
Foto via Pexels
- Bettina Wyngaard skryf ’n gereelde rubriek vir LitNet.
Beste Uncle Cyril
Hoe vaar die siel?
Ek het lanklaas geskryf, want ek wiet uncle het baie wat vir Uncle besag hou – soes die besagheid met Trump, en daai dertag pesent tariffs wat hy ôs sommasoe kô slat mee. Maa ek worrie nogals ie te viel daa’oo nie, want hy change sy mind somme hie kôt voo August. Ommie ees te praat van daai blind way wat hy vi Uncle innie Withuis in getry mette ’n slap riem vang het. maa ek is bly om te sien Uncle kan darem al jokes maak daa’oo.
Anyway, ek willie gesidetrack raak ie. Ek skryf eintlik oo daai short, sweet and to the point family meeting van Sondag.
Maa heel eestens wil ek ’n suggestion maak. Wanne Uncle se mense vi ôs lat wiet Uncle wil family meeting hou, lat hulle somma sê hoe laat it gan wies. Is nogals ie lekke as mens soe ’n guessing game moet speel ie. Ek mean nou maa, giste’aand toe issit maa by chance lat ek quarter past seven ie wireless aansit, toe hoo ek Uncle is al ampe reg vi ôs. En net toe ek my lekke regskuiwe om mooi te lyste, toe is Uncle al wee klaa gepraat. Soe ampertjies of ek mis ie hele ding. As ek nou gebargain het op Uncle se normal eight o’ clock time slot, dan was it mos neusie ve’by vi my. En ek like dan soe om vi Uncle te lyste en te support.
Ek kry pety dae vi Uncle baie jammer. Anne dae is ek te kwaad vi jammerkry. Maa oo die poelieste-storie is daa nie rerag ’n right way nie. Commissione Mkhwanazi het nou mooi die hornets’ nest oepe gemaak. En same time gie hy vir Trump en ie refugees kos, wan nou kan hulle sê crime is soe rof tot ie poelieste is criminals. Ôs bly maa stil oor Trump se eie rape conviction. En Mkhwanazi is hoeka self oek nie eintlik gloe ’n engeltjie sonne vlerke nie.
.......
Maa Uncle kon nie net ignore kap ie, iets moes gedoen wôre. Of ’n commission of enquiry die beste roep was, is ek ie soe seke van nie. ... Ek het gehoep vi something more decisive, soes toe Uncle daai DA-outjie weggejaag het, maar mens vat wat djy kry.
.......
Maa Uncle kon nie net ignore kap ie, ierts moes gedoen wôre. Of ’n commission of enquiry die beste roep was, is ek ie soe seke van nie. En ek hoep Uncle gie bodyguards vi ammel op daai commission, wan hulle gan klompie mense met guns upset. Hoep ek. As hulle hulle wêk reg doen, en nie net window-dressing is om ammel se monne stil te maak ie. Ek het gehoep vi something more decisive, soes toe Uncle daai DA-outjie weggejaag het, maar mens vat wat djy kry. My ienagste criticism is lat it mooi is lat hulle op drie en ses maane moet reportback, maar wanne is ie final report due? En wanne gaan iets omtrent ie final report gedoen raak, Uncle?
Maa oukei, baby steps. Daai is anyway sieke ’n step backwards, om die ANC tevriede te stel, om ôs tevriede te stel en lat Uncle net een aand gan slaap sonne worries.
.......
Val politicians oek onne labour law, Uncle?
.......
Om vi minister Mchunu op special leave te sit is ’n goeie move gewies. Sal bietere gewies het as hy sonne pay op leave gegan het, maar daa’s sieke maa labour laws oo daai. Val politicians oek onne labour law, Uncle?
Maa Uncle se brilliantste move vannie aand was om vi Firoz Cachalia aan te stel as caretaker minister van polisie. Ek was laas soe excited oo ’n minister se aanstelling toe Dullah Omar justice gekry het. Ja, ek wiet is soe lank trug meeste mense het al vegiet. En toe Uncle praat van die “interregnum” wat net twie wieke is, toe kry ek soe lekke. Uncle praat soe mooi Latyns, Uncle moet it mee gereeld doen.
Soe, ôs hou nou ammel asem op. Ek het my dagboek al gemerk vir mirrel October virrie eerste reportback.
Ek wonne net, is een tree terug en twee treë vorentoe ’n cha-cha, of is it net progress?
Innie meantime, ek hoep Uncle kan nou bietjie rus kry. Al maak Uncle my petymal kwaad, is Uncle nog altyd ie beste bet uit ie ANC.
Cheers vi eers.
Lees ook:
Die Mkhwanazi-skok: Hoe diep loop korrupsie? (14 Julie 2025)
Seen elsewhere: I have asked ChatGPT to predict Ramaphosa’s address
Skroewe draai stywer om polisieminister te midde van klagtes

