
Foto: Pexels
- Bettina Wyngaard skryf ’n gereelde rubriek vir LitNet.
Ek skryf Afrikaans, ek dink Afrikaans, ek bid Afrikaans, en alhoewel ek my bes probeer om nie te vloek nie, doen ek dit ook in Afrikaans wanneer dit gebeur.
Baie van my vriende is Afrikaans, alhoewel dit ook aan die verander is. Onlangs is ek gevra om ’n bydrae te skryf oor Afrikaans, om die honderdste bestaansjaar as amptelike taal te vier. Die bydrae is toe vertaal om mettertyd ook in die Engelse media te deel. Iets interessants en vir my insiggewend gebeur toe. Daily Maverick het die Engelse weergawe geplaas, en dis waar iets baie interessant toe gebeur. Baie meer Afrikaanssprekendes het gereageer op die Engelse weergawe van die bydrae as op die Afrikaanse weergawe.
Die enigste afleiding wat ek kan maak, is dat baie meer Afrikaanssprekendes Daily Maverick lees as wat hulle Netwerk24 lees. Dit laat by my die vraag: Hoekom?
Die maklike antwoord is seer sekerlik dat Daily Maverick gratis is en Netwerk24 van intekenare verwag om te betaal daarvoor. Dalk is Afrikaanse lesers nie bereid of in staat om te betaal vir nuus nie.
........
Die gevaar wanneer joernaliste probeer meeding, is dat hulle hul reputasie as betroubaar inboet. Die meeste mediabase gee nie om nie; hulle soek net meer verbruikers wat inteken of inskakel of aanlyn gaan. Ons sien dit veral in Amerikaanse media, waar al die groot mediahuise deur miljardêrs besit word.
........
Dis die maklike antwoord. Die ander antwoord wat moeiliker verteerbaar is, en wat met meer nuanse benader moet word, het dalk meer te doen met die kwaliteit en akkuraatheid van die nuusaanbod as met die prys daarvan. Dis al hoe meer opmerklik dat dit in nuussiklusse belangriker is om eerste te wees met die nuus as om dit akkuraat oor te dra. Die scoop is waaroor dit gaan, selfs al beteken dit daar moet later regstellings gemaak word. Natuurlik is dit nie net Afrikaanse nuus wat onder hierdie druk gebuk gaan nie. Almal het selfone, almal het sosiale media en sogenaamde citizen journalists kan met die druk van ’n selfoonknoppie nuus die wêreld instuur. Joernaliste wat nog eers hulle bronne moet verifieer, kan nie met daardie spoed meeding nie.
Die gevaar wanneer joernaliste probeer meeding, is dat hulle hul reputasie as betroubaar inboet. Die meeste mediabase gee nie om nie; hulle soek net meer verbruikers wat inteken of inskakel of aanlyn gaan. Ons sien dit veral in Amerikaanse media, waar al die groot mediahuise deur miljardêrs besit word. Ons sien meer en meer dieselfde druk op joernaliste plaaslik, nie net in die gedrukte pers nie, maar ook op radio en televisie. Onthou die ontsteltenis toe van RSG se gewildste oggendaanbieders van die lug is en minder ervare aanbieders hulle vervang het? Dis nie die jonger aanbieders se skuld dat hulle nie die geleentheid gehad het om ervaring op te doen nie, maar daar was wel ’n aanpassingsperiode. Het die gehalte van die aanbod in daai aanpassingsperiode gedaal? Ek sal die antwoord op daardie vraag oorlaat aan elke luisteraar.
Wat doen Daily Maverick dan reg wat maak dat Afrikaanse lesers hulle verkies? Hulle bied meer “harde” nuus; hulle is soms nie eerste met die nuus nie, maar hulle nuus is gewoonlik baie akkuraat. Hulle nuusdekking kan vertrou word. Ek vermoed dit is ’n groter faktor vir verbruikers as die taal waarin die nuusdekking plaasvind.
........
Ons moet maniere vind om dit lonend te maak om in Afrikaans te handel.
........
Die teater, kunste en literatuur is egter springlewendig in Afrikaans. Ek was bevoorreg genoeg om ’n klein bietjie van die Suidoosterfees hierdie afgelope naweek te belewe. Soos die jongmense sal sê: “Die vibe is awesome.” Talle teaterproduksies en gesprekke is in Afrikaans aangebied. Meeste van die gesprekke tussen feesgangers was in Afrikaans.
Daar is ook al minder Afrikaanse akademiese uitsette in feitlik alle dissiplines. Is dit nuut? Glad nie, maar dit is dalk meer opvallend omdat dit al hoe seldsamer raak om gehalte Afrikaanse akademiese artikels en boeke te vind. Selfs toe ek in die laat 1980’s en vroeë 1990’s studeer het, was die meeste van my handboeke alreeds in Engels, al is die klasse in Afrikaans aangebied. Dit maak sin: Om internasionaal mededingend te wees, moet daar gepubliseer word in ’n taal wat internasionaal verstaan word.
