Uncle Cyril, Zondo en ons
2021-04-29"Dis ’n skande. Dis ’n klad op die ANC se naam. Dis ook ’n klad op elke landsburger se naam, want ons laat dit toe."
Check-in met Uncle Cyril
2021-04-19"Wat ôs nou need, is leadership, en ek hoep rêrag djy kan ‘it provide."
Paas-kerk in die tyd van Korona
2021-03-30"Verlede jaar was dit maar ’n droewe Paasfees. Ons was toe nog in die 21 dae van streng inperking, toe ons ons huise mag verlaat het net om kos te koop, of dokter of bank toe te gaan. Geen kerkdienste, geen grafte skoonmaak, geen massabyeenkomste nie. En alle aanduidings is dat daar hierdie week weer strenger maatreëls aangekondig gaan word net voor Paasfees."
Hoe meet mens ’n jaar?
2021-03-19"Dis nou die middel van Maart. ’n Jaar gelede hierdie tyd was die eerste COVID-19 gevalle al aangeteken in Suid-Afrika."
Drie hoera’s vir huishulpe
2021-03-16"Onlangse statistieke van die Departement van Arbeid dui daarop dat daar meer as een miljoen huishulpe werksaam is in Suid-Afrika. Anders gestel, omtrent 8% van die totale arbeidsmag is huishulpe. Dat hulle nou regsbeskerming geniet in geval van werksbeserings, is ’n reusagtige stap vorentoe."
Gorman, Coel en Markle: verskillend en tog dieselfde
2021-03-09"Ons het so pas Internasionale Vrouedag gevier. Dalk sou dit meer betekenisvol wees indien ons ophou om vroue, maar veral swart vroue, hul stemme te ontneem."
Twintig tequilas, Jacques?
2021-02-27"En as ondersoekende joernalis behoort hy tog te weet dat basiese verifikasie van feite nodig is."
’n Plig om te onthou?
2021-02-09"Zuma en Malema drink deesdae saam tee. Het hulle vergeet van die bittere vyandskap wat daar op ’n stadium tussen hulle was, of is dit ons wat vergeet het Malema het eenmaal gesweer hy sal vir Zuma sterf?"
Daai was ’n missed opportunity, Uncle Cyril
2021-02-03"Ek reken Uncle was te haastag ommie goeie nuus te share, en toe is Uncle ‘ie strategic ‘ie. Imagine as Uncle nou on live TV die vaccine gevat het, watse impact sou dit ‘ie gehet het ‘ie."
Next family meeting het ek oek punte virrie agenda, Uncle Cyril
2021-01-19"En moenie lat ek begin met Eskom nie. Helfte vannie economy is toe, en hulle kan ‘ie die ligte aan hou nie. Wat gebeu’ as die economy oepmaak? Gan ôs die winter innie donker en koue sit, Uncle? En dan verwag djy ôs moet ôs vensters en deure oephou en social distance te’wyl ôs vrek vannie koue?"
Gaslight Trump en die Republikeine van Amerika?
2021-01-14"Na die gebeure van die afgelope week, met die sedisie-aanval op die setel van die Amerikaanse regering, kan die liedjie met ewe veel vrug op die Republikeinse Party gemik word."
Liberty Books gaan groot
2020-12-22"In ’n jaar waar die koronavirus verwoesting gesaai het, nie net in ons gesondheidsektor nie, maar ook in baie bedrywe wat staatmaak op voete deur die deur, het ons gewoond geraak aan besighede wat hul deure moes sluit, soms permanent. Juis daarom sit Liberty Books se nuwe woonplek ’n huppel in die stap."
Kry jou branderplank, die tweede golf is hier
2020-12-11"In die laaste week is vier van my vriende positief getoets. Die plaaslike daghospitaal moes sluit want ses personeellede is siek."
Wanneer is dit minagting van die hof?
2020-12-02"Ek hoop regtig dat die landdrostekommissie betrokke gaan raak hierby en die landdros gaan aanspreek. Goeie verhoudinge in die hof is van die allerhoogste belang, en ’n arrogante landdros wat dink die reëls bestaan om oortree te word, doen regspreking net skade aan."

