Wat sê Bettina? Misdaad kyk nie na kleur nie
2025-05-19"Dalk, in plaas van vals narratiewe skep oor wit slagofferskap, moet ons begin om die werklike wortel van die kwaad aan te spreek."
Wat sê Bettina? Maak dit saak waar pous Leo XIV gebore is?
2025-05-12"Robert Prevost, wat nou as pous Leo XIV sal bekendstaan, is in Chicago gebore, maar het ’n groot deel van sy lewe buite die VSA deurgebring. Hy het inderdaad burgerskap van Peru ontvang. Interessant dat hy gekies het om sy eerste toespraak as pous in Italiaans en Spaans te lewer, met nie ’n woord Engels as kopknik na sy Amerikaanse wortels nie."
Wat sê Bettina? Oor Afrikaans
2025-05-05"Ons moet maniere vind om dit lonend te maak om in Afrikaans te handel."
Wat sê Bettina? Trump as Pous
2025-04-30"Die Afrikaners wat swig voor Trump se beloftes, is seer sekerlik dieselfde mense wat die Kubus-koning se beloftes van ongekende welvaart geglo het, of wat Markus Jooste as hul ekonomiese verlosser gesien het."
Wat sê Bettina? Wanneer kapitalisme as feminisme paradeer
2025-04-17"Ek verwag nie van glanspersoonlikhede om noodwendig diep gedagtes oor die betekenis van die lewe, die universum of enigiets anders te hê nie, maar moet asseblief ook nie van my verwag om Consumer Space Barbie met ope arms te ontvang as die verpersoonliking van bemagtiging vir vroue nie."
Herbesin: Ryker in diversiteit
2025-04-15"Ons, want my bruin Afrikaanse bas is net so afhanklik van welwillendheid teenoor my moedertaal as enigeen anders. Ons, want my komplekse verhouding met Afrikaans en Afrikaanssprekendes ten spyt, is ek lief vir my taal en wil ek sien dat sy floreer."
Wat sê Bettina? Hoekom ek weier om KI te gebruik
2025-04-08"Ek wil nie deur ’n robot gediagnoseer word nie. Ek wil nie deur ’n robot vertroos word nie. Bowenal wil ek nie ’n storie deur ’n robot geskryf, lees nie."
Wat sê Bettina? Hoe vier hulle Eid in Gaza?
2025-03-31"Hoe vier mens enigiets as jy nie weet of dit dalk jou laaste dag op aarde is nie?"
Wat sê Bettina? Hegseth se oorlog-WhatsApp-groepie
2025-03-26"Dit gaan nie baie lank wees voordat die sotte in beheer ’n stel gaan aftrap wat gewone Amerikaners duur te staan gaan kom nie."
Wat sê Bettina? Persona non grata – wanneer ’n diplomaat slae ontvang namens sy regering
2025-03-17"Die VSA het nog nie formeel diplomatieke bande verbreek met SA nie. Ek twyfel ook of hulle sal. Wat wel aan die gebeur is, is dat Suid-Afrika nou geforseer word om ander bondgenote te nader. Dis nie noodwendig ’n slegte ding nie."
Wat sê Bettina? Slava Ukraini!
2025-03-03"Ons almal se lot is verbind met Oekraïne se lot. As Oekraïne val, dan is Europa volgende. En wie weet waar daarna?"
Wat sê Bettina? Kry die minister van elektrisiteit performance bonus?
2025-02-24"Nou eis ons: 'Minister, kry Eskom onder beheer.'"
Wat sê Bettina? Die dag toe die begroting in die hek geduik het
2025-02-20"Die begrotingsrede is kort voordat dit op 19 Februarie voorgehou moes word, uitgestel na 12 Maart. Die toespraak met al die gepaardgaande dokumentasie is alreeds na joernaliste gestuur. Minister Enoch Godongwana het klaarblyklik nie verwag dat daar teenkanting teen sy begroting sou wees nie."
Wat sê Bettina? Ope brief aan Afrikaner-vlugtelinge op pad na Daddy Trump toe
2025-02-11"Hoekom, dink julle, is Steve en Kallie en daai span nie al lankal Amerika toe om hulle heil daar te soek nie? Kom ek help julle. ... Hulle weet die gras is net groener daar waar die mis die dikste gesmeer is, en hulle weet waar hulle die mis gestrooi het."
Wat sê Bettina? Staatsrede 2025: meesterklas in diplomasie
2025-02-07"Dit voel asof met elke keuse wat president Ramaphosa gemaak het, hy homself en ons land voorhou as die teenvoeter vir alles wat verkeerd gaan in die VSA, alles sonder om een keer direk na hulle te verwys."

