Koebaai allerbeste onvolprese Naomi
2019-05-17"Jou werk het feitlik altyd agter die skerms gebeur, en ek dink LitNet se lesers verdien om ten minste te weet wie jy is."
25 jaar later: Bettina Wyngaard kyk terug
2019-05-07Dit is 25 jaar na die eerste demokratiese Suid-Afrikaanse verkiesing. Met verkiesingsdag 2019 om die draai, deel Bettina Wyngaard haar herinneringe van 27 April 1994.
Verkiesing 2019: Hoekom 10 miljoen stemgeregtigdes nie registreer nie
2019-05-06"Wees betrokke. Gaan stem. Gaan braai agterna, as dit jou ding is. Maar moenie wegbly en agterna steen en been kla oor hoe onregverdig die politiek is en hoe vrot die politici is nie. As jy jou stemreg abdikeer, dan abdikeer jy ook die reg om agterna te kla."
Suidoosterfees, Gangsters en kuns
2019-04-29"Hoekom sou enigiemand lag, of jil, tydens gedeeltes van die vertoning wat eintlik vra vir ʼn ander tipe reaksie? Is mense so afgestomp vir wat in ons samelewing aangaan dat lag die enigste reaksie is om te toon? Of het die lag ʼn dieper ongemak probeer wegsteek?"
Sosiale media: euwel of hulpmiddel?
2019-04-25"Enigeen sal verstaan dat sekere inligting sensitief is en dat dit nie lukraak gedeel kan word nie. Om egter sosialemedia-stilte af te dwing, ook op ander wat dalk nie oor die bomontploffings wou kommunikeer nie, maak die deur oop vir despotisme."
Bring nasionale diensplig terug
2019-04-16"Hoekom nie byvoorbeeld nasionale diensplig herinstel nie? Hierdie keer nie om burgers te leer hoe om ander burgers af te maai en te onderdruk nie, maar om te leer opbou."
Joe Biden: sekspes of ongelukkige slagoffer van #MeToo?
2019-04-09"Dis juis hierdie dubbele standaard wat maak dat daar soveel klagtes oor seksuele teistering die afgelope ruk in die pers aandag geniet. Mans in magsposisies word toegelaat om op onvanpaste maniere op te tree, en kom weg daarmee, omdat hulle charismaties is en volgers het wat hulle sal verdedig."
Waar is die kerk se sosiale geregtigheid?
2019-04-01"Hierdie verkiesing gaan ʼn bumper crop wees van politici wat nie omgee vir hul kiesers nie. En die kerke, dieselfde kerke wat voorheen vir geregtigheid gestaan het, is hierdie keer weifelend, skoorvoetend om hul nek vir geregtigheid uit te steek."
Jagter: ’n onderhoud met Bettina Wyngaard
2019-03-26"Dis vir my belangrik dat ek met empatie skryf. Daar is niks erger as wanneer iets afgrysliks op ‘n ongemotiveerde manier beskryf word net om te skok nie."
Is vroulike politici beter vir ons wêreld?
2019-03-25"Selde sien mens dieselfde by hul manlike eweknieë. Vroue het eenvoudig hul vinger op die pols van die nasie op ʼn manier wat mans dit nie het nie."
Wit nasionaliste en moorde in aanbiddingsplekke
2019-03-19"Hier by ons is daar ook die afgelope twee, drie jaar ’n toename in aanvalle gemik op moskees en sinagoges. Glo ons regtig wit nasionalisme in Suid-Afrika het in 1994 ’n stille dood gesterf?"
NG Kerk kry pak in die hof
2019-03-11"Hierdie saak het natuurlik reperkussies wat heelwat verder strek as die NG Kerk se gay-paniek. Enige organisasie wat aanspraak maak op een stel regte as belangriker as ʼn ander stel regte van ʼn minderheid, sal nou baie versigtig moet trap."
Dis 2019. Maak dit regtig nog saak as ’n mooi man gay is?
2019-03-05"Maak dit regtig nog saak in 2019 of ʼn mooi man, en Aucamp is dit beslis, gay is? Is dit regtig nog nodig vir bekendes om formele statements te maak oor seksualiteit? Wie gee om?"
Het dit tyd geword dat ons sukses herdefinieer?
2019-02-25"As sukses bestaan uit ʼn oombliklik herkenbare gesig, rykdom en roem, hoekom is daar soveel glanspersoonlikhede wat self-medicate? Soveel wat aan depressie ly? Soveel wat sukkel met geestesversteurings? Soveel wat ineenstortings belewe? Soveel wat uiteindelik hul eie lewens neem?"
Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie het die slickste politieke masjinerie in die land?
2019-02-18"Stem met jou gewete en nie uit skuldgevoelens omdat jy iets ontvang het nie. Dis nie verniet nie. Dis nooit verniet nie. Jy sal vier jaar lank betaal aan daai stukkie hoender."

