Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Wat sê Bettina? Oor Swart Vrydag-winskopies
2024-11-29"Soveel mense sê hulle veg vir Afrikaans, maar hoeveel ondersteun WAT se werk? Dalk is hierdie Swart Vrydag-aanbod, wat boonop nog tot in Desember strek, die ideale geleentheid om geld aan iets blywend te bestee."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Breyten; vir Breyten
2024-11-28"Vir sy poging om ons uit die tronk van onbewustheid te bevry, is Breyten tronk toe gestuur."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: ’n onderhoud met Pierre-Marie Finkelstein
2024-11-22"Hoe verklaar ’n mens liefde? Om ’n boek te lees – en te vertaal – beskou ek as ’n ontmoeting. ’n Ontmoeting met iemand anders se wêreld, verbeelding ens. Jy moet ’n aanrakingspunt vind met die teks."
Wat sê Bettina? Israel en die Internasionale Strafhof
2024-11-22"Maar wat is die realiteit? Die aanvalle en die moorde in Gaza gaan nie ophou nie. Die lasbriewe is ten beste ’n simboliese veroordeling van Netanyahu se optrede."
Springmielies: Die intieme kameraderie tussen vreemdelinge
2024-11-21"Tussen vreemdelinge bestaan daar ’n gevoel van vryheid, omdat hulle nie mekaar se verledes ken nie."
Wat sê Bettina? Empatie en die kerk
2024-11-19"Punt is, wanneer daar ’n krisis in die Anglikaanse gemeenskap is, word daar na Canterbury gekyk vir leiding. Maar wat gebeur as Canterbury deel van die krisis is, soos wat hierdie week gebeur het?"
Skermgreep: Conclave – ’n filmresensie
2024-11-15"Al sien jy net een rolprent vanjaar, beleef die geslote vergadering van Conclave wat die toekoms van die Katolieke Kerk kan besmet of verander of ’n revolusie teweeg gaan bring. Moenie wag dat dit later gestroom kan word nie. Hierdie stiltes moet in ’n teater beleef word."
Agterstories: ’n Ekonomiese teorie oor Afrikaans
2024-11-14"Vir baie van ons is Afrikaans dalk die taal van ons hart, maar die realiteit is, om dit te behou vir ons kinders se kinders wat wag, gaan dit ook die taal van ons spaarvarkie moet word. Bela is maar net die begin."
Op dees aarde: Rotskuns van die San – uitbeelding wys ’n oerdier
2024-11-14"Die terapsiede en hulle nasate wat die groot uitwissings oorleef het en tot ons gelei het, se fossiele lê in die Karoo. In daardie oerbegraafplaas van die landskap."
Dinkskrum: Notas ter herinnering aan Jakes Gerwel, die Karooseun van die plaas Malvern
2024-11-13"Gerwel se deurlopende tema in sy rubrieke was hoe ons die openbare gesprek met en oor mekaar voer. Hy het altyd in sy rubrieke beklemtoon: 'Die wyse waarop ons van en met mekaar praat, is tekenend van en vormend vir die patrone van saamleef in hierdie veranderende samelewing wat homself in soveel opsigte nog moet vind en definieer.'"
Cliff-hanger: Kinderlê deur Lynthia Julius, ’n resensie
2024-11-12"Sou Lynthia tydens die 1692-Salem-heksejaag as ’n heks aangekla gewees het? Ja, het ek besluit, al sien ek haar as ’n Namakwalandse blomnimf."
Toorkombuis: Goud-in-die-mond – roomys vir die feestyd-blues
2024-11-12"Wees gewaarsku: Dis verslawend. Dis die soort roomys waarvan jy selfs diep in die winter bly droom."
Wat sê Bettina? Die Kolisi-egskeiding: Roem is die derde party
2024-10-28"Watter jongmense kan onder die gewig van verwagtinge leef dat hulle eiehandig ’n land se geskiedenis moet verander?"
Heil die Leser! Die omstrede Vance – en sy boeiende memoires
2024-10-24"’n Elegie is ’n treursang oor ’n gestorwe persoon. Hiér is die persoon die jonger JD Vance wat sy lewe as hillbilly agtergelaat het [...] Die memoires is ’n dringende en ontstellende besinning oor die verlies van die 'American dream' vir ’n groot segment van die VSA."
Wat sê Bettina? Dertien dae voor Amerikaners moet kies
2024-10-23"Solank daar ’n wit man in beheer is, is hulle gelukkig."
Op dees aarde: Oorlogstrauma en die radikale Afrikaner-psige
2024-10-18"Betreklik min mans het aan die Rebellie deelgeneem, maar daar kan moontlik gesê word dat ná Fourie se teregstelling daar nie keer aan die 'steun' was nie. Dit was ’n pynlike en 'onregverdige' dood wat die slagofferskap en onverwerkte trauma van die Anglo-Boereoorlog verder versterk het."
Springmielies: Hillbilly-hemel
2024-10-18"Deur die uitbreiding van Trump se aanlyn winkels het hy sy politieke handelsmerk gekommersialiseer in ’n poging om sy ondersteuners te mobiliseer en om só ’n gevoel van kollektiewe identiteit te skep. Donald Trump – die handelsmerk – het die grense tussen tradisionele politiek en verbruikerswese laat vervaag."
Agterstories: Waarom is jou baas nie snaaks nie? Die ekonomie van humor in die werksplek
2024-10-17"Is daar ’n wenresep vir ’n goeie grappie?"
Dinkskrum: Is die eenheid in die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) op valse optimisme gebou?
2024-10-17"Die eerste 100 dae is gewoonlik enige administrasie se maatstaf van wat die beleidsplatform en praktiese rigting van so ’n regering tydens sy ampstermyn sal wees."
Wat sê Bettina? Elon Musk en die aanmars van die robotbevolking
2024-10-15"Optimus is nie in staat tot empatie nie – selfs Musk gaan nie so ver om dit te beweer nie. Hoe gesond kan ’n vriendskap wees wat nie op empatie gebaseer is nie?"
