Xenofobiese aanvalle: vrees of haat?
2017-03-03"Dis nie maklik om in ’n vreemde land aan te pas nie. Die mense praat vreemde tale. Hulle gebruik idiome wat jy nie verstaan nie. Hulle eetgewoontes is anders. Hulle kultuur is anders. Dinge wat in jou kultuur aanvaarbaar is, is nou skielik onvanpas."
Die sosiale kontrak en korrupte herders
2017-02-27"Hoe maak ons met ’n regering wat nie sy deel van die sosiale kontrak nakom nie?"
Oor Mathews Phosa se Damaskus-oomblik
2017-02-21"Mathews Phosa, en ander senior lede binne die ANC, begin besef dat hulle veel meer te verloor het as Zuma se korttermynguns. Hulle kan beheer oor die land verloor. Dan is die morele rugmurg wat hulle nou skielik ontdek het, te verstane. Dit gaan nie om die burgers nie. Dit gaan nie eers regtig om die ANC en hulle ryke tradisie nie. Dis ’n politiese spel om selfbehoud."
#SONA2017: die jaar van eenheid in aksie
2017-02-10"Vryheid van spraak, vryheid van die media en die reg van verkose LP’s om hul mening te lug is bakermatte van ’n demokrasie. Dis als gisteraand vernietig, in diens van ’n giggelende keiser sonder klere."
Behoort Trump mure of brûe te bou?
2017-02-01"Die parallelle met Hitler kan nie geïgnoreer word nie. Trump is demokraties verkies. Hy is verkies op ’n veldtog van vervreemding, diskriminasie en uitbuiting van andere."
Afrikaans: Is strydros-uitputting besig om in te sluip?
2017-01-27"Wat is daar wat ons trots maak om Afrikaans te wees?"
Die taal van vuur
2017-01-20"Vuur is gulsig. Dit verteer als, maar hierdie jaar se vure voel al asof dit uitsoekerig is, asof dit aangetrokke is tot spesifieke teikens."
Betrokke kunstenaars: noodsaaklik of onvanpas?
2017-01-13"Is kunstenaars veronderstel om deur hul kuns net die estetiese in hul samelewing te weerspieël?"
Verwoerd-nostalgie: ’n teken van die tye?
2017-01-04“Ek het groot hoop vir hierdie pragtige land. Ons moet egter leer om mekaar die voordeel van die twyfel te gee. Elke dag. Oor en oor.”
Die betekenis van Kersfees
2016-12-14"Skenk hierdie Kersfees die geskenk van jouself, jou tyd en jou welwillendheid."
Suid-Afrika: (Fiktiewe) oorsig oor die laaste 525 600 minute
2016-12-07As Suid-Afrika ’n persoon was, en boonop die briefskrywende, reflekterende, diepdenkende tipe, hoe sou haar brief oor 'n ideale 2016 lyk?
Zuma tol weer
2016-12-01"Die 'negative narrative around the president' waarteen Mantashe so maan, begin al meer lyk soos die begin van die einde van vryheid van spraak."
Die direkte koste van die rent-a-riot #feesmustfall-veldtog: Wie befonds dit?
2016-11-22"Dis maklik en gerieflik om die blaam vir die onrus voor die deur van ’n politieke party met invloed onder die jeug te lê. Bitter min politieke partye is egter in staat om die tipe kapitaaluitleg te maak wat op die oog af nodig is om die momentum van die veldtog te behou."
Trump in die Wit Huis: hoe beïnvloed dit Suid-Afrika?
2016-11-09"Ek ys om te dink aan die effek van ’n Trump-orkaan in die res van die wêreld. Beslis het ons nie in Suid-Afrika onder die huidige regering die tipe leierskap en diplomatieke betrekkinge wat ’n boelierige Trump die hoof kan bied nie."
Die state capture-verslag is uit, so what?
2016-11-03"Elke keer juig die optimiste onder ons. Hiérdie keer sal hy moet bes gee. Hiérdie keer sal die ANC die lig sien en hom met ’n stewige stoot onder die agterstewe die vergetelheid instuur. Hiérdie keer sal hy moet verantwoording doen. Elke keer beskaam die hoop."

