Bettina Wyngaard

Bettina Wyngaard is ’n Overbergse skrywer, dromer en aktivis. Haar debuutroman, Troos vir die gebrokenes, word in 2010 met die Jan Rabie Rapport-prys bekroon. Verskeie ander boeke het reeds verskyn.

You have to be gay to know God deur Siya Khumalo: ’n resensie

Bettina Wyngaard Resensies 2018-07-05

"Ten spyte van wat die titel wil impliseer, is hierdie teks nie in die minste godslasterlik nie. Inteendeel, You have to be gay to know God is die naaste wat ek in ’n lang tyd aan ’n liefdesbrief vir God gekom het."

Die waarde van ’n lewe

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-06-29

"Mag hulle toegelaat word om hul verlies te hanteer sonder dat hul geliefdes as simbole gebruik word deur persone wat hulle nie geken het, of vir hulle omgee nie. Mag ons as ’n gemeenskap terugkeer na ’n punt waar ons die intrinsieke waarde van elke lewe erken, en ophou ’n lewe meet in terme van welvaart of ekonomiese bevoegdheid."

Ashwin Willemse: nog is het einde niet?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-06-21

"Willemse se keuse om nie deel te neem aan die proses nie word nou uit alle oorde gekritiseer. Dit beteken hy’t goed geweet hy het nie 'n saak nie, word gesê. Maar is dit regtig so eenvoudig?"

Wit bevoorregting as beskerming vir swart mense?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-06-14

"As ons as vroue nie eens onder mekaar respek kan betoon nie, hoe verwag ons om mans te oortuig om ons te respekteer?"

Mmusi, ou pel, jy beter jou perde pad toe trek

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-06-11

"Heel eerste probleem: pleks van uitwerk wie julle is en daarvolgens campaign, het julle campaigns nog altyd gegaan oor wie en wat julle nie is nie."

Die vermiste prentjie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-05-31

"Maar hoe amputeer jy ’n gebroke siel? Hoe behandel jy ’n wond van die psige, wat onsigbaar is? Hoe speel die onbehandelde trauma uit in die oorlewende se latere lewe, in hul intieme verhoudings, in magsverhoudings by die werk, in stresvolle situasies?"

#OnsisAshwin – of is ons?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-05-22

"In ’n samelewing wat absoluut gelyk is, waar almal gelyke geleenthede het, waar almal van dieselfde beginpunt wegspring, is regstellende aksie onnodig. Ons lewe nie in so ’n samelewing nie."

DF Malherbe-gedenklesing 2018: Die politiek van die alledaagse

Bettina Wyngaard Menings 2018-05-22

"Afrikaans lewe, en daarom het ek hoop vir Afrikaans. Ons moet gewoon net die taal gebruik om op te bou en nie te kwets nie. Ons moet sensitief wees vir die feit dat juis omdat die taal so swaar dra aan die bagasie van die verlede, ons ʼn verantwoordelikheid het om in elke interaksie met ander as ambassadeurs van die taal op te tree."

Die DA-De Lille egskeiding: wat gaan dit ons kos?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-05-15

"De Lille se tyd in die DA is oor. Sy weet dit, hulle weet dit, ons weet dit. Al wat nou oorbly, is om te kyk wat bly staan wanneer die stof gaan lê."

#MeToo, #TimesUp ... en die Nobel-literatuurprys duik in die hek

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-05-14

"Die prestige van die Nobelprys, die legitimiteit van een van die belangrikste pryse in die wêreld, is in die gedrang omdat een man nie sy drange kon of wou beheer nie. Die waarskuwing vir ander instellings, ongeag grootte of mag? #TimesUp."

Hoe veilig is ons bejaardes?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-05-08

"Laat ons ouer mense toe om so lank as moontlik deel te wees van die aktiewe bevolking. Maak hulle mentors, en vergoed hulle daarvoor."

If this be treason deur Helen Joseph: ’n resensie

Bettina Wyngaard Resensies 2018-05-08

"If this be treason, geskryf deur beskuldigde twee in die verhoor, Helen Joseph, slaag meesterlik daarin om ons daaraan te herinner dat daar vlees-en-bloed-mense agter die statistieke van hierdie marathonhofsaak was."

Vryheidsdag 2018: Hoe vry is ons regtig?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-04-26

"Vier-en-twintig jaar na demokrasie, en die oorgrote meerderheid mense wag steeds vir Projek Vryheid om te lanseer."

AfriForum: EFF lede-werwers par excellence

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-04-24

"As hulle gedink het Malema gaan bewend ineenstort, sit hulle die pot ver mis. Inteendeel, hulle het waarskynlik die enkele grootste ding gedoen wat hulle kon om Malema se verkiesingsveldtog op ’n hoë noot af te skop."

Soweto, under the apricot tree deur Niq Mhlongo: ’n resensie

Bettina Wyngaard Resensies 2018-04-17

"Mhlongo se temas dans ligvoets tussen kultuurverskille (en partykeer -geskille), godsdiens, politiek, moraliteit, misdaad en gewone, outydse goeie storievertellery. Ragfyn verweef deur dit alles is die alledaagse lewe in Soweto, en die wyse waarop mense met hul kultuur omgaan."

Top