Hoeveel 16 dae van aktivisme moet ons nog deurgaan voor vroue veilig is in Suid-Afrika?
2019-11-28"Ons besef nie eens hoedat vrees hier genormaliseer word nie, totdat ons buite die land se grense beweeg en besef ons paraatheid is onnatuurlik."
Bruin identiteit: ’n tussenin bestaan?
2019-11-21"Ek weier om deel te wees van ’n georkestreerde poging om ’n hele groep mense minder te maak. ’n Groep waarvan ek deel is."
Oor stories
2019-11-13"Dis die storie van gewone mense wat buitengewone dinge doen, onder omstandighede waar logika sê sukses maak nie sin nie. Dis die storie van hoop waar wanhoop meer natuurlik sou wees. Dis die storie van opstaan waar bly lê die eerste keuse van baie sou wees. Dis die storie van Suid-Afrika as ’n nasie."
Suid-Afrika en die terugbons-faktor
2019-11-04"Dis ’n span wat weet van terugbons na ’n terugslag. Dis ’n span wat weet wat dit beteken om jouself af te stof, op te staan en terug te baklei, al veg jy ver buite jou gewigsafdeling. Dis ’n span wat weet van aanhou en uithou."
Is sport die barometer van hoe polities gesond ’n nasie is?
2019-10-29"Maar wat van die spelers? Maak nie saak wie en wat hulle van die veld is nie, op die veld is hulle ons ambassadeurs. Hulle verdien ons ondersteuning. En as hulle in die proses ons nasie vir een middag in eenheid saamsnoer, maak die uitslag regtig soveel saak?"
Gaan Godzilla die DA finaal begrawe?
2019-10-22"Sy was woke voordat woke die in-ding was. Sy het, as joernalis en as politikus, stereotipes vernietig en baanbrekerswerk gedoen. Haar fout, soos alle Afrika sterk-man politici, is dat sy met moeite mag deel."
Stellenbosse taalbeleid: woed die Anglo-Boereoorlog dan nog steeds?
2019-10-14"Dis Afrikaanssprekendes wat ander uitsluit omdat hulle nie die 'regte' Afrikaans praat nie. Hoekom dan verbaas wees as mense eerder kies om ʼn ander taal te praat?"
Oor kritiek
2019-10-08"Dit beteken nie alle resensies moet positief wees nie. Reg benader kan selfs ’n negatiewe resensie ʼn leerproses vir skrywer en leser wees. Maar soms vergeet ons wat die doel van ’n resensie is."
Lyfstraf: ouerlike reg of aanranding?
2019-10-07"Wat is dit omtrent die vermoë om iemand oor wie jy in ʼn gesagsposisie is, en wat fisies aansienlik kleiner is, te kan aanrand, wat mense nou so wil beskerm?"
Margaret Atwood en The testaments
2019-10-02"Die tydsvak waarin ons nou is, maak die werk relevant omdat ons kan sien wat aan ’t gebeur is. Méér as dit: gebaseer op wat al in ander wêrelddele gebeur het, kan ons voorspel waarheen ons op pad is."
Is ons te PC om ’n robuuste demokrasie te vestig?
2019-09-19"In ’n robuuste demokrasie moet daar ruimte wees vir burgers om hul menings te lug. Niemand kan verhewe wees bo kritiek of negatiewe kommentaar nie."
Van boekfeeste en protesaksies
2019-09-12"Flieks, musiek, boeke, gedigte, skilderye, komedies, sketsprente ... alle denkbare vorms van kuns, kan in diens van verset gebruik word. Uit die aard van wat ek doen, is die woordkuns vir my belangrik. Woorde, of dit gesing, gepraat of geskryf word, kan ʼn verskil maak. Dit kan verborgenhede oopvlek."
Ou vlae, nuwe vrae
2019-08-27"Ten beste is AfriForum en hul ondersteuners onsensitief vir die ongelooflike skade wat aan swart mense spesifiek, en die breër samelewing in die algemeen, aangedoen is onder die gewapper van die ou vlag. Onsensitief op dieselfde manier as wat dit onsensitief is om die swastika by Joodse geleenthede te vertoon."
Politieke vs kriminele vs morele aanspreeklikheid en die ANC-effek
2019-08-21"Almal gaan rustig voort met hul lewens en hul bedrywighede. Hoekom is daar geen gevolge nie? Smallnyana skeletons. Want niemand se hande is skoon nie. Niemand kan dus die vinger na ander wys, of hulle teregwys nie."

