Moenie kêk en politics mix ie, Uncle Cyril

  • 2

 

Mornings Uncle Cyril

Long time laas wat ôs gepraat het. Ek wou ampe Heppie New Year sê, maa ek kan sien dit gan al klaa gerook Uncle se kant, en is noggie ees election maand ie. Uncle sal maa moet stêk staan – the only way out is through, gloe. Dis mos hoeka waa’oo ek vedag vi Uncle skrywe. Wan kykie hoorie, ek wiet Zuma ken al Uncle se hot buttons en hy like hulle druk, maa vi wat try Uncle ôs ammel involve? Hy is mossie mee’ ôs problem ie, is mos nou internal affairs.

Is ’n swak move gewies om jou politician kêk toe te stuur om te loep bid. Bid oo’ Zuma wat julle al wee’ die gesigvel aftrek, smaak it my. Maa sorry lat ek nie eintlik sympathy hettie. Toe hy ôs ammel soe vi nwattas gevat het daai tyd mettie fire pool, en mettie Guptas en alles, toe vote djulle mos ammeel hy moet in charge bly. En nie net een kee nie, multiple times. Het djulle nie toe gedinkie wiel gan draai nie? What goes around comes around, wie wind maai sal storm saai en al daai ou sêgoed eist mos vi ’n rede. Wan is waar. Djulle cuddle mos lankal mettie adder an djulle bôs en nou, nou lat djulle gepik wôd, nou wil djulle surprise act ennie victim speel innie stuk. Nei, it wêk ie soe nie. Daai tyd toe djulle ôs ammel soe vi poppe gevat het, het djulle nie gedink daa gan ’n dag kom lat hy djulle vi poppe vattie. Maa die joke is dié, Uncle, hy vat djulle lankal vi poppe, djulle was net heeltyd te toe ommit te wiet.

Nou wiet djulle, maa djulle dink nog allie pad ôs is poppe wat tot byrie election vir ’n ride gevat kan wôd. Daai is djulle eeste mistake.

Maa miskien vat ek djulle vekeed vir ’n halfie, soe lat ek maa vra. Uncle, wat issie punt vannie politicians wat moet kêk toe gan om te bid? Vi wie is daai performance? Die ding met kêk is, ammel innie kêk ken mekaar, soe hulle wiet as hie nou ’n learner kom wattie wiet hoe om te act nie. Kyk, innie kêk is djy ’n insider of ’n outsider, no inbetweens. En djou politicians issie insiders ie.

Djulle het mos gesê die ANC gaan rule tot Jesus kom. Hoe smaak it dan nou vi my djulle worry oo Zuma die party gan split?

Ek vestaan nie why djulle moet bid oo hom ie. Djulle het mos rules innie party, en allie lede moet daai rules gehoo’saam. Of hoe? Nou as hy nie byrie reëls hou nie, dan is it mos simple. Discipline hom. Skop hom yt. Die mighty ANC is mos baie groter as een ou.

En as djulle hom nie kan innie bek ruk nie, dan issit tyd vir ’n anne conversation. As djulle nie een ou man in djulle party kan vasvat ie, hoeko moet ôs djulle trust ommie land te kan run? Daa is dan nog sestag miljoen some odds anne balhoriges met droëvrugte vi ore, en hulle gan mos oek hulle luck kom try as hulle sien een ou kô weg daamee.

Djulle mistake is elke kee om kêk en politics te wil mix. Dit wêk ie. Dit hettie gewêk toe die NP dit ge-invoke hettie. Apartheid het geval. Dit hettie gewêk toe Zuma in charge wassie – hy moes lines. En it gan nie nou wêk ie.

Die ANC is lankal ie mee in charge ie. Maa soes ’n hoener wat se kop afgekap is, haloep djulle nog rond en spray oralste bloed. Moenie worry nie, gie net tyd, die boodskap sal wel byrie bene uitkom lattie kop lankal weg is.

Sien, Uncle, wat djulle nie vestaan wannee djulle die Jirre se naam invoke en ydellik gebryk ie, is it comes at a cost. Die Jirre sit hoog en Hy sien laag, het my ma altyd gesê. Hy’s ’n jaloerse God, sê rie Bybel. Wie eeste was, sal laaste wies.

En djulle was mos lank eeste. Tyd om plek te maak vi iemand anneste wat nie die Jirre vi ’n nwatta vat ie.

Lees ook:

Verkiesing 2024: ek slaan my oë op na die berge

Waa’ brand it, Uncle Cyril?

Is ôse dokters dan ’ie goed genoeg ’ie, Uncle Cyril?

  • 2

Kommentaar

  • Barend van der Merwe

    Die ou vraag wat altyd by die tipe gesprekke opkom, is wie? Wie gaan die ANC vervang?

    Die politici en die godsdiensleiers kompeteer vir wie die ergste is! Tussen oorle TB Joshua se aanhangers, Gretha Wiid, die NG kerk, Johannes Niersteen, Zuma, Cupcakes, die EFF en al die ander clowns weet ek nie vir wie ek die minste hoop het nie, die huis van die Here of die goewerment.

    Miskien word 2024 die heel eerste keer wat ek nie gaan stem nie. Want seriously, vir wie? Die hele lot is almal ewe erg. En, besaaids, kan ek nie sien waar al die gestemmery van my al van 2004 af, die land enigsins gebaat het nie. Imagine dit, ek in 2004, pas klaar met skool. Daai jare het ek nog aan die Here geglo, en ook vir die Christen party gestem. Oor die jare vir klomp verskillende soorte van die leuenaarspesie genaamd politici gestem.

    Demokrasie beteken die sakeman met die vetste beursie koop die president en die kabinet. Dis al.

  • Marietjie Warrington

    Ai Bettina, die spyker word voorwaar op sy kop geslaan! Uitstekend verwoord en dit laat my die volgende vraag vra: Is daar werklik iewers 'n politician wat werklik vir sy medemens omgee - iewers op die aardbol? Ek vra maar net en moet asseblief net nooit ophou skryf nie ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top