
Rob Maggs op Pixabay
Mornings Uncle Cyril
Siewe en siewentag liewens daa’mee heen, en vi wat? Maa nevermind daai, gan ôs ooit sien lat iemand annie pen ry, of wôd daai oek maa onne dieselle mat ingevie waar Life Esidimeni vrot?
Is past ie time waa daa onnesoeke moet wies oo goete, Uncle. As daa enage onnesoek moet wies, dan moet ôs vra vi wat moet mense ampe drie dekades ná freedom in condemned geboue soes vissies ingeryg bly? Waa’s ie constitutional right to housing? En mee as daai, waa’s ie constitutional right to dignity? Reg langs ie pit latrines innie skole? Reg langs ie mense wat four o’ clock innie môre moet in ’n ry loep staan byrie daghospitaal, net om ie mirrag four o’ clock te moet hoor hulle moet ie next dag trugkom. Niks service excellence ie. Niks ubuntu ie. “Batho pele” is ’n joke – nie ees die papier wêd waa op it geskrywe is ie.
..........
It maak ie saak wie in charge van daai gebou was ie, Uncle, moral blame lê by djou en djou party.
...........
It maak ie saak wie in charge van daai gebou was ie, Uncle, moral blame lê by djou en djou party. The people shall govern, het djulle beloewe. A government of the people, by the people, for the people, daais wat ôs gepromise is. An injury to one is an injury to all, het djulle ôs gelee. En nou? Nou is djulle die fat cats wat op ôs nee’sien en dink ôs moet maa mettie krummels tevriede wies. Is ’n disgrace lat mense nog allie pad ie in huise is ie, maa soe moet liewe soes kokkerotte. Daai issie hulle choice ie, Uncle. Daai is wat gebeu as mense nie ’n anne choice hettie. Dan moet hulle in drug dens loep bly, en mettie een oeg oep slaap. En vi wat is daa spinnerakkies innie gebou? Spinnerakkies, Uncle, issie drade vannie illegal connections virrie lectric wat soe ’n hazard is.
Is maklik ommie blame te probee shift, Uncle. Is maklik om platitudes oppie TV te sê, veral as djy wiet ie New York Times gan oek report daa’oo. Maa hoe slaap djy en djou comrades snags, Uncle? Sieke lekke onne djulle thousand tread cotton lakens en donsveeduvets. Not a care in the world. Meantime gan ie mense vi wie djy supposed is om te serve, dood soes vlieë. Van honge. Van dôs. Van siekte. Van negligence. In brande. In vloede. Innie donke sonne lectric. In put latrines in skole. Wanne hulle gerape wôd. Wanne hulle gerob wôd. Wanne hulle oppie vekeede plek oppie vekeede tyd is.
En wat issie response? Jou response, Uncle Cyril? Djy’s altyd “shocked”. Djy’s altyd “stunned”. Maa daai storie raak nou oud. Hoe kan djy na allie tyd noggie wiet ôs liewe innie Wille Weste nie, Uncle? Hoe kan djy nou noggie wiet lat tussen crime en loadshedding en watershedding en swak service en taxi violence en unemployment en honger wies en homeless wies gan dit gerook met ôs ammel innie land? Ek wiet vi djou en ie comrades is swaakry sieke maa as djulle nie djulle favourite colour Johnny Walker byrie box kan bestel ie. Maa virrie res van ôs? Is survival vannie fittest. Die poelieste protect ôs ie tien crime ie. Public servants soek ’n opgerolde noot of twie om hulle wêk te doen. Elected officials soes djy maak of djulle soevel bietere as ôs is. En woode soes accountability en integrity ken djulle nie. Wan ammel is iewe corrupt, nieman gaan opstaan vi die regte saak ie.
Daai mense wat in daai gebou gesterwe het, Uncle, kom op djou boekie en die boekies van djou comrades. Is djulle responsibility. Miskien het djulle nie gewiet van die twie honnerd spesifieke mense in daai spesifeke gebou nie, maa djulle wiet van allie geboue en allie mense wat ie mee hoop lat djulle gaan sôg vi hyse nie. Daai is op djulle. En elke enkele brand en vloed en kinnes wat nog in toilets gan inval en kinnes wat nog van malnutrition sal doodgan, daai is op djou boekie. Wan djy kan iets doen, maa djy kies om handjies gevou agteoo te sit.
............
En elke enkele brand en vloed en kinnes wat nog in toilets gan inval en kinnes wat nog van malnutrition sal doodgan, daai is op djou boekie. Wan djy kan iets doen, maa djy kies om handjies gevou agteoo te sit.
...............
Waa brand it, Uncle Cyril? Wan ek kan djou guarantee daai issie die laaste brand ie.
En shame on you as djy nie ees die decency het om in djou skuld te val ie.
Ek het altyd gedink daa’s ’n difference tussen djou en Zuma. Daa is, ja. Hy is mee openlik oo sy disdain vi ôs mense. Djy is undercover. Maa djulle is toe after all tog innie selle whatsappgroepie, daai een wat ie middelvinge vi ôs mense wys.
Shame on you.
Kommentaar
Uitstékend! Net jammer "Uncle" sal dit nie kan leesi en gerieflikheidshalwe ooki verstaani...
Verduidelik, asseblief.
Kan iemand die uncle tog net force om die te lees?
Baie mooi geskryf. Ek is mal oor die styl en register van die artikel. Ten opsigte van die inhoud - daar is geen oplossings in die formele politiek nie. Die politici is nie daar vir my en jou nie. Hulle is daar vir hulleself. Hoeveel politici is tronk toe weens apartheid? Die misdaad teen die mensdom? 'n Volle nul. Inteendeel, apartheidspolitici het in weelde afgetree en is pryse toegeken vir hulle 'bydraes'. En hoeveel politici is later vervolg weens staatskaping? Ook nul. Sien u die patroon? Daarby dan ook die verdere patroon van die geld- en tydmors kommissies. Soos die WVK, die Zondo-kommissie, die Esidimeni-kommissie, Die Marikana-kommissie. En al die ander rondsit-en-geld-eet-en-storieboekeskryf-kommissies. Ook die verskynsel dat slegs uitvoerende amptenare uiteindelik in tronke moet boet, is 'n verdere gemeenskaplikheid wat geen, geen toeval is nie. Nooit 'n politikus of sy of haar vriende of familie nie.
Maar ons het mos die beste este grondwet op aarde. Wet 108 van 1996. En hier sit ons nou 30 jaar later. Ons infrastruktuur verkrummel. Ongelykhede is groter as voor 1994. En die fiskus verdrink in staatskuld.
Die politici hou hulle egter nie gewoon doof vir al die ellende rondom hulle nie. Dit is erger as dit. Die ellende affekteer hulle nie in die minste nie. Daarom kan hulle nie met enige van die lyding van 'gewone' mense simpatie he nie. Ons politici slaap veilig sawens, omring deur sekuriteitswagte en betaal nie eens self die diesel waarop hulle kragopwekkers loop tydens al die fases van beurtkrag nie. Ten spyte van salarisse wat gelykstaan aan 'n gewone se aftreepaket.