Wat sê Bettina: Is Begroting 2026 rede tot hoop?
2026-02-27"Die grootste verrassing van die begrotingsrede is egter dat meer belasting ingesamel is die afgelope jaar en geprojekteer word vir die komende jaar, met die gevolg dat die beplande R20 miljard belastingvermeerdering (beide persoonlik en besigheid) geskrap kon word."
Staatsriede 2026
2026-02-16"Ek het nogals gedink ôs moet vi Trump ’n briefie skryf om dankie te sê. Van hy djou try ambush het innie Whitehouse, issit ampe of djy nuwe vuu gekry het."
Wat sê Bettina? Droogtes en oorstromings: twee kante van dieselfde munt
2026-02-10"Ons kan nie rampe keer nie, maar ons kan verseker dat die skade agterna beperk word."
Wat sê Bettina? Teleurstellende uitspraak in Mbenenge-tribunaal
2026-02-05"Hoe kan enige slagoffer van seksuele geweld nou verwag dat die regter haar gaan glo? Daar is alreeds ’n probleem dat seksuele geweld onderraporteer word. Met die regters se onderrokke wat nou so uithang, bestaan die gevaar dat hierdie tendens gaan vererger."
Wat sê Bettina? Hoekom is Sport, Kuns en Kultuur so ’n kopseer onder Gayton McKenzie?
2026-01-30"Die meeste lesers behoort teen hierdie tyd bewus te wees van die kansellasie van Gabrielle Goliath se installasie, Elegy, aan die Venice Biennale. Elegy sou Suid-Afrika se inskrywing wees, nadat dit eenparig verkies is deur Art Periodic, ’n organisasie aangewys deur die departement om die keurproses te hanteer."
Wat sê Bettina? Trump teen die EU – is Groenland se kool die sous werd?
2026-01-21"Groenland is nominaal onder Deense beheer, alhoewel hulle onafhanklik is en selfbeskikking toepas. Enige aanval teen Groenland moet outomaties ook as ’n aanval teen Denemarke gesien word. Denemarke is een van Amerika se grootste bondgenote en het met elke oorlog sedert die Tweede Wêreldoorlog sy aan sy met Amerika geveg."
Wat sê Bettina? Watersekuriteit in 2026
2026-01-12"In 2018 kon Dag Zero vermy word, omdat daar grootskaalse inkoop in waterdissipline was. Ons sal vanjaar dieselfde moet doen as ons hoop om strenger waterbeperkings, of nog erger, leë krane te vermy."
Wat sê Bettina? Trump as Venezuela se bevryder?
2026-01-05"Indien daar nie baie binnekort op beslissende wyse opgetree word teen Amerikaanse ingrepe in Venezuela nie, kan ons ons gereedmaak vir ’n nuwe era van imperialistiese ingrepe in verskeie wêrelddele."
Wat sê Bettina? Hoe beïnvloed Steenhuisen se persoonlike finansies die DA?
2025-11-24"Daar is geen bewyse dat Steenhuisen korrupsie gepleeg het nie, maar die bestuur van sy persoonlike finansies laat vraagtekens ontstaan oor sy bestuur van die party."
Wat sê Bettina? Die stand van sake in Wes-Kaapse staatshospitale
2025-11-19"Die oorweldigende indruk waarmee ek wegstap van die hospitale? As die Nasionale Gesondheidsorg-wetgewing nie werk nie, kan die skuld nie aan die deur van personeel op voetsoolvlak gelê word nie. Hulle werk hard."
Wat sê Bettina? Nathi Mthethwa: selfdood, of dalk iets meer sinisters?
2025-10-01"Hoekom sou Mthethwa gespring het?"
Wat sê Bettina? Die probleem met nasionale gesondheidversekering
2025-09-29"Hoeveel mense word weggestuur vanaf staatshospitale, klinieke en daghospitale omdat die toetse wat hulle moet kry, as onnodig beskou word, of as te duur? Watter prys word daar op ons mense se gesondheid geplaas?"
Wat sê Bettina? Regse op regse geweld in Charlie Kirk se sluipmoord
2025-09-16"Daar is geen leierskap in die konserwatiewe gemeenskap wat geweld beslissend veroordeel en wat die steun van die grootste aantal konserwatiewes wegdra nie."
Wat sê Bettina? Is korrupsie-ontbloting doodsake?
2025-09-11"Op Vrydag 5 September, is die likwidasieprokureur Bouwer van Niekerk helder oordag in sy kantoor doodgeskiet. Daily Maverick en Moneyweb berig dat Van Niekerk ten tye van sy dood in die proses was om die likwidasie van NTC Global Trade te hanteer."
Wat sê Bettina? Malema kom sy haatspraak-moses teë
2025-09-09"Toekomstige verkiesings sal dit bewys, maar Malema en die EFF waaraan hy nou bou, is net vir gewelddadige randfigure aantreklik."

