Mornings Uncle Cyril
Dit voel dan nou soe amperster of ek biesag is met ’n koebaaibrief. Selfs al survive Uncle die next paa dae met allie negotiations en goete, dan wiet ek it gannie wee dieselle wies ie. Miskien is dinge bietere, maa ek wiet oek dinge dan kan van bad to worse gan. As Julius sy sin kry, dan sallit van bad tot somme baie worse gan. Maa hulle sê mos elkere dag het ganoeg van sy eie kwaad, ôs hoef ie môre se kwaad vi vedag te loep borrow ie. Soe, ek het gedink ek wil vi Uncle skrywe oorie government van national unity. Ammel wat ek nog sien skrywe het daa’oo, praat van Madiba se government van national unity. Hulle try sê Uncle was daa oek involved, en kyk hoe kwai het dinge uitgedrai.
Maa daa’s ’n paa major differences. Daa issie nou ’n Roelf Meyer ie, en ie Cyril van daai tyd het oek al ’n paar knocks weg vannie liewe. Ek dink soms dat dit bietere virrie land sal wies as Uncle nog ’n tydjie lank sam ôs sal uithou, maa ek weetie of it vi Uncle bietere sal wies ie. Uncle lyk altyd soe moeg. ’n Vitamin Bco B12-inspyting wêk altyd vi my, maa ek hettie vi Julius en Zuma en mense in my eie circle wat my innie rug wil stiek ie. Soe dalk het Uncle ’n paa van aai vitamin drips norag.
Anyway, oorie government van national unity. Op varsity het ek eeste in ie enagste koshuis vi bryn en swat mense gebly. Ôs was van alles deumekaa: bryn en swat en Indian, mans en vroue, en allie tale. Soe ôs moes maa lee adapt, wan daa issie ’n anne number gewies ie.
........
Nou Uncle, daa hettie rainbow nation geflourish nog diep innie apartheidtyd. Maa dit wassie sonne sy moments ie.
........
En toe gan bly ek innie Priory. Daai tyd wassit ie ienagste plek innie dôp wattie segregated gewies hettie, wan die Catholics het ’n exemption op kêkgrond gehad. Om daa in te kom, moes djy ge-interview word. Maa daa was net een interview question: Mens moet drie vannie tien gebooie kan opsê. Nou Uncle, daa hettie rainbow nation geflourish nog diep innie apartheidtyd. Maa dit wassie sonne sy moments ie. Soes ie nag wat ek wakke wô vannie geskrie wat my hare lat regop staah het. Toe ek uit my kame ytkom, toe is daa vannie anne wat oek kô kyk wat angan. Ek wiet nou nog ie wat ek gesien hettie. Een van ie ouens het innie visdammetjie innie quad gesit, biesag om who knows what te doen. Nie een van ôs wou nadere gan om mooi te sien ie. Ek wietie of it ’n satanistic ritual was of wat ie. Maar ôs het niks gesê nie. Ammel het net agtena ekstra wye draaie om daai ou geloep. En elkeen het gesôg dat hulle in hul eie plekkie bly.
........
En maybe issit soe elke nou en dan norag om net ’n wye draai om mekaa te loep. Is al way wat daai unity gan survive. Is soes ’n hys met baie wonings. “Let there be spaces in your togetherness,” het Gibran mos hoeka gesê.
........
Nou vi wat vetel ek dit vi Uncle? Wan ek dink mettie government van national unity sal dit oek ma gan soes met ôs innie Priory. Dis die barest minimum wat norag is om in te kom, en as ammel nou ees in is, moet djulle lee om mekaa se snaakse goete te tolerate. En om alles bymekaa te hou is it miskien petykee norag om weg te kyk en dinge wattie soe lekke met djou constituents sit ie, toe te laat. En maybe issit soe elke nou en dan norag om net ’n wye draai om mekaa te loep. Is al way wat daai unity gan survive. Is soes ’n hys met baie wonings. “Let there be spaces in your togetherness,” het Gibran mos hoeka gesê.
Maa as een van djulle beginne grootkop kry en lyf rondgooi en vegiet djulle is ammel innie selle boat, dan kan ôs maai daai unity koebaai soen.
Stêkte, Uncle, ek hoep hulle vote ie vi djou yt ie.
Lees ook: