Brief aan ’n vriend wat glo #BlackLivesMatter is nie so belangrik soos #AllLivesMatter nie
2016-07-18"#BLM, #woke, #luister is nie ’n kompetisie om te sien wie se lyding is die ergste nie. Dis ’n noodkreet, een wat jy verkies om te ignoreer, want dis nie jou huis wat afbrand nie."
Suid-Afrika: ons goeie stories
2016-07-12"Ons het soveel wat goed is in hierdie sonskynland, maar soms val ons so vas in wat verkeerd is dat ons dit wat reg is, en wat reg onder ons neuse is, miskyk."
Die verkiesing van die volgende openbare beskermer: 'n stryd vir die hart van die reënboognasie?
2016-07-06"Thuli Madonsela wys vir ons die betekenis van mensch, van integriteit in die konteks van 21ste-eeuse politiek en openbare lewe. Dis ʼn beeld wat ons broodnodig het te midde van ʼn see van korrupsie, selfregverdiging, en maak-en-breek-magspeletjies."
Is die SAUK ons eie weergawe van Orwell se Ministry of Truth?
2016-06-28"Apartheid het langer aangehou as wat dit moes, omdat daar ’n punt gekom het waar mense die status quo aanvaar het, om watter rede ook al. Ons kan nie bekostig om die nuwe onderdrukking wat stadigaan kop uitsteek, ook te aanvaar nie."
Orlando: meer as net ’n gay-aanval
2016-06-17"Het dit nie tyd geword dat ons ook met groter empatie met die gays in ons eie lewe omgaan nie?"
Geslagsgebaseerde misdade: hoekom nog steeds die dubbelstandaard?
2016-06-14"In plaas daarvan dat ons ons seuns leer om nie te verkrag nie, leer ons ons dogters om hulle nie te laat verkrag nie."
Die SABC se Teletubbies-nuus: die begin van die einde vir vryheid van spraak in Suid-Afrika?
2016-06-07"Die oomblik as die vryheid van die pers om verslaggewing te doen sonder vrees vir inmenging belemmer word, word demokrasie bedreig."
June Major se eetstaking: het die Anglikaanse Kerk sy vroue gefaal?
2016-05-17"Is dit ’n gelukkige einde? Nee, want ongeag wat die uitslag van die vergadering is, het die Anglikaanse Kerk gewys dat hy voete van klei het."
#Grabouwprotes
2016-05-11"Moet ek regtig glo dat hierdie leierlose groep op hulle eie op die idee gekom het om munisipale eiendom, skole en nasionale hulpbronne vir vernietiging te teiken?"
Die probleem met die verset teen die US se taalbeleid
2016-05-05"Het julle die nuusberigte en TV-dekking oor die studente-optogte, kompleet met plakkate waar die behoud van Afrikaans by Maties bepleit word, gesien? Of die sit-ins op die Rooi Plein en in die rektor se kantoor, waar studente in hulle getalle opgeruk het?"
AKA 2016: My indrukke van die Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam
2016-04-15"Die fees was soos ’n sewegangmaal waarvan ek net hier en daar kon proe, maar in die wete dat daar belofte van veel meer is."
Ter verdediging van die Grondwet
2016-04-04"Die gebeure van die afgelope paar dae het bewys dat alhoewel daar al meer ontevredenheid van binne ANC-geledere kom, daar nog voldoende steun binne die party is dat ’n stem teen Zuma neerkom op politieke selfmoord."
Dawid vs Goliat – die Grondwetlike hof beslis oor Nkandla
2016-03-31"Die uitspraak vandag was vir regsgeleerdes en grondwetlike kenners ’n reuse-oorwinning. Die hof se beslissing het die pilare van ’n grondwetlike demokrasie, die skeiding van magte, die oppergesag van die Grondwet, en veel meer, duidelik uitgespel."
Resensie: Where’s Zuma? deur Kobus Galloway
2016-03-30"Where’s Zuma? herinner in inhoud veel meer aan Zapiro as aan Idees Vol Vrees. Galloway bult hier sy spiere as politieke kommentator met groot sukses."
Seksuele geweld is nie 'n lagsaak nie
2016-03-17"Hoe kan ons verbaas wees dat jong mans nie vroue se liggame respekteer nie, wanneer volwasse mans oor verkragting lag?"

