Bettina Wyngaard

Bettina Wyngaard is ’n Overbergse skrywer, dromer en aktivis. Haar debuutroman, Troos vir die gebrokenes, word in 2010 met die Jan Rabie Rapport-prys bekroon. Verskeie ander boeke het reeds verskyn.

Wat sê Bettina? Die Israel-Iran-konflik: is ons een tree nader aan die Derde Wêreldoorlog?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-10-03

"En waar laat dit Suid-Afrika? Iran is sedert Januarie vanjaar lid van Brics. Hulle het reeds regsaksie teen Israel ingestel. Is daar oorlog, gaan ons dus aan Iran se kant veg."

Wat sê Bettina? Oor erfenis

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-09-23

"Ons verstaan dat ons ambassadeurs nie net van ons gesin is nie, maar van ons hele gemeenskap."

Wat sê Bettina? – Wat beteken die tweede Trump-sluipmoordpoging vir sy verkiesingsveldtog?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-09-16

"Die eerste aanval het Trump se veldtog aansienlik versterk, in beide entoesiasme en finansiële bydraes. Sedertdien het hy verskeie terugslae gehad. Eers het Biden onttrek as die Demokratiese kandidaat, en daarmee saam Trump se hele strategie, om homself as die meer energieke kandidaat te posisioneer, laat inmekaar tuimel."

The book of elsewhere deur Keanu Reeves en China Miéville: ’n resensie

Bettina Wyngaard Resensies 2024-09-11

"Unute lyk, soos in die grafiese verhale, fisies soos Reeves. Maar die filosofiese beskouing oor moraliteit en verganklikheid, dit is Miéville op sy manjifieke beste. Saam sorg hulle vir ’n kragtoer en ’n leeservaring wat my lank gaan bybly."

Springbokke vs All Blacks

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-09-11

"Daar is iets omtrent sport wat toeskouers saambind in ’n gemeenskaplike aktiwiteit op ’n manier wat bitter min ander dinge dit doen. Daar is iets helend omtrent die kohesie wat ’n sportspan bring."

Die mag van vreugde in politiek

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-09-03

"Kyk na die uitdrukkings op mense se gesigte. Daar is hoop, daar is vreugde. Dis in skerp kontras tot die strak gesigte by Trump se skares. Haat kan net só ver gedryf word. Deur te kies om dit weg te lag eerder as om vurige retoriek te lewer, het Harris bewys dat sy die Amerikaanse temperament baie beter lees as wat die Republikeine kan."

Ope brief aan Mellet Moll

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-08-21

"Ek hoop verder dat jy jou sal afvra hoe letterkunde in al sy vorme deur die huidige vetes en moddergevegte gedien word."

Die dag toe breakdance gebreek is

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-08-13

"Ek staan gereeld in verwondering oor hoe soepel taal kan wees. Hierdie naweek, byvoorbeeld, is die woord raygun gebore. Om te raygun is om klaaglik te misluk in iets wat jy met groot selfvertroue aanpak. Net iemand wat in afsondering en sonder enige digitale toegang tot die wye wêreld lewe, ken nie teen hierdie tyd die naam van die persoon wat heel laaste gekom het in die Olimpiese Spele se breaking-kompetisie nie."

Woke: kompliment of skeldwoord?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-08-05

"Die waarskuwing om waaksaam te wees is glad nie volksvreemd vir ons in Afrikaans nie. Die terme hou jou oë oop, wakker slaap of wakker loop is bekend aan ons."

Kuns, godsdiens en daai Olimpiese openingstoneel

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-07-29

"Godsdiens en kuns was altyd deel van die Olimpiese Spele, en dalk het die Franse hierdie jaar daarin geslaag om ons daaraan te herinner. Hulle grootste fout was nie dat hulle Christendom oneer aangedoen het nie, dis dat hulle die diepte van skynheiligheid en die absolute gebrek aan basiese ingeligtheid van mense onderskat het."

Harris vs Trump: November kan nie gou genoeg kom nie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-07-22

"Die afgelope week moes vir Amerikaners gevoel het asof hulle op die Kobra by die eertydse Ratanga Junction ry. Dis in elk geval hoe dit vir my as buitestander gevoel het."

Hlophe en die Afrikanisering van ons howe

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-07-15

"Ons Grondwet is een van die jongste en mees modernes in die wêreld. Maar ons Grondwet het ’n Achilles-hiel."

Oor hoop

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-07-08

"Ons demokrasie werk. Dit werk dalk nie soos ons wil hê dit moet werk nie, maar dit werk. Ons het godsdiensvryheid. Ons kan kerk of moskee of tempel toe gaan sonder om te vrees dat ons in hegtenis geneem gaan word of doodgemaak sal word. Ons het vryheid van spraak. Ek kan die regerende party, of die huidige regering van nasionale eenheid, of die president en sy ministers kritiseer sonder vrees dat ek gaan verdwyn of in hegtenis geneem gaan word en aangehou sal word sonder verhoor. So onlangs as dertig jaar gelede was dié vryheid nie die realiteit in ons land nie."

Die RNE kabinet is gevorm; wat nou?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-07-01

"Ek stel nie in politiek belang nie, maar as Gayton McKenzie my sou vra om op sy adviserende raad te dien, dan sou ek nie nee sê nie. Dit het tyd geword dat ons kuns en kultuur meer ernstig bejeën. Ons het met die pandemie gesien dat dít is wat ons staande gehou het."

Wat gebeur met die taal as Afrikaanse koerante sluit?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-06-27

"As Afrikaanssprekendes nie papierkoerante koop in die tipe hoeveelhede wat korporasies se natuurlike geldgierigheid aanwakker nie, dan kan ons niemand behalwe onsself blameer vir die ondergang van papierkoerante nie."

Top