Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Wat sê Bettina? Hoe werk groepsbetalings in restaurante nou eintlik?
2025-08-25"Hoekom moet persone wat spaarsamig eet, of dan ten minste asketies eet, die hedonisme van hul tafelmaat subsidieer? Hoekom is daar so ’n teenstand teen die idee dat elkeen betaal vir dit wat hulle verbruik het?"
Agterstories: Geldmasjien (JSE)
2025-08-25"Al is dit maklik om effe sinies te raak in die era van TikTok-beleggingswenke, bied die JSE se merkwaardige reis ’n rede tot optimisme."
Wat sê Bettina? Oor nasionale dialoog
2025-08-19"My eerste gedagte met die aankondiging van die Nasionale Dialoog was watter kader se beurt dit nóú was om snoet aan die trog te sit. Die tweede gedagte, baie lank na die eerste, was of dit hoegenaamd nodig is om ’n peperduur talkshop aan die gang te sit. Weet ons nie wat die probleme is nie? Weet ons nie selfs hoe om dit reg te stel as die politieke wil maar net daar kan wees nie?"
Skermgreep: Bring her back en Weapons – twee filmresensies
2025-08-19"Dis tyd dat regisseurs van grillers, wat deesdae lokettreffers is, besin. Ons moet ’n tree terugstaan en besluit wat is masochisties, gevaarlik en orgasties genotvol, en wanneer ’n bedrewe film soos 1980 se The shining jou nagmerries heerlik teister."
Dinkskrum: Vervroegde algemene verkiesing moet ontslae raak van ANC
2025-08-18"Dit lyk asof Duma wel reg is en dat die RNE gebou is op valse optimisme."
Springmielies: Tatoeëermerke as liminale merkers
2025-08-14"Baie mense wat tatoeëermerke aangebring het, bestempel dit as die oorgang na ’n belangrike lewensgebeurtenis. Nou die dag kom die gedagte by my op: In watter mate figureer tatoes as merkers van liminaliteit?"
Wat sê Bettina? Myburgh, Malaka en die Dior-sak met R60 000 kontant
2025-08-12"Hierdie is waarskynlik een van die grootste toetse waarvoor pres Ramaphosa te staan kom. Hier is nou bewyse op video van korrupsie. Wat gaan hy doen?"
Wat sê Bettina? Hongersnood in Gaza
2025-08-06"Die beelde van uitgeteerde kinders met opgeblase magies, vir so lank sinoniem met hongersnood in Afrika, is nou algemeen in Gaza. Dit terwyl hulp en kos slegs enkele kilometer weg beskikbaar is."
Wat sê Bettina? Wat gaan aan by Buitelandse Sake?
2025-07-30"Hoe veilig is Suid-Afrikaners wanneer hulle oorsee gaan, en hoe seker kan ons wees dat ons land se amptenare gaan help as ons in die sop beland? Die voorbeelde wat ek hierdie maand gesien het, boesem nie veel vertroue in nie."
Dinkskrum: Is die PA ’n dinamiese en modieuse politieke party? Repliek op Kelvin Knowles se artikel
2025-07-22"Verteenwoordiging is veral belangrik in ’n diverse land soos Suid-Afrika, maar meriete moet ook in gedagte gehou word, omdat die land kundige mense nodig het om ’n sukses daarvan te maak. Mense kan eenvoudig nie net op grond van ras, geslag en ouderdom aangestel word nie. Meriete moet ’n ononderhandelbare vereiste wees."
Wat sê Bettina? Kos of krag: die Eskom-dilemma
2025-07-21"Hulle sal daadwerklik moet plan maak om elektrisiteit meer bekostigbaar te maak, of daar gaan een of ander tyd weer geweld uitbreek. Mense is moeg daarvan om gemelk te word vir elke laaste sent wat hulle nie het nie."
