Polisie-selfdood: ’n verbode onderwerp
2015-09-22"Geen statistiek berei mens daarop voor dat iemand wat jy vir ’n groot deel van jou lewe ken, sy eie lewe kan neem en terselfdertyd sal probeer om ’n geliefde se lewe te neem nie."
Die kuns van verlies – Suid-Afrikaanse alchemie
2015-09-15"Vir baie was die einde van apartheid ’n rampspoedige verlies, aan albei kante van die kwessie."
Open Stellenbosch – Aluta Continua?
2015-09-04"Die probleem op Stellenbosch is immers nie Afrikaans nie. Die probleem is hoedat die taal gebruik word om uit te sluit en laer te trek. Geen taal kan bly voortbestaan te midde van ’n ons-julle, insider-outsider polemiek nie."
Vrouemaand: net nog 'n betekenislose Hallmark-geleentheid?
2015-09-01"Hierdie week weer is ’n vrou en haar drie dogters deur ’n groep mans verkrag. Gaan die kerkgroepe nou weer vra dat die mans se borgaansoek tog net uitgestel moet word tot September, sodat hulle nie in Augustus vrygelaat word nie?"
Is die pen waarlik magtiger as die swaard?
2015-08-05"Is die reg op vryheid van uitdrukking nie betekenisloos as dit nie gepaard gaan met ’n reg om gehoor te word nie? Nie ’n reg om mee saamgestem te word nie, maar om waarlik gehoor te word."
Heilige koeie – sappige steaks?
2015-07-29"Ironies genoeg is die gemeentes besig om presies dit te doen waarmee die kerkvaders hulle al die jare indoktrineer het: hou vas aan die bekende; verwerp enigiets wat anders en nuut is."
Traak-my-nie-agtigheid: “the most insidious danger of all”
2015-07-14"Elke keer as Eskom die krag afsit en ons dit gelate aanvaar, word ons indifference groter. Elke keer as die regering sy eie mense, sy eie wette, sy eie reëls vertrap en ons stilbly, word die indifference groter. Elke keer as ’n enkele reg van ’n enkele persoon ingeperk word en ons niks doen nie, word dit makliker om die volgende keer stil te bly."
AU: Is ons government 'n wolf in skaapsklere?
2015-06-22Anargie is lankal nie meer ’n middel tot ’n doel nie, dit is nou ’n doel op sigself.
Skryf – ’n kettinglose kettingreaksie?
2015-06-11"Swart skrywers kry eenvoudig net nie dieselfde blootstelling as wit skrywers nie. Hulle kry nie ’n tweebladsy-onderhoud in Rapport nie. Hulle kry nie dieselfde aantal resensies vir hulle boeke nie. Om hoegenaamd blootstelling te kry in die media, moet hulle iets gewaagd of skandalig doen."
Ope brief aan my wit broer en swart suster
2015-05-27Waar het ons reënboognasie verkeerd gegaan dat ons nou dieselfde gesprekke voer wat voor 1994 gevoer was, hierdie keer sonder die benefit van nugtere, versoenende leierskap?
Hulpdoding: sonde, of die ultimate toonbeeld van compassion?
2015-05-13"Nie almal sal daai keuse maak nie, maar hoekom moet ’n lydende persoon wat kies om sy lyding te beëindig, boonop ’n krimineel gemaak word?"
Zainub Dala: die stilswye van die lammers
2015-04-15Om ’n hele groep oor dieselfde kam te skeer omdat ’n absolute minderheid op ’n bepaalde manier optree, is stompsinnig, om die minste daarvan te sê.
Pride and prejudice: ’n bydrae tot die groot rasdebat van 2015
2015-04-08 Ons is nie ’n rainbow nation nie. Ons het die potensiaal om dit te wees, maar ons is nie, bloot omdat ons probeer voorgee alles is piekfyn.

