Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Oor hoop

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-07-08

"Ons demokrasie werk. Dit werk dalk nie soos ons wil hê dit moet werk nie, maar dit werk. Ons het godsdiensvryheid. Ons kan kerk of moskee of tempel toe gaan sonder om te vrees dat ons in hegtenis geneem gaan word of doodgemaak sal word. Ons het vryheid van spraak. Ek kan die regerende party, of die huidige regering van nasionale eenheid, of die president en sy ministers kritiseer sonder vrees dat ek gaan verdwyn of in hegtenis geneem gaan word en aangehou sal word sonder verhoor. So onlangs as dertig jaar gelede was dié vryheid nie die realiteit in ons land nie."

Die RNE kabinet is gevorm; wat nou?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-07-01

"Ek stel nie in politiek belang nie, maar as Gayton McKenzie my sou vra om op sy adviserende raad te dien, dan sou ek nie nee sê nie. Dit het tyd geword dat ons kuns en kultuur meer ernstig bejeën. Ons het met die pandemie gesien dat dít is wat ons staande gehou het."

Wat gebeur met die taal as Afrikaanse koerante sluit?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-06-27

"As Afrikaanssprekendes nie papierkoerante koop in die tipe hoeveelhede wat korporasies se natuurlike geldgierigheid aanwakker nie, dan kan ons niemand behalwe onsself blameer vir die ondergang van papierkoerante nie."

Mites oor die Afrikaner en Afrikaans

Elsabé Brits Rubrieke 2024-06-19

"Mites oor wit Afrikaners en hulle heldedade is legio – soos daar stories in elke kultuur is. Máár ... wat sê die geskiedenis oor dié mense en 'die Taal' in ’n land waar gelyksoortigheid nog nooit bestaan het nie? Óf daar is halwe waarhede aan beide kante, óf daar is feite waaroor daar geswyg word."

Watter Suid-Afrikaanse politici ondersteun ons vir Field?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-06-18

"Of dalk het Field nog nie by Suid-Afrika, of die suidelike deel van Afrika, of énige deel van Afrika, uitgekom nie juis omdat die oes so skraal is. Nie onder leiers nie, onder politieke leiers."

Treinboemel: skimme op skemer perronne

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2024-06-14

"In die verlede het die groot ontdekkers besit geneem van nuwe, onontginde terrein; die moderne ontdekkers verfilm verbode terrein. Toegerus met ’n selfiestok, GoPro, ’n klein hommel en ’n rugsak waarin daar ’n slaapsak, gasstofie en opslaantentjie, termiese klere, hangmat, kos en gebottelde water is, durf die treinboemelaar sy ontdekkingsreise aan."

Uncle Cyril se government van national unity: ’n huis met baie wonings?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-06-10

"Dit voel dan nou soe amperster of ek biesag is met ’n koebaaibrief. Selfs al survive Uncle die next paa dae met allie negotiations en goete, dan wiet ek it gannie wee dieselle wies ie."

Babelaas na die verkiesing

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-06-03

"Daar was geen wenners nie."

Verkiesing op ons voorstoep

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-05-27

"Hoekom fokus ek op GOOD terwyl hulle grootliks deur die hoofstroommedia ignoreer word? Dalk omdat ek sien hoedat hulle strategies werk op munisipale vlak, en aflei dat dit ook op provinsiale en nasionale vlak herhaal word."

Kan Saffers se oorsese stemme verkiesingsuitslae verander?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-05-20

"Ook in Den Haag en Lissabon was daar lang toue. En ook plakkate. 'Let’s save South Africa' was nogal gewild. Dit laat die vraag ontstaan. Waarvan moet Suid-Afrika volgens hierdie mense gered word? Of van wie?"

Oor ma’s en kinders

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-05-10

"Soms is Moedersdag ’n kompleks verweefde bondel emosies, met ’n bietjie liefde, ’n bietjie weersin, en hopelik baie vergifnis daarin."

Is verkiesings vry en oop as kieseropvoeding laag is?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-05-06

"Wat het gebeur dat kiesers wat teen hierdie tyd heelwat meer gesofistikeerd behoort te wees waar dit verkiesings aangaan, steeds nie verstaan wat hulle kiesregte is en wat verkiesings beteken nie?"

Mites, foppery en feite: Hoekom verwerp mense waarhede?

Elsabé Brits Rubrieke 2024-05-03

"Daar is waarlik ’n groot klomp mense wat onwrikbaar glo ons bly op ’n plat skyf met ’n potdeksel oor ons koppe. Dit nadat Giordano Bruno in 1600 op die brandstapel dood is omdat hy, soos Galileo – wat sy woorde moes sluk – gesê het die (ronde) aarde draai om die son. Maar dít is nie enigste verstommende liegstorie wat soos kakiebos kleef nie."

Die verskillende gesigte van Tom Ripley

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2024-05-03

"Die talle interpretasies van, en ’n moderne (her)besoek aan, Ripley in die gedaante van ’n neonoir minireeks hou verband met die geleidelike opbloei van die antiheld in die afgelope paar jaar se film- en televisieproduksies. Mens dink byvoorbeeld aan Breaking bad, The blacklist, of House of cards, waar die tradisionele (morele) held plek maak vir ’n donkerder argetipe in die gedaante van die antiheld."

Hoe vry is ons na 30 jaar se demokrasie?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-04-29

"Regte moet elke dag, elke jaar oor en oor bevestig word. Die oomblik as die burgery begin slaplê, is die oomblik wanneer regte stil-stil onder hul neuse uit verwyder word."

Is die literêre toekennings te wit?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-04-22

"Sou dit regverdig wees om ’n inskrywing te bekroon wat swakker is, bloot omdat die woordsmid swart is? Natuurlik nie, en ek glo ook nie die persone wat kritiek gelewer het, wil hierdie uitkoms hê nie."

’n Dreigende halsmisdaad

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2024-04-16

"Hond se kind se geblaf slaan juis ’n senuwee in my brein raak en ontplof teen my skedeldak dat ek wil huil van die sensoriese pyn. Ek moet skryf en het stilte nodig. Ek is obsessief-besitlik oor my stilte as ek konsentreer en dan is dit ál wat saak maak."

Wes-Kaapse storms: Swak beplanning of ware rampe?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-04-09

"As ’n balkon afgeruk word van ’n huis, of ’n dak geskep word asof dit ’n sneesdoekie is, wonder ek baie keer hoeveel daarvan die krag van die natuur is en hoeveel daarvan voor die deur van swak vakmanskap en goedkoop materiaal gelê kan word."

Die grootmense van môre

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-04-03

"Ek is grootgemaak met die radikale idee dat kinders die grootmense van môre is, dat vandag se volwassenes bloot die toesighouers van die aarde is vir môre se grootmense."

Kerrievis en hot cross buns

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-03-25

"Tradisioneel word dit dan Goeie Vrydag ná die kerkdiens geniet, saam met hot cross buns. Dis net hier waar dinge baie keer in ons familie verkeerd gaan."

Top