Bettina Wyngaard

Bettina Wyngaard is ’n Overbergse skrywer, dromer en aktivis. Haar debuutroman, Troos vir die gebrokenes, word in 2010 met die Jan Rabie Rapport-prys bekroon. Verskeie ander boeke het reeds verskyn.

Tumi Morake: Solidariteit-storm in ’n teekoppie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-09-26

"Die gesprek en analogie deur Tumi Morake gemaak kan met die mees gesofistikeerde en entoesiastiese verdraaiing nie inpas in die gevestigde definisie van haatspraak of rassistiese spraak nie."

Trump en Zuma: katalisators vir vroulike aktivisme?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-09-21

"Daar is hernude aanvalle wat poog om al die vooruitgang van die afgelope aantal eeue terug te rol. En die meeste vroue is nie bereid om dit toe te laat nie."

Magaqa se dood: keerpunt vir politieke moorde in Suid-Afrika?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-09-08

"Wat wel onnatuurlik en onheilspellend is, is die feit dat politieke moorde skynbaar gesien word as normaal in ’n demokrasie. Dit is nie. Demokrasie beteken juis dat daar strukture is waarbinne regimeverandering vreedsaam gedoen word."

Ramaphosa en die “dirty tricks campaign”

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-09-05

"Ramaphosa is naïef as hy dink negatiewe beriggewing gaan nie sy kanse beïnvloed nie. Joernaliste is naïef as hulle dink die keuse wat hulle maak in hoe hulle berigte verpak, het geen invloed op die uitkomste van verkiesings nie."

BoekeJol: Die voel-goed-Dawid tussen die Goliat-feeste

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-08-24

"Boekejol is die tipe fees wat verdien om goed ondersteun te word. Wat gehalte en verskeidenheid betref, staan hulle beslis vir geen ander fees terug nie."

Die dag toe die ANC die Kool-Aid gedrink het

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-08-14

"Wat agt jaar gelede ondenkbaar was, is nou feitlik onafwendbaar. Indien die ANC die volgende algemene verkiesing wen, wat glad nie verseker is nie, sal hulle waarskynlik in koalisie moet gaan."

8/8/8: ’n Epog vir die nuwe Nuwe Suid-Afrika?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-08-08

"Die syfer 8 is die aankondiger van ’n begin, iets nuuts wat gebeur. En op die agste dag van die agste maand word die agste mosie van wantroue in die Gekaapte-in-chief, Zuma, aangehoor."

Swart-op-swart rassisme: steeds ’n taboe onderwerp

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-08-07

"As ’n nasie het ons geleer om rassisme te ontbloot waar ons dit ook al mag vind. Maar selfs nou nog is daar een taboe waaroor ons nie praat nie: swart-op-swart rassisme. Ons wys baie vinnig wit-op-swart rassisme uit."

Vier en beloon ons middelmatigheid ten koste van vooruitgang?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-07-28

"Ons is ’n land met talentvolle, belowende jongmense. Hulle wil leer. Hulle wil vorentoe gaan. Dit het tyd geword dat politici padgee uit opvoeding, en opvoeders toelaat om op te voed."

Makhosi Khoza vir president?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-07-21

"Ons vergeet dat die mense wat nou in beheer van die land is, dikwels geweldige sielkundige letsels het as gevolg van dinge wat in exile gebeur het."

Die openbare beskermer: een jaar later

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-07-12

"Nou, meer as verlede jaar hierdie tyd, balanseer die siel van ons reënboognasie op ’n mespunt. Die teenwigte, die beskermingsmeganismes om vergrype, korrupte praktyke en immorele leierskap teen te werk, word al vinniger weggekalf."

Seksskandale in die Rooms-Katolieke Kerk

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-07-06

"Geen ander kerk, en geen ander instelling wat met jongmense werk, het ’n vergelykbare rekord met betrekking tot seksuele misdrywe teen jeugdiges nie. Wat dit vererger, is die wyse waarop die kerk dit konstant, oor jare, probeer toesmeer het."

Die onskuld van Suid-Afrika se jeug

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-06-27

"Ons jongmense glo aan ’n demokrasie. Hulle glo dat veranderinge met die maak van ’n kruisie teweeggebring kan word. Selfs terwyl hulle ontnugter is deur hierdie spesifieke regering, is daar nog steeds geloof in die konsep van ’n regering."

Zille-gate: Die EFF sê dankie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-06-19

"Die verkiesing is effektief op ’n silwerskinkbord aan die EFF gegee."

Doodstraf

Bettina Wyngaard Rubrieke 2017-06-12

"Wil ons regtig die staat die mag gee om ’n einde aan ons lewens te bring? Vertrou ons die staat so ver, veral in lig van die wyse waarop staatsorgane hul mag misbruik?"

Top