Bettina Wyngaard

Bettina Wyngaard is ’n Overbergse skrywer, dromer en aktivis. Haar debuutroman, Troos vir die gebrokenes, word in 2010 met die Jan Rabie Rapport-prys bekroon. Verskeie ander boeke het reeds verskyn.

Vrouemaand: net nog 'n betekenislose Hallmark-geleentheid?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2015-09-01

"Hierdie week weer is ’n vrou en haar drie dogters deur ’n groep mans verkrag. Gaan die kerkgroepe nou weer vra dat die mans se borgaansoek tog net uitgestel moet word tot September, sodat hulle nie in Augustus vrygelaat word nie?"

Is die pen waarlik magtiger as die swaard?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2015-08-05

"Is die reg op vryheid van uitdrukking nie betekenisloos as dit nie gepaard gaan met ’n reg om gehoor te word nie? Nie ’n reg om mee saamgestem te word nie, maar om waarlik gehoor te word."

Heilige koeie – sappige steaks?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2015-07-29

"Ironies genoeg is die gemeentes besig om presies dit te doen waarmee die kerkvaders hulle al die jare indoktrineer het: hou vas aan die bekende; verwerp enigiets wat anders en nuut is."

Traak-my-nie-agtigheid: “the most insidious danger of all”

Bettina Wyngaard Rubrieke 2015-07-14

"Elke keer as Eskom die krag afsit en ons dit gelate aanvaar, word ons indifference groter. Elke keer as die regering sy eie mense, sy eie wette, sy eie reëls vertrap en ons stilbly, word die indifference groter. Elke keer as ’n enkele reg van ’n enkele persoon ingeperk word en ons niks doen nie, word dit makliker om die volgende keer stil te bly."

AU: Is ons government 'n wolf in skaapsklere?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2015-06-22

Anargie is lankal nie meer ’n middel tot ’n doel nie, dit is nou ’n doel op sigself.

Skryf – ’n kettinglose kettingreaksie?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2015-06-11

"Swart skrywers kry eenvoudig net nie dieselfde blootstelling as wit skrywers nie. Hulle kry nie ’n tweebladsy-onderhoud in Rapport nie. Hulle kry nie dieselfde aantal resensies vir hulle boeke nie. Om hoegenaamd blootstelling te kry in die media, moet hulle iets gewaagd of skandalig doen."

Ope brief aan my wit broer en swart suster

Bettina Wyngaard Rubrieke 2015-05-27

Waar het ons reënboognasie verkeerd gegaan dat ons nou dieselfde gesprekke voer wat voor 1994 gevoer was, hierdie keer sonder die benefit van nugtere, versoenende leierskap?

Hulpdoding: sonde, of die ultimate toonbeeld van compassion?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2015-05-13

"Nie almal sal daai keuse maak nie, maar hoekom moet ’n lydende persoon wat kies om sy lyding te beëindig, boonop ’n krimineel gemaak word?"

Zainub Dala: die stilswye van die lammers

Bettina Wyngaard Rubrieke 2015-04-15

Om ’n hele groep oor dieselfde kam te skeer omdat ’n absolute minderheid op ’n bepaalde manier optree, is stompsinnig, om die minste daarvan te sê.

Pride and prejudice: ’n bydrae tot die groot rasdebat van 2015

Bettina Wyngaard 2015-04-08 Ons is nie ’n rainbow nation nie. Ons het die potensiaal om dit te wees, maar ons is nie, bloot omdat ons probeer voorgee alles is piekfyn.

PEN Afrikaans-gesprek: Die impak van die Afrikaanse skrywer

Bettina Wyngaard 2015-04-01 Op Woensdag 25 Maart 2015 het PEN Afrikaans hulle eerste oop gesprek aangebied by die Breytenbach Sentrum op Wellington. Die tema was: "Watter impak kan die Afrikaanse skrywer nog in die hedendaagse Suid-Afrika maak?" Lees Bettina Wyngaard se toespraak.

Poolshoogte-afsluiting: Is Afrikaanse skrywers betrokke?

Bettina Wyngaard 2015-03-26 "In die eerste plek het die werk, hoe subtiel ook al, altyd die verdediging van een of ander mensereg, gewoonlik gekoppel aan vryheid of gelykheid, ten doel."

1976-2015: Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde?

Bettina Wyngaard 2015-03-12 "Mens sou verwag dat die reaksie anders sou wees, maar weer word die polisie ingeroep om ’n vreedsame protes op te breek. En weer is die polisie se reaksie, om stun grenades en rubberkoeëls onder die kinders in te skiet, totaal uit proporsie met die aanvanklike protes."

Is #SONA2015 die bose vrug wat ons nasionale stilswye baar?

Bettina Wyngaard 2015-02-16 "Vryheid van spraak is sonder betekenis wanneer net dié wat in jou koor sing, gehoor mag word."

Brink – tydig en tydloos

Bettina Wyngaard 2015-02-11 "Daar was iets idealisties, amper Don Quichot-agtig, aan Brink se geloof dat hy die siektes van die samelewing kon oopskryf."
Top