Toorkombuis: ’n Kerrie-warm tuiskoms
2025-07-21"Wanneer my klante smiddae vyfuur hul kosbestellings kom afhaal, raak ek skaam vir die chaos in my klein kombuisie na die dag se kokery. Maar al waaroor hulle kan praat, is die wonderlike geure wat in my huisie hang. En op dié Sondagaand is dit, saam met die kerrie, die onthou wat warm om my hart kom lê."
Skermgreep: 28 years later – ’n filmresensie
2025-07-16"Dié reeks kon ad infinitum so aangekarring het terwyl mense heerlik aan bloed-en-springmielies 'gevreet' het, darem met meer sout op as wat die stomme slagoffers op die doek kon bied. Maar toe besluit Danny Boyle om 28 years later vanjaar uit te reik en uit ’n ander oogpunt te benader, met nuwe tegnologie."
Springmielies: Oor vreemde fobies en ander volksmites
2025-07-15"’n Kat, wat toevallig swart kan wees, beskik oor die kosmiese vermoë om jou lewe te ontwrig. Dit is magiese denke in sy suiwerste vorm – die (by)geloof dat ’n toevallige gebeurtenis ’n direkte invloed op jou lewenslot kan uitoefen – vergeet vir eers van die wetenskaplike beskouing van oorsaak en gevolg."
Wat sê Bettina? Is een tree vorentoe en twee treë terug ’n cha-cha, Uncle Cyril?
2025-07-15"Maa Uncle kon nie net ignore kap ie, iets moes gedoen wôre. Of ’n commission of enquiry die beste roep was, is ek ie soe seke van nie. ... Ek het gehoep vi something more decisive, soes toe Uncle daai DA-outjie weggejaag het, maar mens vat wat djy kry."
Wat sê Bettina? Zohran Mamdani se Suid-Afrikaanse verbintenis
2025-07-14"Die afgelope ruk sien ek gereeld trotse kommentaar oor hoedat Zohran Mamdani, die kandidaat vir New York se burgemeesterskap, in Suid-Afrika skoolgegaan het, met die onvermydelike implikasie dat sy tyd hier sy politieke denke moes beïnvloed het. Dalk het dit, wie weet? Maar as dit enige invloed gehad het, weet ek nie of dit die tipe is waaroor ons noodwendig hoef te koop te loop nie."
Wat sê Bettina? Verpligte diensplig en soldate se trauma
2025-07-10"Sou ons land anders wees as daar as deel van die WVK se verrigtinge ’n aanbeveling gemaak word dat almal wat in oorlog betrokke was, aan weermagkant en aan vryheidsvegterkant, vir verpligte gratis terapie moes gaan?"
Wat sê Bettina? Wanneer KI hallusineer
2025-07-03"As drie advokate, en ’n regsfirma wat senior genoeg is om drie advokate te kan bekostig (wat ook ’n skatryk kliënt impliseer), almal deur KI om die bos gelei kan word, aan watter gevare word ons gewone sterflinge nie blootgestel wanneer ons KI-inligting vir soetkoek opeet nie?"
Agterstories – Pak die renoster by die horing
2025-07-02"As ons die renoster én sy horing wil red, sal ons meer moet waag, meer eksperimenteer, gereguleerde wettige handel toets, en sintetiese alternatiewe ondersoek. En ons het dringend meer ekonome nodig wat hierdie vraagstukke deeglik bestudeer, elke moontlikheid toets, en saam met ekoloë, natuurbewaarders en veldwagters werk. Net dan – miskien – sal my kleinkinders – en joune – nog ’n renoster in die natuur sien. Met horing en al."
Op dees aarde: Nuldosiskinders
2025-07-01"’n Reuse studie wat onlangs deur die Global Burden of Disease Study Vaccine Coverage Collaborators gedoen en in The Lancet gepubliseer is, wys ‘n wêreldwye afname van 75% in die aantal kinders wat nog nooit 'n roetinekinderinenting ontvang het nie (ook bekend as nuldosiskinders), wat van 58,8 miljoen in 1980 tot 14,7 miljoen in 2019 voor die COVID-19-pandemie gedaal het."
