
Prent: Unsplash
Ek sien Zuma is gloe Rusland toe vi om dokter te gaan pass. Is baie convenient lat it soe mooi samval mettie Concourt se beslyt lat hy wee moet gan mang, maa hy het gloe nie gewiet daa’van ie. Ek moet sieke oek gloe lat bokdrolle eintlik rosyntjies is. No way lat ieman vannie court hulle nie vi ’n courtesy voo’af ie judgement sou gie nie. En al kan anne mense op parol nie die land velaat ie, is daa sieke anne rules vi past presidents, soe ôs mag sieke nie vra hoerit gehappen het lat hy overseas kan gan ie.
Maa dissie hoekom ek vi Uncle skryf ie. Ek wil wiet van ie dokters wat hy gan sien in Moskou. Hulle moet sieke world-class wies as ôse politicians soentoe gan vi treatment. En hiesa mean ek nog alliepad ôs het sukke goeie dokters net hiesa innie Kaap en Joburg. Het Uncle gewiet van medical tourism? Mense kô van anne lande lat ôse dokters hulle kan help.
.....
Het Uncle gewiet van medical tourism? Mense kô van anne lande lat ôse dokters hulle kan help.
.....
Maa as Zuma eider landuit gan vi treatment, dan issit mos ’n vote of no confidence in ôse healthcare. En it lat my mos nou dink.
Ôse government, en it kom al an yt Zuma se tyd, wil healthcare nationalise. Die private dokters dra al glad adult nappies soes hulle hulleself vylmaak byrie gedagte.
Maa mens sit mos djou money where your mouth is, of hoe Uncle? Soe ek wil wiet hoevel kabinetsministers en hoevel honorable members gan landyt as hulle siek raak. Kan ôs ’n members’ declaration kry, soes met ie geskenke wat hulle moet declare? Ek wiet hulle gan net soe honest antwood soes met daai geskenke. Wan as hulle nie sam met ôs dieselle healthcare gebryk ie, dan kan hulle mossie vi ôs kô voorsê nie.
.....
Soe Uncle, ek wil wiet wie het gebetaal lat Zuma kan Moskou toe gan. En hoevel security is op ôse taxpayer geld sam? En is daa nie dokters binne Mzansi wat hom kon treat ie? Soe ek wil wiet wat hy makee wat soe bad is lat ôse eie dokters it ie kan treat ie.
.....
En anyway, ek dink hoeka hulle moet sam met ôs byrie daghospitale innie rye sit en free healthcare kry, lat hulle kan sien wat ôse mense elke dag moet experience. Te min staff, te min resources, te veel mense wattie gehelp kan raak ie. En ôse fearless leaders vlieg anne lande toe wan is makliker as om te fix wat hiesa verkeerd is.
Okay, oraait, ek wiet wat Uncle (en hulle) gan sê. Mens kan kies waa djy gehelp wil wôd, en mens se health is mos maa ’n sensitive issue. Maa as hulle met ôse tax geld vlieg, dan issit mos ôs ammel se biesagheid.
Soe Uncle, ek wil wiet wie het gebetaal lat Zuma kan Moskou toe gan. En hoevel security is op ôse taxpayer geld sam? En is daa nie dokters binne Mzansi wat hom kon treat ie? Soe ek wil wiet wat hy makee wat soe bad is lat ôse eie dokters it ie kan treat ie.
Wan as ôs medical services ie goed genoeg is vi hom ie, hoeko wôd it an ôs afgesmee? Hoekô gan djulle landyt pleks van fix wat hiesa norag is?
Ôs was lank genoeg vi poppe gevat. Nou soek ôs antwoode.
Kommentaar
Baie goed gestel. Sal ook graag wil weet hoe werk sekere dinge net vir sekere mense. Die groot probleem in Suid-Afrika is 'n regering wat dink en glo hulle is verhewe bo die gewone mens en onaantasbaar. Maar ek het 'n verrassing vir hulle iewers draai die wiel. En die wiel het alreeds begin spoed optel.