Dit beteken net ons moet dit aanloklik maak om in Afrikaans te publiseer en produseer. Om pryse uit te loof is een van die moontlikhede, maar dit kan nie die enigste wees nie. Ons moet maniere vind om dit lonend te maak om in Afrikaans te handel. In die klein dorpie waar ek bly leer die winkeleienaars uit Pakistan en Sjina en Nigerië dit elke dag vir ons. Hulle bied wat hulle kliënte wil hê en hulle leer Afrikaans sodat hulle hulle kliënte beter kan bedien. Hulle beweegrede is nie ’n liefde vir Afrikaans nie; hulle wil geld maak. Dalk moet ons dit ook moontlik maak om vir mense wat in Afrikaans wil skryf, joernaliste en skrywers en digters en dramaturge, dit lonend te maak om dit te kan doen.
Wat is my slotsom? Dit gaan eintlik goed met Afrikaans, al die gekla ten spyt, maar ons kan nie op ons louere rus nie.
Lees ook:
Afrikaanse koerante het lank gelei en mislei, nou is dit tyd vir vorentoe kyk
Suidoosterfees se direksievoorsitter, Edmund Jeneker, gesels met LitNet
NB-Uitgewers se nuwe uitgewershoof: ’n gesprek met Annie Olivier
Afrikaans: 100 jaar as amptelike taal – ’n erfenis om te vier of om te verwerp?


Kommentaar
As ons net die gebittery in Afrikaans kan stopsit, Bettina, dan kan ons die toekoms tegemoet gaan.
https://youtu.be/NYVfSUbf-D4?si=niB1A4344ZADrW-H
Mens moet genoeg vloek, omdat vloek gesondheidsvoordele inhou vir die mens:
https://www.bbc.com/future/article/20160303-the-surprising-benefits-of-swearing
Sonde is 'n konsep wat deur mense ontwikkel is. Natuurlik kan vloedwoorde hulle krag verloor deur oormatige gebruik. Maar mens moet dit nie as verskoning gebruik om nooit te vloek nie.
Ek het nie hoop vir Afrikaans nie. Afrikaans staan in die skadu van die groter tale en as mens die sensus van 2022 kan glo, is Afrikaans amptelik besig om te krimp. Die draaipunt het skynbaar aangebreek. Die verlede het die taal begin inhaal. Dis jammer, maar daar is erger dinge wat gebeur as tale wat krimp en verdwyn. Afrikaans sal in elk geval nie in ons leeftyd finaal sterf nie, maar die agteruitgang kan vinnig versnel, veral wanneer Afrikaanse skole weens BELA gaan verdwyn. My idee is, in plaas van baklei, om die vlietende en nietige aard van ons bestaan eerder te geniet.
Mens moet seker maar aanvaar dat bid altyd met ons sal wees. Sit my in 'n klein hokkie, saam met 'n groot brullende leeu, en ook ek sal beginne bid. Daar is baie mooi Boeddhistiese gebede. Ek reken van daai Boeddhistiese gebede sal selfs Spinoza se goedkeuring wegdra.
Dies wat wil bid, moet maar bid.
Jy kon beter geantwoord het.
Eenkeer op ʼn staptog vergesel deur 'n wildbewaarder in die Timbavati vra iemand wat 'n mens te doen staan as 'n leeu of olifant ons storm. Die voorloper was gereed met 'n antwoord: ‘Throw it with dung.’ Wat ons waar kry? vra die medestapper. ‘Oh, there will be plenty around.’ Die Jirre sal voorsien.
Vir blywende gemoedsrus [desnieteenstaande mental emotional conditioning wat op gebed aandring] het ek eenmaal vinnig vanaf YT neergeskryf wat Ramana Maharshi sê:
1. The mind by nature is a tool. It is not your enemy, but a means of interacting with the world. Thoughts arise because they are a reflection of the world you perceive and the experiences you have had ‒ just as a mirror reflects but the mirror does not become what it reflects, it simply reflects without attachment.
2. Identify with your true nature, focus on the observer and emotional waves lose their power. True freedom lies in the space between thoughts. The key to peace is being present in the moment. The mind is constantly moving between the past and the future because it is always seeking something. It seeks to relive past experiences or to predict what is to come, but the present is the only time that truly exists.
3. The more you focus on the present, the more you detach from the stories of the mind. Return to the present moment again and again ‒ simply being brings peace. The key is to return to the present moment again and again without judgement. When your mind drifts, simply bring it back. The moment you realise you have become lost in thought is the moment you have the opportunity to return to the present.
4. Every time you bring your awareness back to the here and now you are strengthening your connection to your true nature ‒ like a child learning to walk. Every moment you spend in the now is a victory. Peace is found not in perfection, but in returning to the present moment again and again. The present is all there ever is.
5. Learn to witness the world without becoming attached to it, like a mirror not becoming attached to the reflections.