Wat sê Bettina? Beurtkrag of strafkrag?
2025-02-03"Is dit blote toeval dat ons die eerste beurtkrag in tien maande ervaar het die dag nadat Nersa Eskom ’n bloedneus gegee het in hul aansoek om ’n tariefverhoging?"
Wat sê Bettina? Die "sonde" van empatie
2025-01-30"Saam met empatie is daar die konsep van genade. Wanneer Mariann Budde dus vir Donald Trump vra om genade te hê met die vlugtelinge, met die gays, met die trans mense, is haar versoek en haar gebed heeltemal belyn met die beginsels van die Christelike geloof wat sy aanhang."
Wat sê Bettina? Trump 2.0 in volle swang
2025-01-22"Alle aanduidings is in elk geval dat Trump 2.0 meer kragdadig gaan optree as voorheen, minder respek vir die reg gaan hê, meer onverdraagsaamheid gaan aanmoedig en al verder regs gaan skuif."
Wat sê Bettina? Skietstilstand in Gaza
2025-01-20"Die groot vraag, vir my in elk geval, is hoekom Israel gehoor sal gee aan die verdere details van die skietstilstand die oomblik dat hulle al die gyselaars terug het?"
Die hele storie: ’n memoir deur Karin Kortje en Lester Walbrugh – ’n resensie
2025-01-16"Sy skryf oor die moord. Ek hoef nie eens in detail te gaan nie. Enigeen wat Karin Kortje se verhaal ken, weet van die moord. Die hele storie is ’n aangrypende verhaal, met al die elemente van ’n Hollywood-sprokie."
Is brandweerpersoneel vir 2025 wat verpleegpersoneel vir 2020 was?
2025-01-10"Beeldmateriaal van die buite-beheer-brande wat hele woonbuurte in Los Angeles in puin laat, speel die afgelope paar dae voortdurend op televisie en op sosiale media af."
Wat sê Bettina? Vroueregte in 2025
2025-01-09"Vir die eerste keer in dekades wil dit voorkom asof vroue nou minder regsbeskerming het en blootgestel word aan meer gevare as geslagte vroue voor hulle. ’n Jong vrou in 2025 het minder regte as wat haar ouma in die 1950’s gehad het."
Wat sê Bettina? Nobs Mkhize en swart op swart rassisme
2025-01-06"Swart op swart rassisme kom nie van vandag aan nie. Xenofobie ruk kort-kort handuit, soms met steun van politici. Mikroaggressie tussen bruin en swart kom gereeld voor, maar dit word geïgnoreer."
Wat sê Bettina? Kersfees in ’n oorlogsone
2024-12-13"Kersfees is deesdae ’n dag verwyder van die godsdienstige konteks, maar steeds verbonde aan die medemenslik-empatiese konteks, die idee van 'peace on earth and goodwill to all men'. Maar deesdae is daar al minder vrede en al minder goedgesindheid teenoor mekaar."
Wat sê Bettina? Die lesse te leer uit Suid-Korea hierdie week
2024-12-05"Protes deur gewone burgers, en politieke ingeligtheid en betrokkenheid deur gewone burgers, is absoluut belangrik om seker te maak demokrasie word nie ondermyn nie."
Wat sê Bettina? Oor Swart Vrydag-winskopies
2024-11-29"Soveel mense sê hulle veg vir Afrikaans, maar hoeveel ondersteun WAT se werk? Dalk is hierdie Swart Vrydag-aanbod, wat boonop nog tot in Desember strek, die ideale geleentheid om geld aan iets blywend te bestee."
Wat sê Bettina? Israel en die Internasionale Strafhof
2024-11-22"Maar wat is die realiteit? Die aanvalle en die moorde in Gaza gaan nie ophou nie. Die lasbriewe is ten beste ’n simboliese veroordeling van Netanyahu se optrede."
Wat sê Bettina? Empatie en die kerk
2024-11-19"Punt is, wanneer daar ’n krisis in die Anglikaanse gemeenskap is, word daar na Canterbury gekyk vir leiding. Maar wat gebeur as Canterbury deel van die krisis is, soos wat hierdie week gebeur het?"
Witness to power deur Mathews Phosa: ’n resensie
2024-11-12"Hier het ons die geleentheid om ’n kykie in die binnewerke van die man agter die naam te kry, in sy eie woorde en uit sy eie perspektief. Maar terselfdertyd trek hy ook op besonderse wyse die gordyn weg sodat ons kan sien hoe die organisasie waaraan hy sy lewe gewy het, werk."
Wat sê Bettina? Die Kolisi-egskeiding: Roem is die derde party
2024-10-28"Watter jongmense kan onder die gewig van verwagtinge leef dat hulle eiehandig ’n land se geskiedenis moet verander?"

