Bettina Wyngaard

Bettina Wyngaard is ’n Overbergse skrywer, dromer en aktivis. Haar debuutroman, Troos vir die gebrokenes, word in 2010 met die Jan Rabie Rapport-prys bekroon. Verskeie ander boeke het reeds verskyn.

ANC se skuimrubbertande ontbloot?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-06-02

"Mense is nie dom nie. Dit neem nie ’n groot sprong om af te lei dat radikale ekonomiese transformasie in hierdie geval ten koste van die armes gebeur nie."

Die oorlog teen vroue

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-05-31

"Vir te lank is mans die boodskap gegee dat vroueliggame maar die setel en uitlaatklep vir hul woede kan wees, dat daar geen gevolge vir hulle sal wees nie."

Zuptastan: hof of stembus?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-05-23

"Ons kan nie op die howe steun om oplossings te vind vir politieke probleme nie. Ons politici en ons kiesers moet dit doen – met elke tussenverkiesing, met elke protesoptog en uiteindelik met die nasionale verkiesing in 2019."

Godsdiens binne die raamwerk van Suid-Afrikaanse wetgewing

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-05-15

"Die feit dat daar, sover my kennis strek, geen klagtes gebring is ná die Wilde Als-byeenkoms nie, is dalk die duidelikste aanduider dat selfs die kritici weet hulle kritiek sal nie objektief staande bly nie. Daar is immers ’n reuseverskil tussen dogma waarmee jy nie saamstem nie, en haatspraak."

Verkiesing 2019: ver van ’n uitgemaakte saak

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-05-08

"So onlangs as drie jaar gelede sou dit byna heiligskennis gewees het om te wonder of die ANC nog na 2019 sal regeer. Nou is die vraag nie meer of die ANC sal regeer nie, maar wie gaan oorneem."

Persvryheid en dreigemente teen ANN7-joernaliste

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-05-03

"Die oomblik as inligting nie vryelik beskikbaar is nie, word basiese menseregte geskend."

Is dit tyd?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-04-24

"Dis vreemd dat mense wat bereid is om aan optogte deel te neem om presies dieselfde oogmerk te bereik as Buchan, hom kritiseer vir die wyse waarop hy werk."

Suid-Afrika sê dankie, Msholozi

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-04-07

"Meer as een kommentator het Zuma se bewind vergelyk met ’n huwelik waar geweld en misbruik aan die orde van die dag is. Op 7 April het gewone Suid-Afrikaners hul voorneme om ’n egskeidingsbevel te verkry, aangekondig."

Rommelstatus en die politieke wildernis vorentoe

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-04-04

"Hou voorts in gedagte dat selfs al is Zuma dan nie meer president van die land nie, hy nog steeds president van die ANC is ..." Bettina Wyngaard oor rommelstatus en die moontlike mosie van wantroue in die president.

Waar sou ons wees sonder kolonialisme, Helen?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-04-03

"Sy neem aan dat Afrika, en die inheemse stamme, ’n tabula rasa was, ’n skoon lei wat net gewag het vir koloniale goedgunstigheid om ons ongevormde klompe te kom skep."

Is Guptastan nou amptelik?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-03-31

"Zuma het nou gewys dat die partypolitieke strukture, en die befaamde dissipline waaraan kamerade hulle moet onderwerp, nie meer op hom van toepassing is nie. Hy het nou groter geword as die party."

Hoekom ras en geslag saak maak in die Spur-voorval

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-03-24

"As ons regtig erns bedoel daarmee om ’n gesonde samelewing te bou, dan moet alle geweld teenoor vroue en kinders verwerp word. Sonder uitsondering. Sonder verskoning. Sonder verontskuldigings."

SASSA – ’n krisis met 12 maande uitgestel?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-03-17

"Die situasie met die uitbetaling van staatstoelaes word met reg ’n grondwetlike krisis genoem. Daar is ’n grondwetlike verpligting op SASSA om te voorsien in die behoeftes van die armes."

Behuisingsprotes; wat sneuwel volgende?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-03-16

"Mense is desperaat. Hulle sien hoedat eerlikheid en geduld hulle nêrens bring nie. Hulle sien hoedat respek vir die owerhede teen hulle gebruik word. Hulle sien hoedat amptenare hulle regte misken, en die sisteem ter selfverryking gebruik."

Die internasionale vrouestaking

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-03-08

"8 Maart is Internasionale Vrouedag. Hierdie jaar, hoop organiseerders, gaan dit ook die dag wees waarop vroue dwarsoor die wêreld gaan staak. Alle vroue is veronderstel om hulle te weerhou van enige werk, betaald of onbetaald, in die tuiste of buite die tuiste."

Top