol humor, frustrasie of vreugde. In die 1970’s en 1980’s was dit veral die klein, persoonlike winkels en kafees wat die hart van gemeenskappe gevorm het."
Op dees aarde: Jou brein "praat" onder narkose
2026-05-12"Die menslike brein is in staat tot gesofistikeerde taalverwerking terwyl dit in ’n bewustelose toestand is weens algemene narkose."
Agterstories: Die Grondwet: Maak dit saak hoe jy ’n land ontwerp?
2026-04-21"Met die Grondwet se 30ste verjaardag om die draai ontstaan ’n interessante vraag: Het die spesifieke argitektuur en ontwerp van ons land, naamlik proporsionele verteenwoordiging, ’n parlementêre uitvoerende gesag en ’n eenheidstaat, Suid-Afrika se ekonomiese trajek beïnvloed? Sou die land vinniger gegroei het, of minder aan die staat bestee het, as die Grondwetlike Vergadering ander keuses gemaak het?"
Springmielies: Die doodsrituele van diere
2026-04-21"Diere se begrafnisagtige rituele rondom die dood toon dat dit ’n natuurlike deel van komplekse sosiale lewe is. Dit verbind ons met die diereryk en beklemtoon dat treur en die ritueelagtige verwerking van verlies inderdaad ’n brug bou tussen spesies. Dié beskouings verander hoe ons na diere kyk – nie net as wesens wat op blote instink reageer nie, maar as wesens met emosies en bande wat ons eie rou weerspieël."
Op dees aarde: Die mens het al eeue lank ’n beste vriend, langer as wat ons gedink het
2026-04-15"Honde het ontwikkel uit hoogs sosiale voorouers en is gevorm deur duisende jare se interaksie met mense."
Agterstories: Suid-Afrika, televisie en Starlink
2026-03-27"Dit is heeltemal redelik om regulatoriese waarborge, plaaslike eienaarskap en databeskermingsmaatreëls te eis voordat Starlink gelisensieer word. Dit is heeltemal redelik om te vereis dat Musk se maatskappye volgens Suid-Afrikaanse reëls speel. Wat nie redelik is nie, is om hierdie bekommernisse as verskoning te gebruik om miljoene mense weg te hou van ’n tegnologie wat hul lewens kan verander, terwyl die alternatiewe steeds nie werk nie."
Springmielies: Waar is al die tuinkabouters heen?
2026-03-23"My kabouter kan dié twee potplante maar bewaak. Want kitsch of oudmodies, dit maak nie saak nie. Ek onthou daardie magiese tydjies wat ek my as kind met 'ander mense' se tuinkabouters kon verbeel – en dalk, net dalk, kan ek nog iets van daardie verwondering herroep."
Op dees aarde: Homo sapiens ontmoet Neanderdaller
2026-03-04"Vir meer as ’n dekade is dit bekend dat antieke lede van ons spesie, Homo sapiens, met ons evolusionêre neefs, die Neanderdallers, ontmoet en gepaar het. Maar hoe dit gebeur het, is pas deur die genetika ontrafel."
Wat sê Bettina: Is Begroting 2026 rede tot hoop?
2026-02-27"Die grootste verrassing van die begrotingsrede is egter dat meer belasting ingesamel is die afgelope jaar en geprojekteer word vir die komende jaar, met die gevolg dat die beplande R20 miljard belastingvermeerdering (beide persoonlik en besigheid) geskrap kon word."
Agterstories: Clans, korporasies en klone
2026-02-20"Clans, korporasies en klone is dus verskillende antwoorde op dieselfde probleem: hoe om samewerking te organiseer onder beperkings; en hoe om delegasie te plaas – binne verwantskapsnetwerke, binne reëlgebaseerde organisasies, of binne dupliseerbare agente wat volgens gedeelde protokolle werk. Die opkoms van KI-agente doen meer as om bestaande organisasies net vinniger te laat werk. Dit stel ’n nuwe organiserende logika bekend, gebou op gedelegeerde, skaalbare agentskap."
Springmielies: wat weduwees weet
2026-02-20"Een van die heel moeilikste weë om te bewandel, is om oornag ’n weduwee te word."
