I may destroy you: uitbeelding van verkragting onder die soeklig
2020-11-25"Wat het Coel probeer doen?"
Wanneer populisme septer swaai
2020-11-18"Met elke populistiese uitspraak word meer en meer mense oortuig dat waarheid en integriteit onderhandelbaar is. Met elke opruiende stelling wat gemaak word, glo meer mense dat reg en orde relatiewe begrippe is, en dat elkeen maar kan doen soos wat hy wil."
VSA-verkiesing uit die oog van "gewone" mense
2020-11-09"Daar lê harde werk voor. Amerika sal moet diep introspeksie hou oor wie hulle as ’n nasie is."
Verkeerd-om reg
2020-11-04"Die Amerikaanse verkiesing word hierdie week beslis. Maak nie saak wie wen nie, die afgelope aantal jare het die foutlyne in die Amerikaanse samelewing duideliker as ooit uitgewys. En dit maak saak vir ons, want dieselfde foutlyne bestaan ook by ons."
Taxi’s en busse en treine
2020-10-30"Maar die disfunksionele openbare vervoerstelsel wat nou bestaan, is nie apartheid se skuld nie. Treine wat nie betyds is nie, kan nie ná ’n kwart eeu nog voor apartheid se deur gelê word nie. Taxi’s wat alles vernietig in hul gejaag na wins, is nie apartheid se skuld nie. Paaie en infrastruktuur wat nie herstel word nie, is nie nou nog apartheid se skuld nie."
Is skrywers dan nie kunstenaars nie?
2020-10-20"En skrywers? Blykbaar beskou die regering nie skrywers as kunstenaars nie. Geen definisie van kunstenaars soos wat in die plan voorgehou word, sluit skrywers in nie."
Senekal: Soms is ’n protes net ’n protes
2020-10-08"As een swart persoon onnodig deur polisietoedoen sterf, voel alle swart mense dit aan hul eie bas. Hoekom sal plaasboere anders voel? Dalk is hierdie die George Floyd van die plaasboere."
Oktobermaand en lente in ons lewens
2020-10-01"Nooit gedink die dag sal aanbreek dat ek dit sê nie, maar ons hier aan die suidpunt van Afrika is baie, baie beter af as die grootste moondheid in die wêreld."
Trump se Amerika vs Hitler se Duitsland: enige verskil?
2020-09-21"Daarom dat Trump se opkoms my nie juis verbaas het nie. Hy spreek tot die vooroordele wat ’n groot groep van sy landgenote deel. Hy gee toestemming vir hul rassisme om tot volle wasdom te kom."
Clicks, Julius en die nuutste skermutseling in die hare-debakel
2020-09-08"Ek stem glad nie saam met die skade wat die EFF aangerig het nie. En ek voel effens jammer vir Clicks. Hulle het nie die advertensie bedink nie, hulle het dit net onsensitief geplaas. Maar ek hoop dat die protes ten minste maatskappye twee keer gaan laat dink voordat hulle toondoof advertensies laat maak."
Cover djou wickets, Uncle Cyril!
2020-09-01"Uncle. Watch your back. Djy’s omsingel van ’n brood of vipers, soes hulle innie Bybel sê. Moenie te gerus raakie – when you least expect it gan hulle kom vir djou hakskiene. Van agte af, wan daai lot sallie djou face nie."
Dankie virrie party time, Uncle Cyril
2020-08-18"Vedag suip perty, môre het hulle hangover, maa’ oormore gan hulle beginne onthou. Hulle gan onthou hulle het ‘ie wêk ‘ie, wan hulle employer is bankrot na vyf maane sonne income. Hulle gan onthou lat die kospakkies wat beloewe is, nie by ammel uitgekom het ‘ie."
Maar wat beteken #challengeaccepted regtig?
2020-08-05"Ek wonder hoeveel van die vroue wat hulle wit-en-swart foto’s plaas, die moeite gedoen het om uit te vind waaroor dit regtig gaan."
Arme, arme Uncle Cyril
2020-07-29"En wiet djy, Uncle Cyril, o’s vedien bietere. Djy vedien bietere. Soe, lead o’s. Sny daai toutjies wat djou soe lat van tune af dans, en be your own man."
Hoekom afbrand tot jou eie nadeel?
2020-07-23"Sou die protes steeds gebeur het, en so ontwrigtend wees, as inwoners gevoel het daar word na hul besware geluister en hulle is vennote met die stad?"

