Wat sê Bettina? Om te skiet of nie te skiet nie?
2025-09-03"Moet hy nou maar aan die genade oorgelaat word omdat hy hom in die politiek begewe het? Natuurlik nie. Enige privaatburger is daarop geregtig om homself te beskerm wanneer hy in gevaar verkeer ..."
Wat sê Bettina? Hoe werk groepsbetalings in restaurante nou eintlik?
2025-08-25"Hoekom moet persone wat spaarsamig eet, of dan ten minste asketies eet, die hedonisme van hul tafelmaat subsidieer? Hoekom is daar so ’n teenstand teen die idee dat elkeen betaal vir dit wat hulle verbruik het?"
Wat sê Bettina? Oor nasionale dialoog
2025-08-19"My eerste gedagte met die aankondiging van die Nasionale Dialoog was watter kader se beurt dit nóú was om snoet aan die trog te sit. Die tweede gedagte, baie lank na die eerste, was of dit hoegenaamd nodig is om ’n peperduur talkshop aan die gang te sit. Weet ons nie wat die probleme is nie? Weet ons nie selfs hoe om dit reg te stel as die politieke wil maar net daar kan wees nie?"
Wat sê Bettina? Myburgh, Malaka en die Dior-sak met R60 000 kontant
2025-08-12"Hierdie is waarskynlik een van die grootste toetse waarvoor pres Ramaphosa te staan kom. Hier is nou bewyse op video van korrupsie. Wat gaan hy doen?"
Wat sê Bettina? Hongersnood in Gaza
2025-08-06"Die beelde van uitgeteerde kinders met opgeblase magies, vir so lank sinoniem met hongersnood in Afrika, is nou algemeen in Gaza. Dit terwyl hulp en kos slegs enkele kilometer weg beskikbaar is."
Wat sê Bettina? Wat gaan aan by Buitelandse Sake?
2025-07-30"Hoe veilig is Suid-Afrikaners wanneer hulle oorsee gaan, en hoe seker kan ons wees dat ons land se amptenare gaan help as ons in die sop beland? Die voorbeelde wat ek hierdie maand gesien het, boesem nie veel vertroue in nie."
Wat sê Bettina? Kos of krag: die Eskom-dilemma
2025-07-21"Hulle sal daadwerklik moet plan maak om elektrisiteit meer bekostigbaar te maak, of daar gaan een of ander tyd weer geweld uitbreek. Mense is moeg daarvan om gemelk te word vir elke laaste sent wat hulle nie het nie."
Wat sê Bettina? Is een tree vorentoe en twee treë terug ’n cha-cha, Uncle Cyril?
2025-07-15"Maa Uncle kon nie net ignore kap ie, iets moes gedoen wôre. Of ’n commission of enquiry die beste roep was, is ek ie soe seke van nie. ... Ek het gehoep vi something more decisive, soes toe Uncle daai DA-outjie weggejaag het, maar mens vat wat djy kry."
Wat sê Bettina? Zohran Mamdani se Suid-Afrikaanse verbintenis
2025-07-14"Die afgelope ruk sien ek gereeld trotse kommentaar oor hoedat Zohran Mamdani, die kandidaat vir New York se burgemeesterskap, in Suid-Afrika skoolgegaan het, met die onvermydelike implikasie dat sy tyd hier sy politieke denke moes beïnvloed het. Dalk het dit, wie weet? Maar as dit enige invloed gehad het, weet ek nie of dit die tipe is waaroor ons noodwendig hoef te koop te loop nie."
Wat sê Bettina? Verpligte diensplig en soldate se trauma
2025-07-10"Sou ons land anders wees as daar as deel van die WVK se verrigtinge ’n aanbeveling gemaak word dat almal wat in oorlog betrokke was, aan weermagkant en aan vryheidsvegterkant, vir verpligte gratis terapie moes gaan?"
Wat sê Bettina? Wanneer KI hallusineer
2025-07-03"As drie advokate, en ’n regsfirma wat senior genoeg is om drie advokate te kan bekostig (wat ook ’n skatryk kliënt impliseer), almal deur KI om die bos gelei kan word, aan watter gevare word ons gewone sterflinge nie blootgestel wanneer ons KI-inligting vir soetkoek opeet nie?"
Wat sê Bettina? Trump, Iran, Los Angeles en Adriana Smith
2025-06-23"Van swangerskap tot geopolitiese ingrypings het die ses maande van Trump se regering nog net gif tot gevolg gehad."
Wat sê Bettina? Wat is die implikasies van Trump en Musk se uitval?
2025-06-06"Musk weet op sy beurt hopeloos te veel van Trump se sake. Boonop het hy nou al die data van al die Amerikaners om vir jare groot probleme te veroorsaak. Hy het alreeds begin om dele daarvan op X uit te lap. Dat Trump na bewering in die Epstein-lêers is, is nie vir enigeen ’n groot verrassing nie."
Wat sê Bettina? Disruptors kan die land red
2025-06-02"Dit kos net een om die eerste tree te gee. Dis kos net een om die status quo te ignoreer om die hele atmosfeer te verander."
Wat sê Bettina? President Ramaphosa in die Wit Huis
2025-05-22"Ek dink in elk geval nie die Suid-Afrikaanse afvaardiging het Washington toe gegaan met die idee om Trump se siening oor wit volksmoord te verander nie. Hy is nie die tipe leier wat hom deur feite en statistieke sal laat oortuig as die waninformasie hom beter pas nie. Die ware doel van die vergadering sou agter toe deure uitspeel: die G20- vergadering en handelsbetrekkinge."

