Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Vellies is net vellies – of is dit?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-07-27

"Ontwerpers kan bitter selde al hul landsburgers gelukkig hou wanneer dit kom by die uitrustings wat deelnemers aan die Olimpiese Spele by die openingseremonie dra."

’n Kultus van positiewe denke

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-07-22

"Van die vroegste tye af het die mens ’n begeerte om te toor: Ek stel dit nou in plein Afrikaans. Want die mens is uitgelewer aan sy eksistensiële (nood-)lot, en daarom is dit nie vreemd dat van die oudste gelowe, bv Wicca, die indruk skep dat die mens deur persoonlike en magiese intervensie die uitkomste van sy lot kan verander nie."

Die jaar toe ek elke aand soesji geëet het

Deborah Steinmair Rubrieke 2021-07-21

"Op ’n dag besluit ek: tot hier toe en nie verder nie."

Vergeet maar van gun reform, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-07-21

"Toe die poelieste kans het om te baklei teen mense wat terugbaklei, toe is hulle nêrens te sien nie, en die gewone ou op die straat moet maar self sien en kom klaar."

Het dit nie tyd geword dat ons inentings verplig nie?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-07-09

"Inentings werk."

Zuma gaan glo op die stokkies lê, maar het geregtigheid geseëvier?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-07-01

"Die vraag vir my is baie eenvoudiger: Was hy vir die regte oortreding tronk toe gestuur? Zuma het oor die jare soveel misdade gepleeg dat dit soos ’n antiklimaks voel dat hy vir minagting van die hof tronk toe te gaan."

#FreeBritney tel spoed op

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-06-25

"Die vraag is net: As Britney Spears, iemand in die openbare oog, geen beskerming teen die stelsel het nie, watter hoop het enigiemand anders?"

"Gee jou hart vir Alicedale"

Jason Lloyd Rubrieke 2021-06-15

"Dit is belangrik dat dié vrae beantwoord word, want tienerswangerskap vererger armoede. Gegewe die noodkrete vir armoedeverligting vir die Alicedale-gemeenskap tydens die vergadering, besef ek weer eens dat die uitwissing van armoede ’n reusetaak is."

Catch me if you can: binne die psige van die triekster

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-06-14

"Mens wonder of hy onder normale, of eerder wettige, omstandighede dieselfde loopbaankeuses sou volg, dieselfde suksesse sou behaal? Of is die con self die middel tot die doel? Die lewe is ’n speeltoneel, inderdaad."

Dertig jaar in limerence – Elthea

Deborah Steinmair Rubrieke 2021-06-11

"Ek was ongeveer 30 jaar in die wentelbaan van ’n hopelose liefde. Ek het lank geglo my aandagspan is maar net kort, want my verhoudings het, soos selfoonkontrakte, nooit langer as twee jaar geduur nie. Maar die waarheid was dat my hart aan een vrou behoort het."

Inentingsapartheid en die EVDS

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-06-09

"Daar word soveel gepraat van inentingsongelykhede, met die klem op die verskil tussen Westerse lande en ontwikkelende lande. Dit vertel nie die helfte van die verhaal nie. Ongelykhede is ook binne ons eie land aanwesig, selfs voor die entstof beskikbaar is. Dis alreeds met die registrasieproses sigbaar."

Gemeenskapsdiens ook tussen verkiesings is noodsaaklik

Jason Lloyd Rubrieke 2021-06-02

"Die derde vlak van regering in Suid-Afrika, plaaslike regering, word allerweë beskou as die belangrikste vlak van regering, of liewer diensleweringsvlak, omdat dit die naaste aan die mense of gemeenskap(pe) is."

Israel: wanneer slagofferskap bewapen word

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-05-26

"Hoekom onderdruk groepe wat self onderdrukking ervaar het, ander? Jode onderdruk Palestyne. Gaygroepe verwerp biseksuele en transgenderpersone. Afrikaners, wat self onderdrukking deur die Britte ervaar het, draai om en doen presies dieselfde met bruin en swart mense."

Israel en Palestina: Draadsit raak nou ’n luukse

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-05-18

"Die tyd toe ons kon agteroorsit en die konflik in die Wesbank afmaak as godsdienstige geskille, of ’n probleem van die Midde-Ooste wat niks met ons te doen het, is verby. Die tyd toe ons kon oë toemaak is verby."

Van monarge en monumente gepraat

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-05-17

"Megxit is ’n gelaaide nuutskepping: Dit verwys na Prins Harry, Hertog van Sussex, en sy vrou, Meghan Markle, wat op 8 Januarie 2020 op Instagram aangekondig het dat hulle gaan uittree as senior koninklikes en finansieel onafhanklik gaan word."

Met rooi skoene anderkant die reënboog

Deborah Steinmair Rubrieke 2021-05-14

"Kobus het op laerskool opgemerk dat vir iemand wat haar nie steur aan klere nie, ek darem baie verknog was aan my rooi kerkskoene. ’n Mens het maar net een paar kerkskoene gehad, maar dit was waar. In daardie skoene het ek soos Dorothy in The Wizard of Oz gevoel. Hy weer het esse gegooi op sy swierige pers Chopper-fiets. Ek dink nie ons het toe al vermoed dat ons op die reënboogspektrum is nie."

Oos, wes, tuis bes – maar wat as jy huisloos is?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-05-10

"Huis is onder die beste omstandighede ’n gelaaide woord. Elkeen van ons het herinneringe van ’n plek waar ons veilig en geborge voel, gewoonlik omring deur familie en vriende. Maar huis is baie keer juis die plek wat vir baie mense die setel van hul grootste gevaar is; die plek waar hulle misbruik, verneder en van waardigheid ontneem is."

Skoon wasgoed: Die invloed van lunch op letterkunde

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2021-04-29

"As jy storiemense wil onthaal, moet jy kan stories vertel. Jy moet ’n tafel kan kommandeer soos ’n skeepskaptein sy vaartuig. Jy moet kan konsert hou voor ’n ingeligte en kritiese gehoor vir wie die ervaring onvergeetlik is."

Uncle Cyril, Zondo en ons

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-04-29

"Dis ’n skande. Dis ’n klad op die ANC se naam. Dis ook ’n klad op elke landsburger se naam, want ons laat dit toe."

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand …

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-04-20

"In tandem met die #Instagramvsreality-beweging het die idee van body positivity gegroei. Alle mense verdien erkenning vir ’n positiewe liggaamsbeeld, ongeag die samelewingstandaarde wat die ideale vorm, grootte of gelaatstrekke dikteer."

Top